Huisgenoot

Soet of sout met druiwe

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 20 min. Verkoel: 30 min. Bak: 25-30 min.

DEEG 250 ml (1 k) koekmeel ’n knippie sout 125 g koue botter, in blokkies gesny 60 ml (¼ k) witsuiker fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen en 5 ml (1 t) van die sap 30-45 ml (2-3 e) yswater VIR AFRONDING 250 g rooi druiwe, van die stingels afgebreek 30 ml (2 e) botter 30 ml (2 e) ligbruinsu­iker vanieljero­omys, vir voorsit

Voorverhit die oond tot 170 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en bespuit met kossproei.

1 Deeg Plaas die meel, sout, botter, suiker en suurlemoen­skil saam in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot die mengsel soos broodkrumm­els lyk.

2 Giet die suurlemoen­sap en 30 ml (2 e) van die water by. Pols tot die deeg begin saamkleef (giet nog ’n bietjie water by indien nodig).

3 Keer die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en vorm ’n bal. Druk die bal effens platter en bedek met kleefplast­iek. Verkoel minstens 30 min. in die yskas.

4 Vir afronding Sit die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak. Rol in ’n reghoek van sowat 30 x 20 cm uit. Plaas die deeg versigtig op die bereide bakplaat neer.

5 Pak die druiwekorr­els styf teen mekaar op die deeg, maar los ’n 5 cm-rand reg rondom oop. Vou die rand in, oor van die druiwekorr­els, sodat ’n kors reg rondom die tert vorm.

6 Stip die tert met die botter en sprinkel die suiker oor. Bak 25-30 min. of tot goudbruin en gaar. Laat 15 min. afkoel op die bakplaat. Sny in blokke en sit voor saam met die roomys.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa