Huisgenoot

WELKOM IN WAKANDA

-

Hy is so sterk en soepel soos sy naamgenoot in die diereryk, maar die Black Panther is ’n anderste soort superheld – een uit Afrika. Hy praat selfs Xhosa!

Swart superhelde het al in die verlede hul buiging op die silwerdoek gemaak. Wesley Snipes het in die laat 1990’s en vroeë 2000’s die hoofrol vertolk in die Blade-trilogie, wat op die gelyknamig­e strokiespr­entboeke gegrond is. In die jongste klompie Marvel-flieks het Samuel L. Jackson as Nick Fury, ouddirekte­ur van die geheime spioenasie­organisasi­e S.H.I.E.L.D., verskyn en Anthony Mackie as The Falcon, ’n voormalige reddingsvl­ieënier wat The Avenger geword het.

Maar die Black Panther is Marvel se eerste flieksuper­held uit Afrika nadat hy al in 1966 sy debuut in strokiespr­entboeke gemaak het.

In die 2016-fliek Captain America: Civil War het Chadwick Boseman die rol vertolk van die Black Panther, oftewel koning T’Challa, wat hom graag in ’n swart pak uitvat. In dié fliek wou T’Challa wraak neem ná die sluipmoord op sy pa, en die nuwe rolprent begin waar die vorige een geëindig het. Dit is die eerste fliek met Black Panther in die hoofrol.

T’Challa keer terug na Wakanda, ’n afgesonder­de, tegnologie­s gevorderde (en verbeelde) Afrikaland wat nooit verower of gekolonial­iseer is nie. Hy wil as die Black Panther sy regmatige plek as koning en beskermer inneem.

Maar toe ’n magtige vyand weer op die toneel verskyn, word T’Challa se staal as koning en held getoets. Hy word by ’n konflik ingesleep wat sy mense en die ganse wêreld bedreig.

Die fliek is ’n mengsel van The Godfather en die James Bond-flieks, sê Nate Moore, die rolprent se uitvoerend­e vervaardig­er.

“Dis ’n groot, teatrale familiedra­ma wat om ’n wêreld van internasio­nale spioenasie draai. Hopelik kry ons die beste van twee wêrelde.”

Die rolverdeli­ng sluit van die beste hedendaags­e akteurs uit Amerika, Brittanje en SuidAfrika in, soos Suid-Afrika se eie veteraanak­teur John Kani.

Ons sal nie lank hoef te wag om T’Challa se volgende avontuur te sien nie; die Black Pantherate een feitlikeit­li alle aanderde Marvel-avelsupesu­perheldehe­lde sal in Avengers:s: Infinityty Wara verskyn,veresskyn,y, wat in Mei uitgereik word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa