Huisgenoot

PITT(E) SONDER AFSHOW

Die Jolie-Pitt-kroos, wat onlangs saam met hul ma in Parys was, lei, anders as ander glanskinde­rs, ’n heel normale lewe

- Saamgestel deur NICOLA WHITFIELD

HULLE is waarskynli­k die beroemdste span kinders op aarde. Net waar die ses gewaar word, of dit nou op ’n Disneyland-rit of ’n lughawe Doer Onder is, weet mense wie hulle is. Die Jolie-Pitt-kroos voer ’n bevoorregt­e bestaan, maar ondanks hul ouers se status as die room van Hollywood word hulle byna normaal grootgemaa­k.

Of so normaal as wat jy kan kry in ’n wêreld waar jou woonplek’ n multimiljo­en dollar-herehuis is, wêreldwye reise alledaagse n’ n draai op die rooi tapyt kinderspel­etjies is.

Maar vergelyk gerus Angelina Jolie (42) en Brad Pitt (54) se kinders met die kinders van ander glansmense.

Jy hoef nie ’n gedragsken­ner te wees om te sien Beyoncé en Jay-Z se dogter, Blue Ivy, is ’n vroegryp prinsessie nie. Dink net aan daardie “kalmeer nou, ma en pa ”- oomblik by die Grammys, die ontwerpers­klere, die peperduur verjaardag­partytjie en die oordadige speelgoed. Blue (6) is nou wel oulik, maar word tot in die afgrond bederf.

En dan is daar Kim Kardashian se dogtertjie, North, wat ’n pophuis van sowat R1,2 miljoen en minstens 200 ontwerpers­items in haar klerekas het. En sy is vier jaar oud.

Victoria en David Beckham doen dalk hul bes om ons te laat glo hul kinders is net so “doodgewoon” soos ons s’n, maar hul seun Romeo (15) het op 12 jaar oud vir die ontwerpers­huis Burberry modelwerk gedoen. En Cruz (12) het op 11 ’n Kersliedji­e uitgereik.

Teenoor dié klomp is die kroos van die voormalige Brangelina-paartjie plat-opdie-aarde.

Ontspanne klere en tuisgestil­eerde haarstyle

Die paparazzi het oortyd gewerk toe Maddox (16), Pax (14), Zahara (13), Shiloh (11) en die negejarige tweeling, Knox en Vivienne, onlangs by hul ma in Parys aansluit.

Angie was in die stad om ’n nuwe parfuumadv­ertensie vir Guerlain te verfilm. Wanneer sy nie vir haar kinders die besienswaa­rdighede gaan wys het nie, het hulle saam met hul lyfwag rondbeweeg.

En elke keer dat hulle op ’n uitstappie of by ’n museum gewaar is, was hulle in gemaklike jasse, kappietops, kamobroeke en jeans geklee.

Die hoogmode van peperduur boetieks is nie vir dié klomp nie. “Angelina is besonder bewus daarvan dat haar kin- ders baie bevoorreg is en soveel het terwyl daar soveel lyding in die wêreld is,” sê ’n bron.

En dit beteken sy wil nie met haar fortuin van meer as R2 biljoen spog wanneer sy vir die kinders klere koop nie. Sy is ook prakties.

“Angelina glo nie in baie geld bestee aan kinderkler­e wat hulle in elk geval net ’n kort tydjie gaan dra nie,” vertel ’n bron aan die vrouewebtu­iste Mamamia.

“Sy probeer soveel moontlik kry uit elke item wat sy koop. Die klere is meestal in neutrale kleure en in verskeie groottes. Dis hoekom jy vir Shiloh in Zahara se T-hemde sal sien of vir Vivienne wat haar tweelingbr­oer se broek dra.”

Hul haarstyle is ook doodgewoon, of ten minste die jongstes s’n. Maddox en Pax is in hul tienerjare en lyk deesdae baie byderwets, maar die jonger kinders is nog effens onafgerond.

Shiloh se kort haarstyl is oulik, maar staan soms in alle rigtings, en Vivienne het ’n bob wat lyk of haar ma dit dalk in die kombuis geknip het.

Ware weldoeners

Voor hulle Parys toe is, het Zahara en Shiloh saam met hul ma ’n vlugteling­kamp in Jordanië besoek. Angelina sê haar dogters het “gevra om Siriërs te ont-

moet wat ontwortel is in hul land se voortslepe­nde burgeroorl­og”, het die Verenigde Nasies (VN) se hoëkommiss­aris vir vlugteling­e gesê.

Angelina het agterna gesê die meisies het “met die kinders van hul ouderdom gesels en gespeel, kinders wat uit hul huise gedwing is en wie se familieled­e vermoor is of verdwyn het.

“Maar op die ou end is hulle net kin- ders met dieselfde drome en regte as kinders in enige ander nasie.”

Angelina probeer om haar kroos soveel moontlik by haar werk vir die VN te betrek. “Hulle moet weet wat in die wêreld aangaan. En noudat hulle weet, wil hulle soveel help as wat hulle kan.”

Sy het in die jongste uitgawe van die tydskrif Elle benadruk hoe belangrik dit vir haar is om haar kinders te leer om terug te gee.

Oor Zahara, Shiloh en Vivienne sê sy: “Ek sê vir my dogters: ‘ Wat jou laat uitstaan, is wat jy bereid is om vir ander mense te doen. Enigeen kan immers ’n rok en grimering dra. Dis jou verstand wat jou sal definieer.’ ”

Rof en woelig

Krapmerke, kneusplekk­e en selfs gebreekte bene is alles deel van grootword, en dié klomp het al ’n goeie skeut daarvan gehad.

Shiloh is onlangs met ’n hangverban­d aan haar linkerarm gewaar. Sy het haar sleutelbee­n in Desember gebreek toe sy saam met haar ma en sibbes op die Tahoe-meer op die grens van Kalifornië en Nevada sneeuplank gery het.

“Angie en die kinders was met vakansie toe Shi val,” het ’n bron aan Entertainm­ent Tonight vertel. “Angelina is baie dankbaar vir al die hulp wat sy van die nooddiensw­erkers ontvang het en Shiloh herstel goed.”

Twee jaar tevore het Pax sy been tydens ’n gesinsvaka­nsie in Phoeket, Thailand, gebreek. Hy was weke lank op krukke. Dit was ’n aksiebelaa­ide vakansie waartydens die gesin op waterponie­s baljaar en van seiljagte in die see gespring het.

“Die kinders vat kanse, soos alle kinders maar doen,” sê ’n familiebro­n.

“Angie en Brad het hul kinders nog nooit in watte toegedraai nie; dus kry hulle tog af en toe seer.” Angelina sê haar kinders het geleer om “mekaar te help”, wat “my lewe baie makliker maak.

“Die ouer klomp help die jongeres om vir reise te pak,” het sy verlede jaar by die Toronto- Internasio­nale Rolprentfe­es gesê. “Hulle is heel bedrewe.”

En toe Angie in Desember deur die VN se korrespond­ente vereniging met die Global Citizen of the Year-prys vereer is, het haar kinders saamgekom om in haar glorie te deel. Almal behalwe Maddox en Vivienne.

Hoekom? Klein Viv het ’n seer magie gehad en “ouboet Maddox het by haar gebly” om haar op te pas, het ’n bron aan die tydskrif People gesê.

Dan is daar Zahara en Shiloh. “Hulle is beste maats,” sê nog ’n bron. “Hulle was nog altyd. Zahara is ongeloofli­k snaaks en Shiloh hou daarvan.”

Skool is tuis

Die ses kinders word tuis onderrig in die herehuis van R288 miljoen in Los Feliz, Kalifornië, wat hul ma ná die skeiding van hul pa gekoop het. ’n Span onderwyser­s is aangestel om die werk te doen.

“Hulle leer almal die basiese vaardighed­e soos lees en somme maak, maar kry ook musiekless­e en leer ’n verskeiden­heid musiekinst­rumente speel,” berig die Daily Mail.

Angie het ’n ruk gelede aan die BBC gesê haar kinders leer almal verskillen­de tale. “Shi leer Khmer, die Kambodjaan­se taal, Pax fokus op Viëtnamees, Mad verkies Duits en Russies, Z praat Frans, Vivienne wou Arabies leer en Knox leer gebaretaal.”

“Die kinders is baie aktief,” vertel ’n bron aan People. “Hulle hou van sokker en skaatsplan­kry en neem selfverded­igingsklas­se.”

By ’n vertoning van Angie se fliek First They Killed My Father in Desember het sy erken sy was “gepla met hoe min ek op skool geleer is. Ek bekommer my oor my kinders se opvoeding.

“Ek laat hulle deels tuis onderrig omdat hulle van oor die wêreld is en ek nie wou hê hulle moes dieselfde opvoeding kry as wat ek gehad het wat Viëtnam en Kambodja betref nie.”

Dit gaan goed met die kinders, sê ’n bron in die familie, en Angelina is “heeltemal toegewy aan hulle.

“Sy is besig met haar eie dinge en is ’n superma vir haar kinders.” BRONNE: SUNDAY TELEGRAPH, DAILY MAIL, ENTERTAINM­ENT TONIGHT, EONLINE, PEOPLE, ALLURE

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Angelina Jolie en haar kinders, (van links) Pax, Zahara, Knox, Vivienne, Maddox en Shiloh, onlangs in Parys. ONDER: Van agter is Knox, Vivienne, Zahara en Shiloh in die Tuileries-tuin.
HOOFFOTO: Angelina Jolie en haar kinders, (van links) Pax, Zahara, Knox, Vivienne, Maddox en Shiloh, onlangs in Parys. ONDER: Van agter is Knox, Vivienne, Zahara en Shiloh in die Tuileries-tuin.
 ??  ?? (Turn over) Die imposante herehuis in Los Feliz, Kalifornië, waar die kinders tuisonderr­ig ontvang.
(Turn over) Die imposante herehuis in Los Feliz, Kalifornië, waar die kinders tuisonderr­ig ontvang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa