Huisgenoot

KAKAO-EN-KLAPPER-GRANOLA

- 1 2 3 4

Dié granola het min suiker en ’n lae GI en is boonop smullekker. Ons sit dit voor op hawermout saam met jogurt, vars vrugte en kaneel. Bêre die res van die granola in ’n lugdigte houer. GENOEG VIR 8-10 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 20 min. GRANOLA 200 g rou amandels 200 g sonneblomp­itte 50 g pampoenpit­te 50 g vlassade 60 ml (¼ k) fyn

sorghum 250 ml (1 k) klapper

skaafsels 60 ml (¼ k) kakao 1,25 ml (¼ t) sout 60 ml (¼ k) klapper

olie 5 ml (1 t) vanielje

geursel 45 ml (3 e) heuning VIR VOORSIT gaar hawermout jogurt fyn kaneel vars vrugte van jou

keuse, gesny heuning, indien

verkies Voorverhit die oond tot 150 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

Meng al die droë bestanddel­e goed in ’n mengbak.

Meng die klapperoli­e, vanielje en heu-

Granola

ning goed in ’n ander mengbakkie. Voeg die mengsel by die neutemengs­el en meng met jou vingers deur.

Versprei die granola op die bakplaat en rooster 10 min. in die oond. Haal uit en meng liggies. Bak nog 10 min. Haal uit en laat heeltemal afkoel.

Skep die gaar hawermout in ontbytbakk­ies. Skep ’n lepel jogurt op elkeen, gevolg deur ’n hand vol granola. Sprinkel die kaneel oor en pak die vrugte bo-op. Drup nog heuning oor indien verkies en sit dadelik voor.

Vir voorsit

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa