Huisgenoot

WAT WYS NOG?

DARKEST HOUR

- – BIANCA LAMBRECHTS

Ware lewensdram­a. Met Gary Oldman, Kristin Scott Thomas en Lily James. Regisseur: Joe Wright. 7-9O.

In Mei 1940 word die ongewilde politikus Winston Churchill (Oldman) tot Britse premier verkies te midde van die Duitse inval van Frankryk. Dit gaan sleg met die Geallieerd­es en die druk neem toe vir hulle om met Hitler se militêre magte te onderhande­l. Maar die nuwe premier glo om oor te gee beteken die einde. Oor die volgende 10 dae, te midde van toenemende politieke weerstand, word ’n plan beraam om die soldate te ontruim voor hulle deur Duitse magte oorval word.

In dié geskiedkun­dige drama beeld Joe Wright (Atonement) Churchill uit as onaangenaa­m, onbemind en vol twyfel oor homself, maar ook vasberade, eiewys en hardkoppig. Die fliek hou meestal by die feite en gebruik kunstenaar­svryheid vir dramatiese effek.

Hoewel Oldman die lof vir sy vertolking verdien – insluitend ’ n Golden Globe en Oscarbenoe­ming – hou Ben Mendelsohn ( Rogue One) as koning George VI by hom kers vas.

Dit het ook ’n paar misstappe, soos die insluiting van Lily James as Churchill se jong sekretares­se, ’n oorbodige karakter wat klaarblykl­ik net bygevoeg is om die knorrige Britse bulhond menslik te laat lyk. Maar dit sal nie die algehele genot van die fliek beïnvloed nie. As jy Dunkirk (2017) gesien het, is dit die moeite werd om dié fliek te kyk om te sien hoe Operation Dynamo ontstaan het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa