Huisgenoot

Maak so met balke saag

Balke saag kan tot verskeie ernstige probleme lei. Hier is die gevare asook oplossings om die probleem te temper en ’n beter nagrus te hê

-

SNORK is ’n algemene probleem en kan verwoesten­de gevolge hê. ’n Aanhoudend­e gesaag van balke kan tot irritasie en moegheid lei. In ernstige gevalle kan dit huwelike vernietig, tot gesondheid­sprobleme lei en lewensgeva­arlik wees. In dié uittreksel uit Stop Snoring . . . the Easy Way – and the Real Reasons You Need to verken dr. Mike Dilkes en Alexander Adams die risikofakt­ore wat verband hou met snork. Hulle gee ook raad vir ’n goeie nagrus en ’n oefenplan om jou te help om ’n rustige nag te hê. Kry dus daardie kakebeen en tong los en takel die probleem sommer nou.

’N SENSITIEWE SAAK

’n Algemene aanname is dat snork ’n manlike tydverdryf is. Maar al is die meeste snorkers wêreldwyd mans, is ’n yslike 20% van volwasse vroue ook ernstige snorkers. Die stigma wat daaraan kleef, is in die algemeen veel erger vir vroue. ’n Gesnork kan dus ’n uiters sensi- tiewe saak wees en in talle sosiale situasies is grappies daaroor taboe.

Die mediese tem vir snork is “stertor”, wat harde asemhaling beteken. Dit gebeur wanneer ons slaap, want dit is wanneer die lugweg platval en gedeelteli­k geblokkeer word. Die snorkgelui­d kom van ’n afname in spiertonus wat maak dat strukture in die keel begin flap, amper soos ’n seil of vlag wat in die wind wapper wanneer die wiind windind ’n n sekere spoed bereik.

Selfs ’n ligte gesnork o rk hou die gevaar in van ’n langl durige nagtelike asems semhalings­teuring, wat baieb baie slegte gevolge kan n hê vir liggaam en gees.

Hoewel operasies es s en ventilasie­hulpmiddel­s dd dels hul plek het in die behane ehandeling van snork, is dit ditd uiterste stappe, veral a al as eenvoudige maar a ar doeltreffe­nde stappe pe e nog nie deur die snorr rker beproef is nie.

DIT KAN TOT UITPUTTING LEI

Die lewensmaat van ’n snorker verloor gemiddeld 90 minute se slaap per nag. As jy die een is wat snork, verloor jy herstellen­de slaap, wat baie gevaarlik is.

Jy bou ook ’n voortduren­de agterstand van slaapskuld op wat onmoontlik raak om in te haal en strompel voort deur jou dae sonder dat jy voldoende rus kry.

Die werklikhei­d is dat jy j pootuit raak en dus minder gedoen krr kry, minder doeltreffe­nd raak en heel waarskynli­k waaa meer tyd nodig het om dinge af a te handel.

DIE VERBAND MET V VETSUG

Vetsug, wat gedefiniee­r gedefini word as ’n liggaamsma­ssa-indd liggaamsma­ssa-indeks (LMI) van meer as 30, kan deee deel wees van die probleem. W Wanneer iemand oorgeww oorgewig en ’n akute snorkk snorker is, hou dit dubbb dubbele gevolge in. Stt Statistiek­e wys voll volwasse mans en vrr vroue is geneig o om reeds snor-

kers te wees voor hul LMI ’n gevaarlike punt bereik. Hoë bloeddruk sal ook waarskynli­k reeds ’n probleem wees.

’n Swaar gesnork of apnee (wanneer ’n mens vir ’n tydjie ophou asemhaal) skep saam met vetsug die volmaakte storm en nagmerrie vir jou bedmaat.

DIE UITWERKING OP VERHOUDING­S

Die mees gedokument­eerde newe-effek van snork is waarskynli­k die invloed wat dit op ander mense het, veral jou lewensmaat.

In ’n Australies­e studie is bevind presies hoe erg dit kan wees: 30 uit 500 vroue wat deelgeneem het, het gesê snork was die enigste rede vir die verbrokkel­ing van hul huwelik.

APART SLAAP

Dit is nie moeilik om jou in te dink wat gebeur as twee mense in ’n verhouding albei moeg en prikkelbaa­r is weens ’n gebrek aan rustige slaap nie.

Die algemeenst­e oplossing is om in aparte kamers te slaap. Dit klink na ’n goeie idee dat ’n paartjie dié stap doen ter wille van hul verhouding.

Maar talle studies oor slaapsielk­unde skets ’n ander prentjie, want ’n gebrek aan slaap kan tot groot griewe en selfs depressie lei.

Lank voor hulle daaraan dink om apart te slaap moet die paartjie reeds ander, natuurlike maatreëls oorweeg om die gesnork te stop, anders kan dit te laat wees vir die verhouding.

SEKS

Selfs voor dit die punt bereik het waar hulle nie meer saam slaap nie, het die snorkgewoo­nte al ’n groot verlies aan intimiteit in hul verhouding veroorsaak, het 21% van vroue gesê wie se maats matige snorkers is.

Mans en vroue wat te min slaap, sê hulle het ’n laer libido en minder belangstel­ling in seks weens ’n energiegeb­rek, slaperighe­id en meer spanning in die verhouding.

Mans is veral ontsteld as hulle hoor snork kan hul vermoë om ’n ereksie te handhaaf direk aantas.

Dis eenvoudig: Snork en apnee veroorsaak hoë bloeddruk; hoë druk in die slagare veroorsaak dan weer interne skade wat die are dikker maak. Dit beperk die bloedvloei in die liggaam, insluitend die penis, wat erektiele disfunksie of impotensie kan veroorsaak.

BLOUDRUK VIR SLAAPHIGIË­NE

Moenie naby slaaptyd hoëkilojou­leetes eet nie, en let op wat jou peuselhapp­ies bevat. Sjokolade bevat kafeïen.

Sny twee tot drie uur voor slaaptyd stimulante soos tee en koffie uit.

Vermy saans strawwe oefening. Doen dit eerder soggens of smiddae.

Gaan bedags buitentoe. Kry soveel moontlik blootstell­ing aan natuurlike lig; dit sal help om jou interne biologiese klok te reguleer en ook met die vorming van ’n dag- en aandroetin­e.

Moenie bedags ’n uiltjie knip nie, selfs al is jy moeg. As jy jou roetine regkry, sal jy meer energie hê en sal middag- slapies iets van die verlede word.

Skakel skootreken­aars, televisies­telle en radio’s af en maak jou boek minstens ’n uur voor slaaptyd al toe. Wanneer jy jou verstand stimuleer, sal dit verhinder dat jy die fase van herstellen­de slaap bereik. DIE ARTIKEL IS ’N GEREDIGEER­DE EN VERTAALDE UITTREKSEL UIT STOP SNORING . . . THE EASY WAY: AND THE REAL REASONS YOU NEED TO DEUR DR. MIKE DILKES EN ALEXANDER ADAMS (ORION PUBLISHING,

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa