Huisgenoot

GEURIGE RYS-EN-BONEGEREG

- (Blaai om)

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 20 min. Gaarmaak: 22 min.

325 ml (1½ k) rys 10 ml (2 t) olyfolie 320 g gerookte

kaasworsie­s 1 groot ui, gekap 4 knoffelhui­sies,

fyngedruk 1 elk rooi, geel en groen soetrissie, in repies gesny 50 g tamatiepas­ta 300 ml hoender

aftreksel 15 ml (1 e) gerookte

paprika 5 ml (1 t) cayennepep­er 2 x 410 g-blikke gemengde boontjies, gespoel en gedreineer sout en swartpeper ’n hand vol vars pieter

sielie, gekap

1 Kook die rys volgens die aanwysings op die verpakking tot halfgaar. 2 Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die worsies tot gaar en alkant bruin. Hou eenkant. Sny in happiegroo­ttes nadat dit afgekoel het.

3 Roerbraai die ui in dieselfde pan tot ligbruin. Voeg die knoffel en soetrissie­s by; roerbraai 2 min. Skep uit die pan en hou eenkant.

4 Skep die pasta in dieselfde pan, giet sowat 180 ml (¾ k) van die aftreksel by, meng goed en laat dit 1 min. prut. Voeg die paprika en cayennepep­er by.

5 Roer die rys, worsies, uiemengsel, die res van die aftreksel en boontjies by. Geur met sout en peper. Laat dit 2-3 min. prut of tot die boontjies deurwarm is. Strooi die gekapte pietersiel­ie oor net voor jy dit voorsit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa