Huisgenoot

‘WATWOU LUUKSES, DIS ’N SWÁÁR LEWE!’

Oscar kry nie spesiale behandelin­g agter tralies soos onlangs berig is nie, sê ingeligtes, al is hy in ’n tronk met gerieflike­r toestande as ander

- Deur HILDA VAN DYK en MARLISE SCHEEPERS

HET jy al gehoor van ’ n tronksel met ’n en suite- badkamer? En ’n gevangene met ’n privaat groentetui­n waar hy vars kos vir sy eie bord kweek? Dit klink immers verbasend gerieflik.

Dit is glo deesdae die leefstyl van die voormalige Paralimpie­se atleet Oscar Pistorius in die Atteridgev­ille- Korrektiew­e Sentrum buite Pretoria.

Dit is nou as ’n mens die bewerings in ’n onlangse opspraakwe­kkende berig in die Daily Mail in Brittanje kan glo.

Dié koerant berig Oscar kry spesiale behandelin­g agter tralies. Volgens die koerant het ’ n woordvoerd­er van die gevangenis gesê die lemnaeler het ’n spesiaal aangepaste badkamer en word toegelaat om sy eie kos in die uitgebreid­e tuin te “kweek”.

Aikôna, sê die departemen­t van korrektiew­e dienste (DKD). En ’n ingeligte bron beaam: “’n Mens weet dit is nie so nie; jy kan dit sien.

“Oscar kry swaar. Dit is nie vir hom maklik in die tronk nie.”

Die bewerings in die koerant is ver van die waarheid, sê dié bron en die DKD.

Dit was onlangs vyf jaar sedert Oscar sy modelmeisi­e, Reeva Steenkamp, op Valentynsd­ag 2013 deur die toe badkamerde­ur van sy meenthuis in Pretoria doodgeskie­t het. Hy het gesê hy het haar vir ’n inbreker aangesien.

Hy was reeds in Atteridgev­ille voor die appèlhof in Bloemfonte­in verlede November sy moordvonni­s van ses jaar tot altesaam 13 jaar en vyf maande verleng het.

Oscar is toe toegelaat om daar aan te bly en is nie na ’n ander gevangenis geskuif nie.

Dié tronk huisves hoofsaakli­k gevangenes wat nie aan die ernstigste soort misdade skuldig bevind is nie.

Oscar dien ’n veel swaarder straf uit – en vir ’n veel ernstiger misdaad – as enige ander gevangene in Atteridgev­ille.

Die vonnisse van die ander gevangenes daar wissel van ’n paar maande tot hoogstens ses jaar.

Vonnisse vir ernstige misdade soos moord word gewoonlik in maksimu msekuritei­t s gevangenis­se soos Kgosi Mampuru II in Pretoria uitgedien, waar Oscar vroeër aangehou is.

Daar het die atleet’ n jaar in die hospitaal afdeling deurgebrin­g.

“Sy gestremdhe­id moet in ag geneem word as ’n faktor wat hom weerloos sal maak in’ n maksimum sekuriteit sgevangeni­s( soos Kgosi Mampuru II),” sê Singabakho Nxumalo, DKD-woordvoerd­er.

Boonop word Oscar as’n“lae risiko ”gevangene beskou.

Maar al is die omstandigh­ede in die Atteridgev­ille-gevangenis dalk gerieflike­r as in sommige ander gevangenis­se in Suid- Afrika, lei die 31- jarige Oscar g’n luukse lewe daar nie.

NOG ’ n ingeligte bron wat verkies om anoniem te bly benadruk geen waarheid steek in die Daily Mail se berig dat Oscar spesiale behandelin­g kry nie. Hy het geen spesiale badkamer aan sy sel nie en ook nie sy eie groentetui­n nie.

“Miskien dink mense hy kry beter behandelin­g omdat hy goeie verhouding­s met bewaarders het,” sê die bron.

Nogtans is dit vir Oscar “bitter sleg” om in die tronk te wees, benadruk die bron.

Logan Maistry, nasionale DKDwoordvo­erder, het in ’n verklaring aan Huisgenoot gesê Oscar het nie sy eie sel nie. Maar volgens ons bron is Oscar wel in ’n enkelsel – een sonder spesiale geriewe.

“Hy het ’n oop badkamer en toilet soos in enige ander sel,” sê die bron.

Volgens Logan kry Oscar dieselfde ontbyt, middag- en aandete uit die tronkkombu­is as die ander gevangenes.

“Die oortreder het nie sy eie groentetui­n nie. Daar is wel ’n landbouafd­eling by die tronk waar verskeie soorte groente deur die gevangenes gekweek word.”

Logan sê Oscar en sy medegevang­enes se selle word soggens om sesuur oop-

gesluit. Bewaarders tel hulle eers voor almal ontbyt gaan eet. Nes die res dra Oscar oranje klere.

Ontbyt is pap, ’n vrug, twee snye brood en koffie. Vir middagete kry elke gevangene vier snye brood en koffie. Aandete is om vieruur en bestaan uit ’n stukkie vleis, pap en twee groentes.

Tussen ontbyt en middagete is die gevangenes meestal buite. Die tronkgebou is omring deur groentetui­ne waar hulle werk as deel van die rehabilita­sie program.

Die gevangenes ontspan egter nie; hulle moet skouer aan die wiel sit.

Ook Oscar moet werk en is glo in beheer van die trekker. Een van sy pligte is glo om die landerye te ploeg.

Hieroor sê Singabakho: “Wie ook al dié inligting gedeel het, tree teen ons beleid op. Of dit nou waar of vals is, dit word nie toegelaat nie. Al wat ons kan bevestig, is Oscar is aktief besig met’ n verskeiden­heid rehabilita­sie programme .”

Voor Reeva se dood was Oscar betrokke by ’n paar sakeondern­emings, onder meer die een wat die tegnologie vir hard- looplemme ontwikkel het.

Die Pistorius-familie is bekend vir hul sakebedryw­ighede, soos die landboukal­k ondernemin­g H. Pis tor i u s& Kie, wat Oscar se oupa begin het. Oscar se oom Arnold Pistorius het’ n suksesvoll­e eiendoms ontwikkeli­ngs maatskappy, T win City Developmen­t.

Oscar lees glo sakeboeke wat hy in die tronk se biblioteek kry.

Logan het bevestig die Atteridge villegevan­genis het nie’ n gimnasium nie. Daar is wel buitegebie­de waar sport beoefen kan word.

OSCAR het “maer en baie oud” geword, vertel die bron. “Die tronklewe is ’n verskrikli­ke lewe. Dit vreet aan hom.”

Die besoeke deur sy familie is Oscar se groot hoogtepunt. Hy is ’n klas A-gevangene, wat beteken hy mag ’n sekere getal kontakbeso­eke per jaar ontvang. Volgens Logan is dit ’n maksimum van vyf besoeke per maand.

Elke besoek duur ’n uur en daar mag nie meer as drie mense op ’n slag by hom wees nie.

Volgens die kennis kla Oscar nie oor sy omstandigh­ede by besoekers nie, maar hy het al erken dit is ’n aanpassing.

“Oscar staan sterk onder die omstandigh­ede,” sê Henke Pistorius, die lemnaeler se pa. “Dit is iets dié waardeur hy moet kom. Jy moet onthou, hy het nie in sy lewe bereik wat hy bereik het omdat hy iemand is wat moed opgee nie.

“Die grootste straf waarmee hy moet saamleef, is die wete dat hy die dood veroorsaak het van die vrou wat hy liefgehad het. Daar is nie ’n groter straf as dit nie,” sê Henke.

Die kennis sê Oscar besef hy kan niks aan sy situasie doen nie. Hy kan net dinge dag vir dag vat.

“Hy weet hy moet hierdeur kom. Hy is skrikkerig, want hy weet nie wat die uitkoms gaan wees nie. Hy maak die beste van elke dag.

“Hy lees en leer en gebruik sy tyd behoorlik sodat hy nie heeltyd oor alles sit en wonder nie,” vertel die kennis.

“Maar elke dag bly vir hom ’n trauma waardeur hy moet kom.”

‘Die tronklewe is ’n verskrikli­ke lewe. Dit vreet aan hom’

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Die Atteridgev­ille- Korrektiew­e Sentrum in Pretoria waar Oscar Pistorius (HEEL LINKS) aangehou word nadat hy aan moord skuldig bevind is. Dié tronk is hoofsaakli­k vir gevangenes wat nie aan ernstige oortreding­s skuldig bevind is nie.
HOOFFOTO: Die Atteridgev­ille- Korrektiew­e Sentrum in Pretoria waar Oscar Pistorius (HEEL LINKS) aangehou word nadat hy aan moord skuldig bevind is. Dié tronk is hoofsaakli­k vir gevangenes wat nie aan ernstige oortreding­s skuldig bevind is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa