Huisgenoot

Local Is Lekker

-

Hulle oefen ure lank saam met beroepsdan­sers hul passies. Nou wys 12 plaaslike bekendes elke Sondag om vyfuur hul slag op die dansbaan tydens ’n regstreeks­e uitsending van die M-Netwerklik­heidsreeks Dancing with the Stars.

Die akteur Frank Opperman, die oudste deelnemer en sedert verlede maand ’n oupa, is vasbeslote om stof in die ander deelnemers se oë te dans. “Ek is nie Superman of Batman nie – ek is Opperman,” het hy op Instagram geskerts.

Voor die kompetisie sou jy nie maklik die beroepsnet­balspeler Vanes-Mari du Toit op ’n dansbaan kry nie. “Ek is amper 1,8 m lank. Wanneer ek by ’n vertrek instap, trek ek reeds aandag. Ek wou nie onnodig aandag trek deur nog te dans ook nie,” verduideli­k sy. Met die kompetisie kry sy nou die geleenthei­d om enigiemand wat uit voel – “die superkorte­s, die superlange­s, die supermaere­s of dié wat oorgewig voel” – te verteenwoo­rdig, sê Vanes-Mari, wat in Desember met die Springbok-hulpafrigt­er Matt Proudfoot getroud is. Vier dae nadat sy van haar wittebrood teruggekee­r het, het sy vir die danskompet­isie begin oefen.

“Ek dink my man leef op die oomblik van wegneemete­s en etes wat vyf minute neem om gaar te maak. Ons is gelukkig albei in die sportportb­edryf en weet wat dit verg om toegewyewy te wees aan iets wat groter is as jyself. Hy is die grootste steunpilaa­r wat ek kan vra.”

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en omroeper van Jacaranda FM, Liesl Lauurie, sê sy kon reeds ná net drie weke se dansery sien hoe haar lyf verander. “Ek kry spiere en bobene soos ’n sokkerspel­er s’n,” spog sy.

Vir die aktrise Juanita de Villiers wasas die grootste uitdaging tot nou om weer haar hoëhakskoe­ne aan te trek; haar voete is vol blase.

Die Suidooster-akteur Eden Classens trek gereeld aandag met sy blokkiesma­ag. Tog vind hy dans verg ’n heel ander soort fiksheid. “Ek oefen met gewigte, maar dit is kardio-oefeninge op sy hardste dié. My lyf was nog nooit so seer nie,” vertel hy. Sy dansmaat, Ash-Leigh Hunter, verklap kykers sal nog sy hemp sien waai.

Ons kan skaars wag!

 ??  ??
 ??  ?? BO: BO Devon D S Snell ll en d die aktrise k Thembisa Mdoda. LINKS BO, van heel links: Angelique Allison en die gewese Bafana-sokkerster Delron Buckley; Odessa Swarts (Wayde van Niekerk se ma) en Dylon Daniels; Jeanné Swarts en die akteur Frank...
BO: BO Devon D S Snell ll en d die aktrise k Thembisa Mdoda. LINKS BO, van heel links: Angelique Allison en die gewese Bafana-sokkerster Delron Buckley; Odessa Swarts (Wayde van Niekerk se ma) en Dylon Daniels; Jeanné Swarts en die akteur Frank...
 ??  ?? KLOKSGEWYS, van bo: Die gewese Mej. SA Liesl Laurie en Ryan Hammond; Johannes Radebe en die netbalspel­er Vanes-Mari du Toit; die komediant Ebenhaezer Dibakwane en Nombulelo Hlathi; die akteur Eden Classens; Johan Dippenaar en Juanita de Villiers; die...
KLOKSGEWYS, van bo: Die gewese Mej. SA Liesl Laurie en Ryan Hammond; Johannes Radebe en die netbalspel­er Vanes-Mari du Toit; die komediant Ebenhaezer Dibakwane en Nombulelo Hlathi; die akteur Eden Classens; Johan Dippenaar en Juanita de Villiers; die...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa