Huisgenoot

EK VERGEWE JOU MY SEER

In ’n ope brief aan boer Johan sê Marilyn wat tussen hulle skeefgeloo­p het en vra sy dat hulle die verlede agterlaat

- Deur MARIZKA COETZER Foto: ROWYN LOMBARD

KAN ons mekaar vergewe en met ons lewe aangaan?” So vra Marilyn van die kykNET-reeks Boer Soek ’ n Vrou in ’ n ope brief aan boer Johan. Die brief word vandeeswee­k eksklusief deur Huisgenoot gepublisee­r.

Marilyn van Droogenbro­eck (41) was een van die vroue wat boer Johan Uys (61), ’n beesboer van Carolina in Mpumalanga, gekies het om by hom op sy plaas te kom kuier in die 10de seisoen van die werklikhei­d s program.

Die liefde tussen die donkerkop van Fourways en boer Johan het vinnig vlam gevat, maar net so skielik verskroei.

Die kortstondi­ge televisie romanse het in verwyte geëindig toe boer Johan in ’n Sondagkoer­ant beweer Marilyn het net vir die kompetisie ingeskryf om aandag te trek. Sy het dit volgens hom net “vir die grap” gedoen.

Marilyn het teruggekap en gesê sy was werklik verlief op hom voor dinge agter die skerms skeefgeloo­p het.

“Dit wat hy gesê het, het my baie seergemaak,” het sy in ’n eksklusiew­e onderhoud aan Huisgenoot gesê. Veral dat hy my harteloos noem. Waarop grond hy dit? Ons het albei vir die program ingeskryf om liefde te vind.”

Boer Johan het intussen liefde gevind by Marita Schoombie (56), een van die ander vroue wat hy ook aanvanklik na sy plaas genooi het, en aan Huisgenoot vertel hy het nou “die wonderliks­te vrou van (sy) drome ontmoet”.

Nou, sowat ’n maand nadat die laaste episode van die reeks uitgesaai is, reik Marilyn uit na boer Johan, wat sy nog nie weer sedert die verfilming van die reeks gesien het nie.

Sy gun hom geluk by Marita, sê sy, en wil graag vrede maak.

Hi, Johan Ek skryf dié brief om my gevoelens met jou te deel oor die gebeure van die laaste paar maande.

Eerstens, dankie vir die tydjie saam op Boer Soek ’n Vrou. Vir my het alles begin toe jy my briefie kies. Regdeur die program het ek baie gehou van jou vriendelik­heid, jou lekker lag en gesels en dat jy almal op hul gemak laat voel.

Ons almal was onder druk met die kameras en onderhoude, asook aktiwiteit­e agter die skerms wat nie alles uitgesaai is nie. Al het die kykers min van laasge-

noemde geweet, het hulle deelnemers gou geoordeel en gekritisee­r.

Dankie vir die tydjie op die plaas, waar jy elkeen van ons laat tuis voel het, en vir die verwelkomi­ng s geskenkies.

Die program was vir my ’n wonderlike ervaring. Nie net oor die mense wat ek ontmoet het nie, maar ook omdat dit my geleer het om beter te kommunikee­r en oor my gevoelens te praat. Voorheen het ek dit maar alles vir myself gehou.

Ek het ook besef mense het nie net verskillen­de persoonlik­hede nie; elkeen het boonop ’n unieke manier om liefde te wys. Ons vergeet maklik van die vyf liefdestal­e en dink almal moet mekaar op dieselfde manier liefhê. En tog is dit belangrik, want wat is ons as ons alles besit, maar ons het geen liefde nie? Is liefde en respek nie tog waarna elke mens soek nie? Ek dink tog ons almal het iets hieruit geleer.

Ek wil graag noem wat my seergemaak het, maar dit is nie om vinger na jou te wys nie.

Ek doen dit omdat ek voel ons het nog nie regtig kans gekry om daaroor te gesels nie.

Een van my uitdagings was die ouderdomsv­erskil tussen my en die ander deelnemers; ek was ongetroud en het geen kinders nie, terwyl die ander vroue kinders en kleinkinde­rs het.

In die Kaap het ek min tyd saam met jou gehad, maar nietemin was dit lekker om die groep vroue beter te leer ken en ons het fun gehad.

Dit het my ontstel toe jy die eerste aand op die plaas laggend praat oor die uitstemmin­gs proses in die Kaap, wat vir ons deelnemers so moeilik en emosioneel uitputtend was. Jy het dit laat klink asof dit vir jou net ’n lekker speletjie was.

Marita was die eerste een wat huis toe gestuur is, maar ’n paar maande nadat ons uitmekaar is, was julle in ’n verhouding. Sy het my toe gebel en vertel van jul koffieafsp­raak en dat jy lelike dinge oor my gesê het.

My laaste dag op die plaas – dit was nadat Marita en Marinda huis toe is – het ek gevoel jy begin my wegstoot. Voor die kameras was jy baie lovey-dovey, maar andersins het jy min belangstel­ling getoon.

Toe jy tydens ons eerste date by die restaurant in Montecasin­o meer op jou selfoon doenig is as om aan my aandag te gee, het ek gevoel jy wil my nie regtig beter leer ken nie.

Die laaste strooi was toe jy sonder verskoning laat opdaag vir die ontbytafsp­raak met my en my familie. Dit het bewys jy het geen respek vir my en my mense nie, en toe het ek besluit om nie meer die pad saam met jou te stap nie.

Johan, al die dinge wat ek hierbo genoem het, het bitter seergemaak, g , want ek het baie van jou ge- - hou.

Ek was opnuut geskok k toe jy my dadelik op p WhatsApp blok nadat t ons verhouding verby y was.

Al was dit net ’ n TV-program, het ek gevoel dis ons privaat lewe en ons kan dit self f uitpluis. Dit was nie nodig om lelike boodskappe oor my na die produksies­pan en my familieled­e te stuur nie. Ek was ook geskok toe ek in Rapport lees jy noem my “harteloos”. Ek het jou altyd met respek hanteer en gevoel jy gebruik die media om my verder te probeer slegsê.

Ek wou met jou gepraat en graag gaan koffie drink het om daaroor te gesels, maar omdat jy my geblok het, was dit nie moontlik nie. Dié brief het ek geskryf om net vir jou te sê ek vergewe jou vir alles wat gebeur het. Die program was glad nie vir my ’n “grap” nie, soos jy in die media gesê het. Ek het ook nie ingeskryf vir die publisitei­t nie. As dit die geval was, sou ek stilgebly en saamgegaan het Mosambiek toe en ook na die reünie toe. Ek het net opgestaan vir wat reg is.

Ek erken ek het ook foute en hoop jy sal my vergewe as jy voel ek was onredelik teenoor jou.

My bedoelings was alles net goed en ek wou jou graag beter leer ken het. Maar nou vra ek dat ons hierdie episode agterlaat en met ons lewe aangaan.

Johan, ek wens jou en Marita baie sterkte toe. Sy is ’n pragtige vrou met baie goeie eienskappe en ek weet dat jul persoonlik­hede mekaar aanvul. Ek is regtig bly vir jou dat jy iemand ontmoet het vir wie jy regtig lief is. Alles van die beste. Marilyn

‘Jy het dit laat klink asof dit vir jou net ’n lekker speletjie was’

Huisgenoot het Marilyn se brief aan boer Johan voorgelê en gevra of hy wil kommentaar lewer. Sy antwoord was: “Ek gaan geen verdere kommentaar lewer oor die Boer Soek ’n Vrou-reeks of enige van die ander deelnemers nie. Ek het daardie deur reeds ’n geruime tyd gelede agter my toegemaak en met my y lewe aangegaan.” gg

 ??  ?? Marilyn van Droogenbro­eck sê sy is gereed om die omstrede boer Johan te vergewe.
Marilyn van Droogenbro­eck sê sy is gereed om die omstrede boer Johan te vergewe.
 ??  ?? Marita Schoombie by boer Johan. Sy is die nuwe liefde in dié boer se lewe.
Marita Schoombie by boer Johan. Sy is die nuwe liefde in dié boer se lewe.
 ?? KYKNET ?? Die drie vroue wat in die program na die plaas op Carolina in Mpumalanga genooi is, is (van links) Marinda, Marita, met wie hy nou in ’n verhouding is, en Marilyn.
KYKNET Die drie vroue wat in die program na die plaas op Carolina in Mpumalanga genooi is, is (van links) Marinda, Marita, met wie hy nou in ’n verhouding is, en Marilyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa