Huisgenoot

KLEUTER WIL SNAGS BY HULLE KOM INKRUIP

-

VEk kry nie my dogtertjie van vier sover om heelnag in haar eie bed te slaap nie. Ons het ’n goeie roetine voor slaaptyd. Wanneer ek en my man snags skielik van ’n geluid wakker word, kan ons maar weet sy staan voor die bed om by ons in te kruip. Ons liefdesver­houding ly ernstig daaronder. Ek het al dowwe slaapliggi­es, elke moontlike sagte diertjie en alles probeer. CZ op EV

AMaak vrede daarmee dat geen kitsoploss­ing hiervoor bestaan nie. Hoe jy ook al die saak gaan benader, dit gaan ’n tydjie duur. Die vertrekpun­t is dat jy geensins hieroor met haar mag raas nie, maar jy mag ferm wees. Gesels deur die dag oor die naderende aand en hoe dit gaan werk.

Begin deur ’n ooreenkoms aan te gaan. As jy toelaat dat sy vir 15 minute by julle inkruip, moet sy dan na haar kamer teruggaan. Jy kan saamstap en ’n rukkie by haar sit. Los maar vir eers die drukkies en soentjies. Sê net die nodige. Doen dit ’n paar aande. Wys haar elke keer daarop dat dit slaaptyd is en julle nie kan speel nie. Die strategie is dat sy nie moet voel sy word vir haar optrede beloon of gestraf nie.

Plaas daarna ’n opblaasmat­ras in jul kamer. Pleks daarvan dat sy by julle in die bed klim, mag sy ’n rukkie daarop lê voor jy haar na haar kamer neem. Moenie te veel aandag aan haar gee voor jy na jul kamer terugkeer nie.

As jy voel sy is gereed, kan jy haar begin terugneem sonder dat sy enigsins in jul kamer lê. Beloon haar met iets soos ’n flits.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa