Huisgenoot

AAN DIE BEGIN

-

Die twee het verlief geraak terwyl hulle in 2010 saam in die romkom Wanderlust gespeel het.

Jen het vir vriende vertel sy het haar ridder op ’n wit perd gekry, hoewel hy vir haar “baie donker” is.

“Aan die begin kan jy dink hy’s ’n reeksmoord­enaar, maar hy’s eintlik die gaafste ou ter wêreld. Hy is snaaks en dis maklik om by hom te wees.”

Sy was destyds nog besig om ’n nuwe lewe te bou ná haar opspraakwe­kkende egskeiding van Brad Pitt. Sy het wel in daardie stadium al met die akteur Vince Vaughn en die sanger John Mayer uitgegaan, maar albei verhouding­s het ná omtrent ’n jaar doodgeloop.

Justin was in ’n lang verhouding met die haarstilis Heidi Bivens, wat hy gelos het nadat hy Jen ontmoet het.

In 2011 het hulle hul verhouding aan die groot klok gehang, ’n jaar later verloof geraak en in 2015 hul vriende verras met ’n kleinerige troue by hul huis in Los Angeles. Nou beweer die webtuiste TMZ hulle was nooit wettig getroud nie en dat daar in die distrik Los Angeles geen bewys is van hul huweliksli­sensie nie. Dit kan egter wees dat hulle in een van Kalifornië se 57 ander distrikte getroud is.

Terwyl hulle getroud was, kon hulle skaars uitgepraat raak oor mekaar. In ’n onderhoud met Women’s Wear Daily het Jen aangegaan oor hoe Justin se oë “elke dag my voete onder my uitslaan. Hy word net elke jaar beter.”

Hy het weer baie te sê gehad oor hoe snaaks en slim sy is en hoe mal hy daaroor is om getroud te wees.

“Die huwelik maak die klein dingetjies baie kleiner en die groot dinge klein,” het hy verlede jaar aan die tydskrif Rhapsody gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa