Huisgenoot

DIÉ WEEK SE WENRESEP

-

PYNAPPELWO­RTELKOEK PYNAPPELWO­RTE

Lewer 1 groot dubbellaag­koek Bereiding: 30 min. Bak: 40-50 min. KOEK 625 ml (2½ k) koek

meel 10 ml (2 t) bakpoeier 3,75 ml (¾ t) koeksoda 3,75 ml (¾ t) sout 6,25 ml (1¼ t) fyn

kaneel 2,5 ml (½ t) neut

muskaat 500 ml (2 k) suiker 250 ml (1 k) olie 4 groot eiers 100 g pekanneute 200 g vars pynappel 750 ml (3 k) fyn

gerasperde wortel 5 ml (1 t) fyngekapte

roosmaryn (opsioneel) VERSIERSEL 100 g bakmargari­en,

by kamertempe­ratuur 30 ml (2 e) natuurlike

roomkaas 350 g versiersui­ker,

gesif 5 ml (1 t) vanieljege­ursel 2,5 ml (½ t) fyngekapte

roosmaryn (opsioneel) vars blomme en kruie Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit twee 20 cm-losboompan­ne met kossproei.

1 Koek Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda, sout, kaneel en neutmuskaa­t saam in ’n mengbak.

2 Klits die suiker en olie saam, en voeg die eiers een-een by (klits goed ná elke byvoeging).

3 Plaas die neute en pynappel in ’n voedselver­werker en verwerk tot fyn.

4 Voeg dit saam met die wortel by die suiker-eiermengse­l en meng goed.

5 Vou die droë bestanddel­e en roosmaryn (as jy wil) in.

6 Verdeel die beslag tussen die panne. Bak 40-50 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. 7 Versiersel Klop die margarien met ’n elektriese klitser tot lig en romerig.

8 Voeg die roomkaas by en klits goed. Voeg die versiersui­ker en geursel by en klits tot die versiersel goed gemeng is. Voeg roosmaryn by as jy wil.

9 Laat die koeke goed afkoel en plaas in die vrieskas tot koud en stewig. Haal uit die panne.

10 Plaas een koek op ’n bord, smeer versiersel oor en plaas die ander koek bo-op. Smeer die versiersel op en om die koek. Skraap dit sodat die koek deurskyn. Versier met vars blomme en kruie. S

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa