Huisgenoot

GESONDER ENGELSE ONTBYT

- 1 2 3 4 5 6

Ons maak ’n gesonder weergawe van die tradisione­le “Saterdagon­tbyt”. Smul sonder ’n skuldgevoe­l. GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 10-15 min. EIERKOPPIE­S 15 ml (1 e) olyfolie

(opsioneel) 200 g bladspek 1 wiel feta, gekrummel 30 ml (2 e) gekapte

grasuie 6-8 eiers BOONTJIESM­OOR 15 ml (1 e) olyfolie 1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk 15 ml (1 e) tamatie

pasta 1 x 410 g-blik gekapte

tamaties 1 x 410 g-blik keker

ertjies, gedreineer 1 x 410 g-blik botter-

boontjies, gedreineer ’n hand vol pietersiel­ie,

gekap 5 ml (1 e) suurlemoen

sap sout en vars gemaalde

peper na smaak Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 8 holtes van ’n muffinpan goed met kossproei of smeer liggies met die olyfolie.

Plaas ’n reep spek in elke holte. Pak die spek sodat dit die hele oppervlak van die holte opneem.

Sprinkel ’n bietjie feta en grasuie in elke holte. Breek ’n eier in elke holte en giet 10 ml (2 t) water versigtig bo-op elke eier.

Plaas die muffinpan in die oond en bak 10 min. of tot die eiers gaar is soos verkies. Laat effens afkoel, maak die eierkoppie­s

Eierkoppie­s

versigtig los en skep uit.

Boontjiesm­oor

Verhit die olie in ’n diep pan en braai die ui en knoffel tot geurig. Voeg die tamatiepas­ta en gekapte tamaties by en roerbraai 5 min.

Voeg die kekerertji­es, boontjies en pietersiel­ie by en meng liggies. Geur met die suurlemoen­sap, sout en vars gemaalde peper na smaak.

Sit voor saam met die eierkoppie­s.

 ??  ?? (Blaai om)
(Blaai om)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa