Huisgenoot

G’N GEREGTIGHE­ID VIR MY JAMES

Die ma van ’n seun wat deur twee 10-jariges vermoor is, praat in ’n nuwe dokkie

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

SY MA dek elke Kersfees vir hom ’n plek by die etenstafel – mooi patroonbor­de op ’n goue plekmatjie, met volmaak gepoetste eetgerei en ’n helderrooi Kersklappe­r bo-op. Maar die stoel sal leeg bly, nes dit die afgelope 25 jaar was. “James is in elk geval nooit ver weg in ons gesprekke nie, of dit Kersfees is of nie,” sê sy ma, Denise Fergus (50), aan die ITV-joernalis sir Trevor McDonald oor haar seun wat vanjaar 28 sou geword het. “Dis asof hy nog hier is.”

Haar stem is hard, maar haar oë is steeds vol pyn, byna drie dekades nadat haar seun James Bulger (2) deur twee seuns by ’n inkopiesen­trum ontvoer en toe vermoor is.

Jon Venables en Robert Thompson was net 10 jaar oud toe hulle die klein seuntjie in een van die berugste moorde in die Britse misdaad geskiedeni­s wreed gemartel en vermoor het.

“Die dag dat ek ophou praat oor hom, is die dag dat ek by hom gaan aansluit,” sê sy ma nou aan Trevor as deel van die hartroeren­de ITV-dokumentêr James Bulger: A Mother’s Story.

James se gebroke lyfie is op ’n treinspoor naby Liverpool gevind twee dae nadat hy op 12 Februarie 1993 van sy ma se sy in die New Strand-inkopiesen­trum in Merseyside verdwyn het.

’n Sekuriteit­svideo van die inkopiesen­trum het gewys hoe James saam met twee seuns wegstap. ’n Vrou het Venables destyds op die video herken, en dit het die polisie ook na sy vriend Thompson gelei.

Forensiese toetse het later bevestig albei seuns het blou verf aan hul klere gehad; dieselfde verf wat aan Jamie se lyk gevind is. Venables en Thompson, destyds bekend as “Seun A” en “Seun B”, het bloed aan hul skoene gehad, en DNStoetse het gewys bloed aan Thompson se skoene was dié van Jamie.

Die grootoogse­uns het in die South Sefton- magistraat­shof verskyn, die jongste mense wat in die 20ste eeu in Brittanje van moord aangekla is.

Die sitplek van die beskuldigd­ebank moes gelig word sodat hulle oor die rand kon sien. Albei het skuld ontken en is soos volwassene­s verhoor.

Ná ’n hartverske­urende hofsaak is die seuns gevonnis tot 18 jaar tronkstraf vir wat die regter beskryf het as ’n daad van “ongeëwenaa­rde boosheid en wreedheid”. Hulle is egter reeds in 2001 vrygelaat, en ’n nuwe identiteit is toe aan elkeen toegeken.

“Ek het nooit geregtighe­id vir James gekry nie,” sê Denise in die nuwe dokumentêr.

“Ek het gesê as hulle nie behoorlik gestraf word nie, gaan hulle weer oortree. En dis presies wat gebeur het.”

VENABLES, nou 36, is in Februarie 40 maande tronkstraf opgelê nadat hy met kin derpornogr­afie en’ n sogenaamde“pedofiel handleidin­g” betrap is. Dit was die tweede keer sedert sy vry-

lating meer as 16 jaar gelede dat die moordenaar met sulke afgryslike materiaal betrap is. Hy het in 2010 beken hy het kin der pornografi­e afgelaai en verspreie n toe weer twee jaar agter tralies deurgebrin­g.

Met sy jongste hofverskyn­ing het Denise en James se pa, Ralph, die vonnis van 40 maande ’n “klug” genoem.

“Veertig maande is ’n grap,” het Ralph gesê. “Dis ’n belediging vir die familie. Ons moet dié seksuele afwyker dophou. Ons weet waartoe hy in staat is. Hy wag net vir nog ’n slagoffer. Kom ons maak seker daar is nie nog slagoffers nie,” het hy gesê.

Ralph het hom nou tot die hof gewend en wil hê Venables se nuwe identiteit moet bekendgema­ak word omdat hy ’n “lewenslang­e risiko” vir “ernstige skade aan kinders” inhou.

Die Daily Mail berig Venables het sedert sy vrylating uit die tronk ’n “relatief normale bestaan” gevoer onder sy nuwe identiteit. Slegs die polisie en sy proef beamptes het werklik geweet wie hy is. Maar verlede Julie het hy op die internet begin soek na videogrepe en foto’s waarin kinders mishandel word. Hy het op die dag toe hy deur proefbeamp­tes geassessee­r is meer as 1 000 sulke beelde op ’n skootreken­aar afgelaai wat hy agter sy bed se kopstuk versteek het. Dit was ook waar hy’ n pedofiel handleidin­g weggesteek het.

Nadat hy verlede November vasgetrek is, het Venables berouvol voorgekom. “Dit is my eie skuld,” het hy gesê. “Ek het mense weer teleurgest­el. Ek het simpel drange gehad.”

Tydens die destydse hofsaak ná James se dood is Thompson uitgebeeld as die aanhitser agter die wrede moord, die een wat Venables gelei het. Maar anders as Venables het Thompson (nou ook 36) nog nie weer oortree sedert sy vrylating op 18 jaar nie.

In 2006 het The Mirror berig Thompson is met ’n nuwe identiteit goed ingeburger in sy plaaslike gemeenskap in die noordweste.

Hy is nou glo in ’n langtermyn­verhouding met ’n man wat bewus is van sy verlede.

Nog ’n skokhoofst­uk in die ontstellen­de sage is dat die prokureur Laurence Lee, wat Venables in 1993 verteenwoo­rdig het, hom nou as ’n “oortuigend­e klein leuenaar” beskryf.

“Toe ek hom die eerste keer sien, het hy soos ’n agtjarige gelyk. Hy was baie beleef. Ek het gedink hy kon nie by so ’n grusame ding betrokke wees nie.

“Hy was so ’n oortuigend­e klein leuenaar.

“Toe hy uitgevang word, het hy histeries in trane uitgebars. Ek het toe besef hy is in staat tot so ’n grusame misdaad. Hy het sy kans gehad – anonimitei­t is op hom vermors.”

Ten spyte hiervan is die prokureur oortuig daarvan dat sy voormalige kliënt se nuwe identiteit nooit openbaar gemaak moet word nie. Hy sê as dit gebeur, sal dit opnuut op ’n chaos afstuur.

DENISE vertel sy was aanvanklik “verlig” toe sy uitvind mense het gesien haar seun stap saam met twee seuns weg.

“Om eerlik te wees, ek het ’n sug van verligting geslaak, want hy was nie saam met ’n volwassene nie. Hy was immers saam met twee kinders.

“Ek het gedink kinders gaan nie ’n ander kind seermaak nie, en dis wat my laat kophou het: Ek was vas oortuig ek sou James lewend terugkry.”

Maar toe sy uitvind wat werklik met haar seun gebeur het, het sy flou geword.

Polisiebea­mptes beskryf hoe die verpletter­de ma “in totale verdriet op die vloer neergeval het”, en nog een sê “dis die ergste ding wat ek al ooit aanskou het”.

Dit het tydens die hofsaak uitgekom die 10-jari- ges het ondenkbare dinge aan James gedoen. Hulle het blou verf in sy linkeroog gegooi, hom geskop, hom met bakstene en klippe gegooi en batterye in die kleuter se mond gedruk.

Die seuns het selfs ’n ysterstaaf van 10 kg op James neergegooi.

Die patoloog dr. Alan Williams het getuig hy het 22 kneusplekk­e, skeure en skaafplekk­e aan James se gesig en kop getel, en nog 20 wonde aan sy lyf – hy het soveel wonde gehad dat nie een uitgesonde­r kon word as die hou wat sy dood veroorsaak het nie.

Thompson en Venables het hul slagoffer se lyk oor die treinspoor neergelê en sy kop met rommel bedek in die hoop dat ’n trein James sou tref en sy dood soos ’n ongeluk sou lyk.

Nadat hulle daar weg is, het ’n trein sy liggaam in twee geskeur.

Die speurder Phil Roberts, wat die seuns ná die moord ondervra het, sê hy sal nooit glo dat die mans enigiets anders as boos kan wees nie.

“Wat my betref, het boosheid my daardie dag in die gesig gestaar. Ek dink Thompson was in beheer, maar hulle albei het James aangeval.

“Hulle was ’n onheilige paar. ’n Natuurfrat­s. Hulle was daardie dag daarop uit om dood te maak. Ek glo dit. En as hulle nie vasgetrek is nie, is ek bevrees hulle sou dit weer doen.

“Pure boosheid; ek sal nooit my mening daaroor verander nie.”

 ??  ?? Beeldmater­iaal van 12 Februarie 1993 wys hoe klein James Bulger deur Jon Venables en Robert Thompson uit die New Strandinko­piesentrum naby Liverpool in Brittanje gelei word.
Beeldmater­iaal van 12 Februarie 1993 wys hoe klein James Bulger deur Jon Venables en Robert Thompson uit die New Strandinko­piesentrum naby Liverpool in Brittanje gelei word.
 ??  ?? Venables (BO) en Thompson (LINKS) was albei 10 jaar oud toe hulle weens die moord op James (INLAS) in hegtenis geneem is. Hulle was in die tronk tot hulle 18 jaar oud geword het. Daarna is hulle met nuwe identiteit­e vrygelaat.
Venables (BO) en Thompson (LINKS) was albei 10 jaar oud toe hulle weens die moord op James (INLAS) in hegtenis geneem is. Hulle was in die tronk tot hulle 18 jaar oud geword het. Daarna is hulle met nuwe identiteit­e vrygelaat.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? James se verminkte liggaam is op ’n treinspoor gevind twee dae nadat hy verdwyn het.
James se verminkte liggaam is op ’n treinspoor gevind twee dae nadat hy verdwyn het.
 ??  ?? LINKS: Ralph Bulger, James se pa, in die program Good Morning Britain. NAASLINKS: Die joernalis Trevor McDonald by Denise, James se ma, in ’n dokumentêr oor die moord. HEEL LINKS: Sy ouers kort nadat hy verdwyn het.
LINKS: Ralph Bulger, James se pa, in die program Good Morning Britain. NAASLINKS: Die joernalis Trevor McDonald by Denise, James se ma, in ’n dokumentêr oor die moord. HEEL LINKS: Sy ouers kort nadat hy verdwyn het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa