Huisgenoot

Mense & Hul Dinge

-

IN Hollywood is gemengde gevoelens oor die onlangse selfdood van Mark Salling. Terwyl party simpatie het met die Glee-akteur wat homself opgehang het kort voor hy weens die besit van kinderporn­ografie gevonnis sou word, ervaar ander ’n gevoel van verligting.

Tim Davis, die reeks se voormalige stemkoördi­neerder, het dit dalk die beste opgesom in die sosiale media: “Om deernis vir #MarkSallin­g te hê beteken geensins om sy oortreding­s gering te ag of die pyn van die slagoffers van daardie oortreding­s of die verwoestin­g van hul lewe nie. Al wat ek sê, is: Hou op om sy familie se pyn te vererger. Dit was hul seun.”

Mark (35), wat Noah “Puck” Puckerman in die trefferree­ks gespeel het, het hom in die San Fernando Fernando-vallei vallei naby Los Ange Angeles aan ’n boom opgehang.

Die akteur is in Desember 2015 in hegtenis geneem nadat een van sy eksmeisies die polisie ’n wenk gegee het. Toe hulle sy huis deursoek, is op meer as 25 000 foto’s en 600 video’s met kinderporn­ografie afgekom waarop selfs kinders van drie jaar oud gemolestee­r word.

Hy het skuld beken en sou op 7 Maart na verwagting tussen vier en sewe jaar tronkstraf gekry het. In sy laaste maande was hy depressief. “Hy het duiwels gehad waarteen hy baie jare baklei het,” het ’n bron aan E! News gesê.

In 2013 het ’n ander Glee-akteur, Cory Monteith, weens ’n oordosis dwelms gesterf. BRONNE: DAILYMAIIL, THE SUN, PEOPLE

 ??  ?? Mark Salling is verlede Oktober afgeneem in dieselfde klere wat hy weke lank gedra het.
Mark Salling is verlede Oktober afgeneem in dieselfde klere wat hy weke lank gedra het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa