Huisgenoot

BRAAIRYS MET VARK EN EIER

- 2 3 4 5 6 7

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 20 min.

375 ml (1½ k) bruinrys 5 ml (1 t) olyfolie 10 ml (2 t) sesamolie 350-400 g varkfilet,

in repies gesny sout en swartpeper 1 ui, gekap 250 g sampioene,

in kwarte gesny 2 knoffelhui­sies,

fyngemaak 250 ml (1 k) elk bevrore

ertjies en mielies 4 sprietuie, gekap (hou

die groen bodeel) 45 ml (3 e) oestersous EIERS 3 eiers, geklits groen bopunte van die

sprietuie 5 ml (1 t) rissievlok­kies

(opsioneel) ’n hand vol vars

koljander, gekap 5 ml (1 t) botter ektra vars koljander,

gekap ekstra rissievlok­kies

(opsioneel)

Kook die rys volgens die aanwysings op die verpakking.

Verhit die olies in ’n pan, geur die vark met sout en peper en braai klompies-klompies tot bruin. Hou eenkant.

Braai die ui en sampioene in dieselfde pan tot bruin; voeg die knoffel by. Roerbraai 1 min.

Voeg die ertjies, mielies, sprietuie, rys, sous en sout en peper by. Roerbraai tot die ertjies en mielies deurgaar is.

Eiers

Klits die eiers, die bopunte van die sprietuie, rissievlok­kies (opsioneel), koljander en sout en peper saam. Verhit die botter in ’n kleefvrye pan en voeg die helfte van die eiermengse­l by. Maak dit soos ’n omelet gaar. Herhaal met die res van die eiermengse­l.

Sodra die omelette afgekoel het, rol dit op en sny in repies.

Meng die vark, rysmengsel en eierrepies; sit voor saam met nog koljander en rissievlok­kies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa