Huisgenoot

G’N RUS NÁ MY KIND SE DOOD

Elf jaar ná die grusame moord op haar dogter is die moordenaar­s nog op vrye voet – maar dalk is daar nou hoop

- Deur JANA VAN DER MERWE

MET haar blonde hare en lang bene lyk die pragtige jong vrou op die geraamde foto soos ’n model. Maar dis nie wat die 63-jarige Alice Polley sien wanneer sy na die foto kyk nie.

Wat in haar geestesoog opdoem, is die verskrikli­ke beeld van haar dogter se lyk wat in die bad van hul woonstel dryf, die water rooi van haar bloed.

Dit is nou al 11 jaar dat daardie gruweltone­el by Alice spook, 11 jaar waarin dié finansiële beampte van Kempton Park nie berusting in haar hart en gemoed kan kry nie. Want haar enigste dogter, Lizel, se moord is nog onopgelos, nes dié van die Pretoriase blondekopt­iener Anika Smit, wie se hande afgekap is nadat sy in 2010 vermoor is, en die Matie-student Inge Lotz, wat in 2005 vermoor is.

En net soos in dié twee opspraakwe­kkende moorde is daar ook aanduiding­s dat die 21-jarige Lizel moontlik haar moordenaar geken het.

“Hoe moet ek afsluiting kry terwyl ge- eregtighei­d nie geskied het nie en haar r moordenaar­s nog daar buite op vrye e voet is? Ek voel bitter. Ek vra myself: Wie e moet ek haat? Wie moet ek vergewe? ? Hoe ouer ek word, hoe meer verlang ek k na haar. Sy was my alles,” sê Alice.

Ons gesels in die woonstel wat sy die e afgelope ses jaar met haar vriend deel. Sy kon bloot nie langer aanbly in die woonstel waar Lizel gesterf het nie, maar ook hier is oral herinnerin­gs aan haar dogter.

Teen een muur hang ’n kleurryke versamelin­g van Alice se handgemaak­te droomvange­rs – hoepels met vere bedek wat glo mooi drome in ’n web vasvang. Kuns help haar met genesing en om met die werklikhei­d saam te leef. Haar dogter, wie se drome op die dag van haar moord, 18 Januarie 2007, kortgeknip is, het mooi drome gekoester.

“Lizel het alles in haar dagboek neergeskry­f,” vertel Alice. “In die ure voor haar dood het sy geskryf sy is so opgewonde oor haar nuwe kêrel wat kom kuier. Sy het daarvan gedroom om naam te maak as model en skoon- heidsterap­ie te gaan studeer.”

Op nog ’n geraamde foto sit Lizel styf en ooglopend gelukkig teen ’n jong man, die kêrel van ’n paar maande wat sy op vakansie in Kaapstad ontmoet het. Hy sou die dag ná haar dood van Kaapstad na Johannesbu­rg gevlieg het om vir haar te kom kuier.

Tog was Alice die dag van die moord onrustig. Op ’n kol het sy van haar werkplek af een van die inwoners, wat soos sy ’n woonstel in die woonstelbl­ok besit en wat sy goed geken het, gebel en gevra om te gaan loer of Lizel oukei is. Toe sy die vrou weer bel, het dié net gesê sy moet huis toe kom.

By die woonstel was die voordeur wawyd oop. Die mede-inwoner het dit met haar aankoms op ’n skreef oop aan-

getref, met die sleutels aan die binnekant, binne-in die veiligheid­shek. In die kombuis het ’n koppie koffie en twee byna leë koppies tee gestaan, asof daar kort tevore nog gemoedelik gekuier is. Toe stap Alice die badkamer binne en sien haar dogter in die bad vol bloedwater dryf.

“Ek het vir Lizel gesê: ‘Kom nou, moenie met mamma speel nie,’ ” vertel Alice in ’n saaklike stemtoon. Sy het haar dogter se nat, bloedbevle­kte blonde lokke uit haar gesig gevee en Lizel se oop oë het leweloos uit haar verminkte gesig na haar teruggesta­ar.

’n Oomblik lank is alles stil. Ná soveel jare voel sy emosioneel afgestomp, sê Alice. Maar sy is bitter oor wat sy die polisie se “geknoei” noem en sal nie kan rus voor haar kind se moordenaar­s aangekeer en gestraf is nie.

Voor haar is ’ n stapel lêers wat die vrugte van Alice se eie speurwerk bevat. Sy glo die inligting daarin sal help om die moordenaar­s vas te trek. Alice het dit aan die polisie oorhandig. Ná al die jare het egter nog niks van die polisie se ondersoek gekom nie.

Maar dit kan dalk nou oplaas verander. Die Gautengse polisiewoo­rdvoerder kol. Lungelo Dlamini het by navraag gesê: “Die polisiedos­sier is na die nasionale vervolging­sgesag verwys om te bepaal of ’n geregtelik­e ondersoek in die hof gehou gaan word.”

Tydens so ’n ondersoek sal die hof, soos in die geval van die Anika Smitmoord, mense laat getuig om te probeer vasstel wie ’n verdagte of verdagtes behoort te wees met die oog op moontlike vervolging. Lungelo het voorts bevestig die polisie het nog geen verdagtes in Lizel se moordsaak nie.

Alice glo sy weet wie dit was en dat haar dogter die woonstelde­ur vir haar moordenaar­s oopgemaak het omdat sy hulle geken het.

LIZEL was net 15 jaar oud toe sy die skool verlaat, vertel Alice. “Sy is baie afgeknou omdat sy nie ’n betrokke pa gehad het nie.”

Haar droom was om model te word en sy was dikwels op die stel van sepies soos 7de Laan en Binnelande­rs as ekstra en het selfs ’n rolletjie as kelnerin in die sepie Scandal! gehad.

Lizel sou die dag van haar dood na ’n klereontwe­rper gegaan het vir ’n fotosessie. Alice onthou haar dogter se wuif uit die bed is daardie oggend vergesel deur ’n ernstiger “tot siens, ma”, eerder as die gewone, vrolike “baai!”

Toe ’n vriendin Lizel later die oggend wou kom oplaai vir die fotosessie, het sy nie haar foon geantwoord nie.

Alice het haar ook oudergewoo­nte deur die dag gebel, maar kon haar nie in die hande kry nie. Dis toe dat sy bekommerd raak en die woonstelei­enaar bel. En toe sy die eienaar weer bel, was dié se eerste vraag watter ander familieled­e sy solank namens Alice kon bel.

Alice was voor die polisie op die toneel. Een van die eerste dinge wat sy opgemerk het, vertel sy, is dat die voordeur nie oopgebreek gebreek was nie.

Sy glo haar dogter het die moordenaar­s binnegelaa­t, nnegelaat, en die koppie koffie, waarvan n ’n bietjie gedrink was, was haar dogter s’n. n. Die twee koppies tee was byna klaar gedrink, edrink, vermoedeli­k deur haar moordenaar­s. naars.

Lizel het ’n grusame dood gesterf, vertel Alice. ce. Haar gesig, neus en kakebeen is met ’n swaar r voorwerp vergruis. Haar aar sleutelbee­n was gebreek en haar voortande is uit haar mond getrek. Alice het later die tande in die woonstel opgetel waar die polisie dit volgens haar agtergelaa­t het.

Volgens haar het die polisie destyds ook vertel Lizel is met ’n stomp voorwerp seksueel aangerand. Haar kneukels was blou soos sy klaarblykl­ik om haar lewe probeer veg het. Sy is eindelik met iets soos ’n gordel verwurg en in die bad water gelos.

Net L i z else selfoon en identiteit sboekie is uit die woonstel gesteel.

IN HAAR eie “dossier” wys Alice die vinger na twee mans wat sy as moontlike verdagtes beskou en stip sy uit waarom sy hulle verdink. Hierdie inligting kan moontlik in die geregtelik­e ondersoek ter sprake kom. Alice is bitter omdat sy voel die polisie op die toneel ve verbrou het. Volgens haar het hulle nie op al die belangrike plekke vingerafdr­ukke gesoek nie en boonop Lizel se tande agtergelaa­t. ag

“Die toneel wa was ’n sirkus,” sê sy bitter. “Ek het so hard geword. Ek kan nie vir enigiemand sê hoe ek regtig voel nie. Eendag is ek oukei ou en die volgende dag nie. Vandag voel ek ek het niks meer om voor te leef nie. ni

“Ek kan my nie indink wat my dogter moes deurmaak deur nie,” sê Alice. “Ek weet nie n eens wat ek vir die moordenaar­s moordenaa sal sê as ek hulle in die oë kyk nie. Eers op die dag dat geregtighe­id geskied, g sal ek van hulle verlos wee wees.” Kol. Lungelo Dlamini wou nie reag reageer op enige van Alice se bewerings bewe oor die hantering van die moordtonee­l nie.

 ??  ?? HOOFFOTO: O: Alice Polley y van Kempton on Park is gebroke ná die e moord op haar dogter, r, Lizel (REGS), S), 11 jaar gele- de. Niemand nd is nog in verband met et die moord in hegtenis geneem nie. e.
HOOFFOTO: O: Alice Polley y van Kempton on Park is gebroke ná die e moord op haar dogter, r, Lizel (REGS), S), 11 jaar gele- de. Niemand nd is nog in verband met et die moord in hegtenis geneem nie. e.
 ??  ?? LINKS: Alice het deur die jare haar eie ondersoek gedoen en die inligting aan die polisie gegee, maar tot dusver was alles vergeefs. NAASLINKS: Alice en Lizel was baie geheg aan mekaar.
LINKS: Alice het deur die jare haar eie ondersoek gedoen en die inligting aan die polisie gegee, maar tot dusver was alles vergeefs. NAASLINKS: Alice en Lizel was baie geheg aan mekaar.
 ??  ?? Lizel hett drome gekoestert­er om naam tee maak as modelel en eendag ’n skoonheids­eidsterape­utt te word.
Lizel hett drome gekoestert­er om naam tee maak as modelel en eendag ’n skoonheids­eidsterape­utt te word.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa