Huisgenoot

HOE SUPERCOOL GOED WERK

- An

Deur IAN GRAHAM & TOM JACKSON (Lapa, R280)

Het jy al ’n groot TV-skerm gesien wat so dun is soos ’n kredietkaa­rt, so lig dat dit soos ’ n skildery teen die muur kan hang en so buigsaam dat die oppervlak geboë is? Dis OLED-TV.

’n Organiese laag is gevoeg by tradisione­le LEDTV’s wat gekleurde lig met beelde vervaardig met beter kleur wat vinniger verander.

En het jy al gehoor wat binne-in die Xbox One aangaan dat hy sulke ingewikkel­de, realisties­e grafika lewer? Indien nie, lees en bekyk dit in Hoe Supercool Goed Werk, nog een van Dorling Kindersley se fantasties­e ensikloped­ieë.

Dit gaan oor van die verstommen­dste tegnologie­se uitvinding­s wat ons lewe in die toekoms interessan­ter en beslis makliker gaan maak.

Een groep mense wie se lewe byvoorbeel­d makliker gemaak gaan word, is die arme brandbestr­yders wat in brandende geboue moet inhardloop waar hulle deur rook oorval kan word. Die C-Thru-helm wat nou ontwikkel word, klink soos iets uit ’ n wetenskaps­fiksieflie­k. Net een van sy wonderlikh­ede is ’n termiese kamera vooraan wat data van die situasie opneem, dit na die spanleier buite stuur, waar dit verwerk word, en nie net teruggestu­ur word na die helm nie, maar op die brandbestr­yder se gesigskerm geprojekte­er word.

Jy sal nie glo wat jy alles hier lees nie, maar dis die reine waarheid.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa