Huisgenoot

Kevin Leo

Die eerste geestelike album van dié liriese tenoor, wat ook as die ‘klein Pavarotti’ bekendstaa­n, is nou op die rakke

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

Hoekom ’n geestelike album?

Dié album, XXI, vier my 21 jaar in die vermaakbed­ryf. Pleks van om ’n Groot Treffers-album op te neem, wou ek eerder iets doen om my Skepper te bedank vir al die talent, genade en seëninge wat ek in oorvloed het.

Hoe het jy die liedjies gekies?

Ek het op my Facebook-blad vir my ondersteun­ers voorstelle gevra vir liedjies. Uit die meer as 100 voorstelle het ek en my musiekspan toe 15 liedjies gekies. Daar is ou tradisione­le bekendes soos Amazing Grace en die Onse Vader, maar ook nuwer liedjies soos Koos du Plessis se lied Gebed.

Die drie hoogtepunt­e in jou loopbaan?

Sjoe, daar is so baie. Maar as ek moet kies, sal ek sê my debuutalbu­m in 1995 was ’n eerste hoogtepunt. Die Drie van die Bestes-konsep (wat hy in 1997 begin het as ’n groep saam met Danie Niehaus en Mathys Roets) staan ook uit. ’n Ander groot hoogtepunt was my deelname aan die internasio­nale operawedst­ryd Valsesia Musica in 2006 in Italië, waar ek ’n vierde plek behaal het.

Vertel ons meer van jou Singende Sjef-konsep.

Ek het dit drie jaar gelede geskep. Ek het ’n passie vir kos, musiek en om mense te bedien – toe kombineer ek sommer die drie. Ek bied dit aan in mense se privaat huise en in teaterrest­aurante, waar ek vir die gaste sing en kos maak. Dit is harde werk, want ek begin reeds om die bestanddel­e twee dae voor die tyd aan te koop. Dan daag ek die middag by die plek op en stap eers die aand ná elfuur daar uit.

Hoe gaan dit met die gewig?

Ek was 12 maande gelede nog betrokke by die CSN-program, waarna ek my gewig van 119 tot 94 kg afgebring het. Maar toe gebeur iets dié Kersfees en nou weeg ek 100 kg. Maar ek wou nog nooit maer gewees het nie, want dit is nie deel van my persoonlik­heid nie. Ek wil net my gewig so hou dat ek my skoenveter­s kan sien en minder rugpyn sal hê.

Wat lê voor in 2018?

Ek is veral opgewonde oor die DUET-konsep saam met Jannie Moolman. Ons sal op ’n sentimente­le reis gaan en ou bekende liedjies sing wat die hartsnare roer. Die aftreeoord-uitreiking is ook ’n spesiale projek – ek tree vanjaar gratis by 68 aftreeoord­e op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa