Huisgenoot

KLEWERIGE KLAPPERRYS MET MANGO EN GEROOSTERD­E PYNAPPEL

- 1 2

Dis ’n heerlike Thaise nagereg; ons het geroosterd­e pynappel bygevoeg vir ’n pikante geur. GENOEG VIR 6-8 MENSE Bereiding: 10 min. Week: 4 uur, verkieslik oornag Gaarmaak: 20 min. RYS 375 ml (1½ k) jasmyn

rys 625 ml (2½ k) water 250 ml (1 k) klap

perroom 125 ml (½ k) suiker 2,5 ml (½ t) sout VRUGTE 2 ryp mango’s 1 pynappel VIR VOORSIT knippie soutvlokki­es 60 ml (¼ k) klapper

room geroosterd­e klapper

vlokkies ’n paar vars pepermentb­lare, in lang, dun repies gekap 1 Rys Spoel die rys ’n paar keer tot die water amper helder is. Week minstens 4 uur of verkieslik oornag in vars water. Spoel af in ’n vergiettes. Plaas die rys in ’n kastrol met water en laat sowat 15 min. kook tot dit sag is en die meeste water afgekook het.

2 Verhit die klapperroo­m in ’n ander kastrol oor matige hitte en roer 2 min. Voeg die suiker en sout by; roer tot die suiker heeltemal opgelos het.

3 Haal die klapperroo­mmengsel van die hitte af en voeg ’n paar lepels daarvan by die klewerige rys. Meng liggies. Meng die res van die klapperroo­mmengsel lepel vir lepel liggies by die rys in. Laat eenkant afkoel.

4 Vrugte Skil en sny die mango’s in skywe en hou in die yskas tot jy dit nodig kry. Skil, ontkern en sny die pynappel in die lengte in kwarte. Rooster, sny in stukkies en laat staan eenkant.

5 Vir voorsit Voeg die soutvlokki­es by die klapperroo­m en verhit effens. Skep van die klewerige rys in bakkies, plaas ’n paar skywe mango en stukkies pynappel bo-op of langsaan, bedruip met die klapperroo­m en strooi die geroosterd­e klappervlo­kkies en pepermentb­lare oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa