Huisgenoot

WEG, MY OUBOET, MY ROLMODEL

Naas vertel van Darius se kankerstry­d en van sy goeie verhouding met sy broer, wat altyd vir hulle albei sterk gestaan het

- Deur JACQUES MYBURGH EKSTRA BRONNE: KERKBODE, NETWERK24.COM, BEELD

SAAM het die twee boeties vir hul skool en die destyd se Noord-Transvaal rugby gespeel. Eindelik was dit die jongste van die twee Botha-broers, Naas, wat met sy goue skopskoen ’n wêreldikoo­n van die spel geword het. Maar vir Naas was ouboet Darius enduit sy rolmodel.

Op 12 Februarie het die eindfluitj­ie geblaas vir Darius (61), wat vroeër medeleraar van die NG gemeente Weltevrede­n in Roodepoort was. Sy broer het geveg tot die einde toe nadat maagkanker in 2014 by hom gediagnose­er is, vertel Naas (59).

“Ek onthou nog toe kanker by hom gediagnose­er word . . . Dit was op my verjaardag. My foon het nie ophou lui nie. Dit was net ’n roetineond­ersoek en twee dae later was hy op die operasieta­fel.”

In 2014 het die dokters gesê Darius sou net nog nege maade leef, maar dit het hom nie ondergekry nie. “Hy het verbete geveg,” sê Naas.

“Hy was nog altyd die ouboet wat vir ons albei sterk gestaan het, wat met alles ’n positiewe uitkyk gehad het.”

Die gevreesde siekte was geen onbekende teenstande­r vir Darius nie. Hy en sy vrou, Karin, het twee van hul vier kinders aan kanker afgestaan.

Klein Carine was net ses toe sy in 1993 weens breinkanke­r sterf. En haar tweelingbr­oer, Tobie, is op 18 jaar oorlede weens bloed kanker, ook bekend as leukemie.

’n Deel van Darius se maag en pankreas is in 2014 verwyder om die kanker- gewasse uit sy lyf te sny. Hy het chemo en bestraling gekry en algaande het dokters hoopvoller oor die prognose geword. Die kanker het later in remissie gegaan, maar einde 2017 het die maagkanker opnuut opgevlam.

“Hy was tot sy dood toe ’n positiewe mens wat baie ander se lewe geraak het,” vertel Naas, “maar die kanker het hom in die laaste vier maande ondergeky. Hy het nie meer krag gehad vir die lewe nie.”

SY OUBOET was kleintyd veral op die sportveld sy rolmodel. “Ek wou als doen wat Darius gedoen het. Ek het so half in sy voetspore gevolg as sportman. “Ek dink dit was my manier om saam met ouboet rond te hang,” vertel Naas, wat in Pretoria grootgewor­d het.

“Selfs op ’n jong ouderdom het hy goeie leierskaps­vaardighed­e getoon, en sy positiwite­it op en van die veld af het baie geïnspiree­r.”

Naas onthou die keer dat hy, toe net agt jaar oud, gevra is om vir hul laerskool se o.11-span te speel. “Darius was in die o.11-span. Een van sy spanmaats is beseer en Darius het vir die afrigter gesê ek sal vir hulle kan speel.”

Dit was die eerste keer, maar nie die laaste nie, dat hulle as broers saam sou uitdraf.

In September 2017, toe Darius in ’n YouTube-onderhoud met past. Deon Langedyk gesels oor sy lewe met kanker, het hy dieselfde staaltjie vertel. “Ek het Naas Botha ontdek,” het hy geskerts.

“Rugby was altyd deel van ons lewe,” het Darius bygevoeg. “Ons Kersgesken­k van ons pa was ’n rugbybal. Om ouboet

te wees was altyd lekker. Ek het dinge altyd vir kleinboet maklik probeer maak.”

Nou vertel Naas verder en vul sy broer se woorde van destyds aan: “Wanneer ek aan my broer terugdink, sien ek hom as hierdie perfekte mens.

“Ons het nooit as kinders baklei nie. Hy was saggeaard en het my op alle vlakke beskerm.

“Ek het altyd gevoel as daar een mens is wat beroepsrug­by kan speel, is dit Darius. Hy het uitsonderl­ike talent as ’n sportman gehad.”

Darius het in 1978 as vleuel sy Curriebeke­r-debuut vir Noord-Transvaal (nou die Blou Bulle) gemaak. “Hy het in sy eerste wedstryd vier drieë gedruk,” onthou Naas.

Later het die Botha-broers saam in hul blou klere vir Noord-Transvaal op die rugbyveld uitgedraf. Die broers het saam in vier Curriebeke­r-eindstryde gespeel – Naas natuurlik op losskakel.

“Ek het veilig gevoel met my ouboet op die veld. Dit sal altyd vir my ’n besonderse tyd wees. Om ’n groot Currie bekeroor winning saam met jou broer te ervaar is ’n uitsonderl­ike belewenis.”

In 1981 het Darius in ’n toets vir die Springbokk­e gespeel, maar die jaar daarna het hy sy stewels gebêre om hom op sy roeping as leraar en sy gesin toe te spits.

Toe, in 1993, word kanker by sy dogtertjie Carine gediagnose­er. In die videoonder­houd met Deon vertel Darius: “Dit was Kersfees (1992). Ek het by ’n gemeente gepreek en Carine het opgestaan met haar een ogie wat staar. Daar was drukking op die oog.”

Vroeg in die nuwe jaar het die dokters s breinkanke­r by haar gediagnose­er. Sy het t daarna nog sowat ses maande geleef.

“Die woord kanker sê vir my dit is ver- - by,” het Darius in die video gesê. “Dit was s baie hartseer om met Carinetjie daaroor r te praat, want sy het nie heeltemal ver- - staan nie.

“My ander kinders sou vra of hulle ook k sou doodgaan.”

Toe, byna 10 jaar later, is haar tweeling- - boetie ook platgetrek. “Tobie was ’n goeie e sportman,” het Darius vertel.

“Ek het een aand vir hom gevra: ‘Seun, , is jy bang?’ Hy het ‘ja’ geantwoord. Ek het t gesê: Wel, jy sit en kyk na ’n ma en pa wat t 10 keer so bang is as jy.’ ”

Naas sê die dood van Darius se twee- - lingkinder­s was vir hom ’n groot slag.

“Hy sou baiekeer wroeg en vra hoekom dit met sy kinders moes gebeur; hoekom hulle albei?

“En toe hy later self kanker kry, het hy gevra hoekom hy ook.”

In die video het Darius vertel hoe sy vrou, Karin, ’n oudonderwy­seres, hom deur alles bly steun het. “Toe kanker by my gediagnose­er word, het sy skool toe gegaan en bedank. Sy’t gesê sy wil na my omsien.

“Sy was die een wat my moed ingepraat het. ‘Byt net vas. Ek is lief vir jou. Ek stap die pad saam met jou,’ het sy altyd gesê.”

Naas vertel die laaste ruk was Darius baie omgekrap deur die Bulle en die Bokke se swak spel en het hulle gereeld daaroor gesels. “Dit het ons albei geïrriteer dat die manne so sukkel en hy sou my gereeld vra wat jaag die Blou Bulle nou weer aan.”

Oor die laaste oomblikke saam met sy ouboet wil Naas nie uitwei nie.

“Ons is albei realisties­e mense. Darius het geweet sy tyd is naby. Die einde was vir hom ’n baie moeilike tyd.

“Dit is hartseer dat dit oor sy pad gekom het, maar hy het dit op sy manier die beste hanteer.

“Daar was nie veel wat ek as ’n broer kon doen nie. Hy was moeg . . .”

REGDEUR sy kinders se afsterwe en sy eie stryd teen kanker was sy geloof sy rots.

Sy doktorale tesis in teologie aan die Universite­it van Pretoria het juis gehandel oor hoe ’n mens ten spyte van die aanslae van kanker steeds sinvol en met vreugde kan leef, en die rol wat prediking daarin speel.

“’n Mens verander,” het hy destyds aan die Kerkbode gesê. “Dit waaraan jy vasgehou het, raak onduidelik. Soms sê ’n mens selfs slegte goed. Maar God kan dit hanteer en sy genade bly vir my genoeg.

“Soms moet ’n mens net stilbly en iemand se hand vashou. Moenie antwoorde gee nie, maar vra die mens liewer wat jy vir hom of haar kan doen om hulle te ondersteun.”

En dit is wat Naas gedoen het. “My ouboet was altyd die ouboet. Net dat ek hom ondersteun­ing kon bied, was genoeg vir hom.

“Ek kon nie ’n beter broer vra nie. Hy het my 200% van homself gegee en ek dink ek het hom 200% van mýself gegee. Dit was ’n goeie pad wat ek saam met hom kon stap.”

Karin en die egpaar se twee ander kinders, Rienie van Rooyen en Derik Botha, was teen druktyd te emosioneel om ’n onderhoud oor Darius toe te staan.

‘Daar was nie veel wat ek as ’n broer kon doen nie. Hy was moeg’

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Naas Botha moes onlangs sy ouboet, dr. Darius Botha, groet nadat hy sy stryd teen kanker verloor het. BO: Naas (links) sê sy broer was van kleintyd af sy rolmodel.
HOOFFOTO: Naas Botha moes onlangs sy ouboet, dr. Darius Botha, groet nadat hy sy stryd teen kanker verloor het. BO: Naas (links) sê sy broer was van kleintyd af sy rolmodel.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Darius was ’n uitmuntend­e sportman en het in vyf Curriebeke­reindstryd­e vir Transvaal uitgedraf. REGS: Darius by sy 1981-Bokbaadjie en -trui. Hy het in een toets gespeel en toe sy stewels vir goed gebêre.
LINKS: Darius was ’n uitmuntend­e sportman en het in vyf Curriebeke­reindstryd­e vir Transvaal uitgedraf. REGS: Darius by sy 1981-Bokbaadjie en -trui. Hy het in een toets gespeel en toe sy stewels vir goed gebêre.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa