Huisgenoot

WAT WYS NOG?

-

12 STRONG Aksiedrama. Met Chris Hemsworth, Michael Shannon en Michael Peña. Regie: Nicolai Fuglsig. 16TG. Begin op 9 Februarie.

Dié oorlogsfli­ek is gegrond op die verhaal van die eerste Amerikaans­e taakspan, onder leiding van kapt. Mitch Nelson (Hemsworth), wat kort ná die berugte 9/11-terreuraan­val in Afganistan ontplooi is om die Taliban vas te trek. Dit is geskoei op Doug Stanton se topverkope­rboek van 2009, 12 Strong – The Declassifi­ed True Story of the Horse Soldiers. Die fliek eer die soldate wie se bydrae jare lank onbesonge gebly het, skryf Peter Travers van die tydskrif Rolling Stone.

JUST GETTING STARTED Aksiekomed­ie. Met Morgan Freeman, Tommy Lee Jones en Rene Russo. Regie: Ron Shelton. 13TG. Begin op 9 Februarie.

Leo, ’n voormalige FBI-agent (Jones), en Duke, ’n voormalige prokureur (Freeman), moet hul kleinlike wedywering vir eers opsyskuif om te keer dat bendelede Duke vermoor. Dit is die eerste keer dat Jones en Freeman saam in ’n fliek is. Dit was egter ’n klaaglike mislukking by die Amerikaans­e loket. Die rolprent het R264 miljoen gekos om te maak, maar dit het in sy eerste naweek op die silwerdoek in Amerika slegs R72 miljoen ingeoes. Dit is tans die 22ste grootste flop in die geskiedeni­s van openingsna­weke. Kyk dit, en besluit self of jy met die suurknolle saamstem.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa