Huisgenoot

DRINKEBROE­R VERSTEUR HAAR NAGRUS

-

My broer is oor die 60, maar woon by my, want hy het geen inkomste nie. Hy is ’n alkoholis wat snags laat huis toe kom. Dan word die ligte aangeskake­l en kos en koffie gemaak. Ek werk voltyds en moet soggens baie vroeg opstaan. Ek het al daaroor probeer praat, maar om ’n sinvolle gesprek met ’n dronk mens te probeer voer is ’n mors van tyd.

Raadop en moeg op H

Onthou jy daardie kennisgewi­ngbordjie by restaurant­deure: “Reg van toegang voorbehou”? Dit is waaraan jy nou in jou eie huis moet werk.

Alkoholist­e is selfsugtig en dink net aan hulself. Jy weet en ek weet hy misbruik jou goedheid, maar dit is nie so maklik om die patroon van afhanklikh­eid te verbreek nie.

Wanneer hy in die dag enigsins nugter is, sê vir hom jy gaan ’n veiligheid­sdeur vir gebruik saans laat aanbring. Net jy sal die sleutel daarvoor hê.

Bedags kan hy kom en gaan soos hy wil, maar saans maak jy daardie deur toe wanneer hy uit is.

Wanneer hy tuiskom, sal hy moet klop. Gee vir hom ’n tuiskomtyd wat vir jou gemaklik is met ’n speling van ’n halfuur. As hy nie daarby hou nie, moet hy ander slaapplek vir die nag vind.

Stippel dit vir hom uit: As hy by jou deur moeilikhei­d maak, gaan jy die polisie of die buurtwag bel.

Dié reëling kan help om ’n nuwe patroon vas te lê. Dit is dan sy keuse om sy gewoontes te verander of weg te trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa