Huisgenoot

BEDAAR, SKERM, NOU’S ÉK BAAS!

In ’n nuwe boek oor hoe jy jou lewe kan verbeter deur in die oomblik te leef, is onder meer raad oor hoe om te keer dat jou selfoon jou aan bande lê

- Foto’s: MISHA JORDAAN

ONS lewe is dikwels ’n dolle gejaag en dit voel of daar nooit ’n oomblik se stilte is nie.

Selfs wanneer jy eindelik ’ n paar minute vir jouself het, word jy weer ingetrek deur die alewige gebiep en gegons op jou selfoon.

Daardie skerm trek jou oë immers soos ’n magneet: Daar is altyd ’n e-pos wat gelees moet word, ’n SMS of WhatsApp wat wag op ’n antwoord of ’ n nuwe stroom inligting, foto’s en video’s wat jy nie wil misloop nie.

Dit is genoeg om enige mens oorweldig te laat voel en asof ons in die geraas verdrink.

Nou het die joernalis en joga-instrukteu­r Johannes de Villiers, ’n voormalige redaksieli­d van Huisgenoot, die boek Kalmte in die Malle Gejaag geskryf om ons te help om tot bedaring te kom.

In die boek word die betekenis en impak van die gonswoord “mindfullne­ss”, oftewel bewustelik­heid, ondersoek, asook die strewe om dit uit te leef.

Dit wys ’n mens hoe om vrede en sin in die dolle gejaag te vind en nader aan jouself en die oomblik te leef.

“Mindfulnes­s is om jou volle aandag na die huidige oomblik te bring en nie jou gedagtes of emosies met jou te laat afdwaal nie,” verduideli­k Johannes. “Dit help jou om stres af te skud en leer jou ook om dankbaarde­r, geduldiger en meer tevrede in jou alledaagse lewe te wees.”

Hy sê een van die maniere om meer bewustelik te leef is om te sorg dat jou tegnologie­gebruik nie jou lewe oorneem nie. “As ’n mens al die tyd bymekaarte­l wat jy aanlyn is, bestee ons maande, selfs jare, aan Facebook, Instagram, Twitter, e-pos en ander apps, meestal nie om doelgerig inligting te bekom nie, maar lusteloos aan die rondblaai.”

In dié uittreksel uit sy nuwe boek gee hy 15 wenke vir ’n kuberdieet; ’n sinvolle manier om om te gaan met daardie selfoonske­rm wat jou lewe oorheers.

WENKE VIR ’N KUBERDIEET

1Jy moet daagliks twee blokke tyd vir elektronie­se kommunikas­ie opsysit. Die res van die tyd bly jy weg van e-pos en sosiale media. Tik die tye op papier, druk dit uit en plak dit langs jou lessenaar op. Doen jou bes om dié reël Nie Een Enkele Keer te oortree nie. As dit iemand verontrief dat jy nie 24 uur per dag op e-pos beskikbaar is nie, is dit sy probleem. As iets belangrik genoeg is, sal hulle bel.

Selfs al vereis jou werk dat jy elektronie­s kommunikee­r, gaan jy dit steeds binne die uitgemerkt­e tyd gedoen kry.

2As jy ’n blaaskans van jou werk nodig het en net vir ’n wyle iets anders moet doen, moet asseblief nie die internet gebruik as ’n manier om te ontspan nie.

Eerstens gaan dit jou insuig en jou pouse van vyf minute gaan ’n halfuur word (YouTube is my ondergang). Tweedens is dit glad nie ontspannen­d nie. Sosiale media word oorheers deur leunstoel-meningsvor­mers wat hoogs emosionele redenasies rondslinge­r en jou stresvlakk­e opjaag.

Ter illustrasi­e: Kyk maar wat gebeur as jy net voor slaaptyd na Facebook loer. Selfs nadat jy jou rekenaar of foon afgeskakel het, gaan jy waarskynli­k iets van die jongste Facebook-debatte in jou gemoed saamdra en ’n ruk lank oopoog

lê terwyl jy daardie rusies in jou gedagtes voortsit.

3As jy klaar Facebook, Twitter en Instagram vir die dag gebruik het, klik op die “Log out”-skakel en maak dit toe. As jy dit nie doen nie en die program op die agtergrond op jou rekenaar of foon bly loop, is dit hopeloos te maklik om weer daarheen te gaan.

4Bêre jou slimfoon in ’n kas wanneer jy saans by die huis is. Hou dit ver van jou af weg en stel dit sodat dit nie pieng of piep of tjirp wanneer ’n SMS, WhatsApp-boodskap of e-pos land nie. Wanneer jy daardie geluid hoor, gaan jy jou foon optel en e-pos begin lees en gaan die een ding tot ’n volgende lei. As daar dood in die familie is, sal hulle jou bel. Alle ander nuus kan mos wag.

5 6En op daardie noot: Hoekom op dees aarde dink jy dis ’n goeie idee om jou e-pos op jou selfoon te ontvang? Is jy gek? Haal dit onmiddelli­k af. Ontvang net op een masjien e-pos, verkieslik op jou rekenaar, want dit neem die langste om aan te skakel. Maak dit moeite om by jou e-pos uit te kom. Jy wil dit nie op jou iPad hê om daar vir jou te loer elke keer dat jy Google Maps of Kindle of iets gebruik nie.

7Gaan iewers heen sonder om jou foon saam te dra. Mense het dit millennia lank reggekry om sonder ’n slimfoon in hul broeksak smiddae met hul hond te gaan stap. Jy kan dit ook doen. Wanneer jy winkel toe gaan om suiker te koop, los jou foon by die huis en kyk wat gebeur. Aanvanklik gaan jy effens onrustig voel, maar soos jy daaraan gewoond raak, sal jy dit begin geniet en ligter voel.

8Herhaal gereeld hardop dié mantra: “My selfoon is daar om my lewe gerieflike­r te maak, nie om my lewe ongeriefli­k te maak nie.”

910Kansell­eer al daardie nuusbriewe wat jou inboks binnestroo­m. Jy wil dit nie ontvang nie – dit pieng heeltyd wanneer dit inkom en verlei jou om jou e-pos oop te maak. Soms is die beste wenke die eenvoudigs­te. Tristan Harris, ’n voormalige sagteware-inge- nieur by Google en deesdae ’n kampvegter teen kuberversl­awing, het dié eenvoudige wenk vir mense wat nie kan ophou om na hul selfoon te kyk nie: Maak jou foon se verstellin­gs (“settings”) oop en verander die foon se kleurskema na grayscale. Dit beteken alles op jou skerm word swart-wit. Jy sal verstom wees watter verskil dit maak. Die ontwikkela­ars van die toestelle gebruik kleur om jou aandag te trek; dit is hoekom die knoppie wat jou van jou ongeleesde WhatsApps vertel rooi is, want rooi trek gouer jou aandag. Al die bont kleure spreek ook tot jou innerlike kind, wat dink dit beteken iets interessan­ts is aan die gebeur.

11Facebook het ’n funksie wat my kuberlewe soos handomkeer verander het. Die naam daarvan is “unfollow”. Gaan een vir een na jou vriende se Facebook-blaaie en klik op “unfollow”. Dan sal niks van hul drama en menings in jou Faceboek-toevoer opduik nie. Hulle sal steeds jou Facebook-vriende wees, want jy het hulle nie ontvriend nie. Gebruik Facebook as nuusbron en volg slegs goeie nuuspublik­asies en gemeenskap­sorganisie­s waarin jy werklik belangstel. As jy regtig wil weet wat in jou vriendin Martha se lewe aangaan, neem haar uit vir tee. Die gesprek gaan in elk geval heelwat interessan­ter wees as om haar Facebook-profiel dop te hou.

12Probeer om Facebook-blaaie te vermy waarop mense heeldag stry oor goed wat jou bloeddruk opjaag, maar waaraan jy net mooi niks kan doen nie. Wees slimmer oor wat jy met jou emosionele energie doen.

13Wanneer jy op Facebook, Twitter, Instagram en ander sosiale media is, probeer lees sonder om kommentaar te lewer. As jy eers kommentaar gelewer het, gaan ’n gogga heeltyd aan jou knaag om te gaan kyk wie op jou kommentaar gereageer of dit gelike het.

14Jy kan jou ook afvra op hoeveel sosialemed­ia- netwerke jy werklik moet wees. Skaal af. Newport stel die volgende strategie voor: Bly twee weke lank weg van alle sosialemed­ia- netwerke. Moenie jou rekenings sluit of vir enigiemand sê wat jy doen nie. Ek het byvoorbeel­d lank gedink ek is nogal iemand op Instagram omdat ek soms meer as 100 likes van so ver v as Chili en Turkye vir ’n foto gekry het. Toe bly ek twee weke lank weg en nie ’n enkele siel het enige aanduiding gegee dat hulle my mis nie.

15Gebruik die mag van positiewe aansporing. Ek het ’n lysie gemaak van al die dinge wat ek gaan doen met die maande se tyd wat ek wen w omdat ek minder tyd op die internet deurbring.

Ek het dit op my yskas geplak waar ek gereeld kan sien waarby ek alles met my detoks gaan baat vind.

Ek gaan vroeër o flater’ n dik wetenskaps­fiksieroma­n skryf. Ek gaan Latyn leer. Ek gaan eendag oorsee reis om ’n konsert van die alternatie­we rockgroep Dead Can Dance by te woon.

Ek het nou die tyd; ek moet nog net uitpluis waar die geld vandaan gaan kom.

Gaan na jou vriende se Facebook-blaaie en klik op ‘unfollow’

 ??  ?? Die joernalis en jogainstru­kteur Johannes de Villiers het die boek Kalmte in die Malle Gejaag geskryf om ’n mens te help om rustig te raak en tot bedaring te kom.
Die joernalis en jogainstru­kteur Johannes de Villiers het die boek Kalmte in die Malle Gejaag geskryf om ’n mens te help om rustig te raak en tot bedaring te kom.
 ??  ??
 ??  ?? ’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT KALMTE IN DIE MALLE GEJAAG – MINDFULNES­S VIR BESIGE ME NSE DEUR JOHANNES DE VILLIERS (HUMAN & ROUSSEAU, R260*)
’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT KALMTE IN DIE MALLE GEJAAG – MINDFULNES­S VIR BESIGE ME NSE DEUR JOHANNES DE VILLIERS (HUMAN & ROUSSEAU, R260*)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa