Huisgenoot

NUWE VOORKOMS IN DONKER TYD

Henri se kop is nou kaal, terwyl sy meisie baie maerder is en nou pienk hare het. Kenners sê wat hul voorkoms van hul gemoed verklap

- Deur JOANIE BERGH

AANdie AN die begin beginwas was hulle die toonbeeld van ’ n verliefde en gelukkige paartjie. Die fris geboude jong man en sy meisie met die lang, ligbruin hare is gereeld hand aan hand in die strate van skilderagt­ige Kaapse kusdorpies opgemerk. Telkens sou hulle lag en Henri van Breda (23) sou sy meisie, Daniellé Janse van Rensburg (22), omhels.

Terwyl hulle langs die see gestap het, het hulle so sorgeloos soos enige verliefde paar gelyk, selfs al is Henri van die moord op sy ouers en broer aangekla.

Maar vandag lyk die twee heel anders as toe Huisgenoot-lesers hulle die eerste keer in 2016 op foto’s saam sien lag het.

Henri word in die Wes-Kaapse hooggeregs­hof in Kaapstad daarvan aangekla dat hy sy ouers, Martin (54) en Teresa (55), en ouer broer, Rudi (22), op 27 Januarie 2015 in die gesin se huis op die luukse De Zalze-landgoed buite Stellenbos­ch met ’n byl vermoor en sy suster, Marli (16), probeer vermoor het. Hy word ook van regsveryde­ling aangekla.

Met sy verhoor wat einde se kant toe staan, het Henri die oë onlangs laat rek; dié keer met sy nuwe voorkoms. Want pleks van die welige bos hare wat hy met elke hofsitting in ’n netjiese kantpaadji­e gekam het, is hy nou kaalkop.

Daniellé het op haar beurt haar lang, ligbruin hare kort gesny en dit helderpien­k gekleur. Sy het ook baie gewig afgeskud en lyk nou tenger.

Henri en Daniellé se nuwe voorkoms spreek boekdele, reken kenners.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa