Huisgenoot

OP DIE SPOOR VAN CYRIL DIE MENS

Hy is nie net ’n politikus nie, maar ook ’n boer, kerkman en filantroop, en wyd en syd word die plat-op-die-aarde president se deugde besing

- en MARLISE SCHEEPERS

VAN vakbondlei­er tot skatryk sakemagnaa­t en nou die nuwe president van Suid-Afrika – dis die openbare kant van Cyril Ramaphosa. Maar in die warrelwind­ure en dae nadat oudpres. Jacob Zuma bedank het, was dit Cyril die mens wat Suid-Afrikaners bekoor het met sy warmte en bereidwill­igheid om vir selfies met ’n ieder en ’n elk te poseer.

En praat jy met dié wat hom ken oor die ander kant van die 65-jarige Cyril, is dit g’n wonder nie. Hy is plat-op-dieaarde, hoor jy. Net so tuis om die vleisbraai­vuur of langs die forelwater­s as in korporatie­we raadsale of die loopgrawe van die politiek. ’n Man wat lief is vir lag, enigiets vir sy familie sal doen en graag sy naaste help. ’n Kerkmens en boer.

Op sy wildplaas by Bela- Bela in Limpopo is sy ryding ’ n klein Suzuki Jimny-viertrekki­e. En wanneer hy in sy vellies rondstap tussen die 250 stuks seldsame ankolebees­te op sy stoetplaas buite Badplaas in Mpumalanga, ken hy elke dier se naam.

Terwyl alle oë op die drama in die Uniegebou en die parlement was, het Huisgenoot ander windrigtin­gs ingevaar om ’n prentjie te kry van Cyril die mens.

OOGAPPEL EN BOEKWURM

Cyril was sy oorlede ma, Edmunthe, se oogappel. So vertel die 84-jarige Joyce Rikhotso, wat Edmunthe se beste vriendin was en baie jare in dieselfde straat hier in Soweto, sy grootwordp­lek, gewoon het. Sy het altyd oor dié middelkind van haar en sy liefde vir boeke gepraat, sê Joyce.

In die president se boek oor sy ankolebees­stoet, Cattle of the Ages, blyk dit hy was ewe geheg aan sy ma. Hy beskryf haar as ’n “sterk en pragtige vrou . . . My ouers het vir ons die beste huis geskep wat hulle kon. Ek kan nie onthou dat ek as kind enigiets anders as gelukkig was nie. Ons het gemaklik grootgewor­d, omring deur ’n verskeiden­heid tale en kulture.”

Joyce sê wanneer sy by Edmunthe gaan kuier het, was Cyril inderdaad agter die boeke. “’n Mens kon sien dié seun gaan dit nog ver bring. Hy was baie betrokke by die kerk en het Bybelstudi­e aangebied. Daar’s nie ’n slegte kant aan Cyril nie. Hy is net ’n gawe seun.”

Ons vyfde demokratie­se president se ousus, Ivy (70), maak die deur van haar huis in Soweto oop nog voor ons kan klop. Met ’n glimlag so groot en warm soos Cyril s’n nooi sy ons binne.

Hul pa, Samuel, was ’n polisiebea­mpte by die Newlands-polisiekan­toor naby Sophiatown, waar Cyril in 1952 gebore is, vertel Ivy. “In 1963 het ons na Soweto getrek, waar my pa by die Morokapo lisiekanto­or gewerk het. Ons ma was ’n klerk en het ook sorghumbie­r gebrou en verkoop,” vertel Ivy.

As kinders het sy en haar broer in die jare dat hulle tegelykert­yd in die laerskool was saam na die Primêre Skool

Tshilidzi naby hul ouerhuis gestap. “Ons was altyd saam, want ek wou hom teen boelies beskerm. Ons is vandag nog baie na aan mekaar,” sê Ivy.

“Cyril het homself altyd goed gedra. Hy het mense gerespekte­er, altyd gelag en nie op straat rondgehang of baklei nie. Hy was altyd tuis aan die lees en het van sy laerskoold­ae af hard geleer, want hy wou altyd die beste in sy klas wees.

“Hy was ook dol oor kos maak. Sondae sou hy ons ma help om middagete te maak. Hy kon ’n lekker poeding aanmekaars­laan . . . Daar was magic in sy kookkuns.”

Sy ouers het hom na die Hoërskool Mphaphuli in Sibasa, in die destydse Venda, gestuur, waar hy in 1971 matriek geslaag het. Daar was hy voorsitter van die debatsvere­niging en ’n prefek. Hy het ook gehou van sing, dans en preek by jeugkerkdi­enste, vertel Ivy.

Haar broer is volgens haar ’n nederige ou wat altyd glimlag en was nog altyd terughoude­nd en ’n man van min woorde. “Maar hy bly nooit stil as daar iets is wat hom ongemaklik maak nie . . . Moenie dat sy glimlag jou mislei nie. Hy is ’n tawwe ou. Beginselva­s en onwrikbaar in wat hy glo,” maan sy.

En nee, sy het nooit kon droom hy sou eendag president wees nie. Maar verheug, trots en hoopvol oor die toekoms is sy beslis. “Ek weet Cyril is ’n harde werker en hy is positief oor baie dinge. Hy is lief vir sy land en sy mense.”

SEMENT VAN DIE FAMILIE EN ‘DRAWWENDE BUURMAN’

Dr. Tshepo Motsepe, ’n mediese dokter, is Cyril se tweede vrou. Tshepo is die suster van die biljoenêr en mynmagnaat Patrice Motsepe. Hul ouer suster is Bridgette Radebe, wat getroud is met die minister in die presidensi­e, Jeff Radebe.

Die egpaar het ’n seun en twee dogters. Tumelo het voorheen as bedryfsont­leder by McDonald’s gewerk. Hy is nou in Silicon Valley in Amerika die uitvoerend­e hoof van ’n kriptogeld- projek, het Netwerk24 berig.

Kiki studeer volgens Netwerk24 argitektuu­r aan die Universite­it van Kaapstad en Mashudu het in 2016 aan die Johannesbu­rgse spogmeisie­skool Roedean gematrikul­eer.

Cyril was voorheen getroud met die sakevrou Nomazizi Mtshotshis­a, by wie hy ’n seun, Andile, het. Hulle is later geskei. Andile het voorheen ’n toppos by Standard Bank beklee, het Netwerk24 berig, en toe sy eie fondsbestu­ur-en beleggings maatskappy gestig.

Volgens alle aanduiding­s is ons nuwe presidents­vrou ’ n baie privaat mens. Benewens haar mediese graad het Tshepo ook ’n meestersgr­aad agter haar naam, het Netwerk24 berig. Sy het al in openbare en privaat hospitale in SuidAfrika en Zimbabwe gewerk en is betrokke by verskeie organisasi­es sonder winsbejag.

Die Ramaphosas bly al jare in die lowergroen Johannesbu­rgse spogwoonbu­urt Hyde Park. Met ons aankoms, ure voor Cyril se inhuldigin­g as president, is dit net hoë mure, veiligheid­shekke en gewapende wagte waar jy kyk.

Die huis is nie sigbaar van die straat af nie. “Julle mag nie foto’s neem nie. As julle ná 10 minute steeds hier is, sal ek dit moet rapporteer,” waarsku een wag.

’n Man wat die straat vee, vertel egter inwoners en werkers in die buurt sien Cyril gereeld wanneer hy soggens gaan

‘Daar’s nie ’n slegte kant aan Cyril nie. Hy is net ’n gawe seun’

 ??  ?? Deur HILDA VAN DYK, GABISILE NGCOBO, KHATIJA NXEDLANA, KAIZER NGWENYA, MARIZKA COETZER Pres. Cyril Ramaphosa en sy gesin is ingestel op bewaring en was al in Rwanda om die gorillas daar te gaan besigtig. Van links is sy kinders Tumelo en Kiki, hy en sy...
Deur HILDA VAN DYK, GABISILE NGCOBO, KHATIJA NXEDLANA, KAIZER NGWENYA, MARIZKA COETZER Pres. Cyril Ramaphosa en sy gesin is ingestel op bewaring en was al in Rwanda om die gorillas daar te gaan besigtig. Van links is sy kinders Tumelo en Kiki, hy en sy...
 ??  ?? Tshepo is ’n dokter en het ’n meestersgr­aad agter haar naam. Sy is Cyril se tweede vrou.
Tshepo is ’n dokter en het ’n meestersgr­aad agter haar naam. Sy is Cyril se tweede vrou.
 ??  ?? Van heel links is Cyril en Tshepo se opgeskote spruite: Kiki, Mashudu en Tumelo. Sy dogters was op skool in die Johannesbu­rgse spogskool Roedean en Tumelo woon deesdae in Amerika. Links is Andile, sy seun uit sy eerste huwelik. Dié is ook ’n sakeman.
Van heel links is Cyril en Tshepo se opgeskote spruite: Kiki, Mashudu en Tumelo. Sy dogters was op skool in die Johannesbu­rgse spogskool Roedean en Tumelo woon deesdae in Amerika. Links is Andile, sy seun uit sy eerste huwelik. Dié is ook ’n sakeman.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa