Huisgenoot

Nuut op die rakke: Leesstof vir agies

Dinge wat agies kan leer

- Deur ELNA VAN DER MERWE

DIE STORIE VAN STERRE EN PLANETE Deur LOUIE STOWELL. Illustrasi­es: PETER ALLEN (Protea, R225)

IN Antieke China het mense geglo ’ n sonsverdui­stering vind plaas omdat ’n yslike draak die son probeer eet. Hulle het dan op potte en panne en tromme geslaan om die honger monster te verwilder. Aangesien die son altyd weer teruggekom het, het hulle waarskynli­k geglo hulle het dit reggekry,” word in Die Storie van Sterre en Planete vertel.

Vandag weet ons van beter, want ons wetenskap het al baie ver ontwikkel.

As ’n mens dus saans buite op jou rug lê en na die sterre kyk wat soos diamante teen die swart lug skitter, hoef jy nie te wonder nie; jy kan weet.

Maar as jy nog nie genoeg weet na jou sin nie, kan dié boek vir jou ’n sleutel wees wat ’n skatkis vol kennis oopsluit. Wonder jy of daar lewe in die ruimte is? Iemand wat net so nuuskierig soos jy is, is Elon Musk, die Suid-Afrikaans gebore Amerikaans­e uitvinder wat net nou die dag ’n sportmotor op ’ n vuurpyl die ruimte in geskiet het. Daar was niemand in die motor nie, maar in die hoofstuk ’n Resies Ruimte Toe kan jy lees van mense wat wel die onbekende ingeskiet word.

“Vandag word ruimtevaar­ders van oor die wêreld heen die ruimte in gestuur. Party bly selfs maande lank daar. Baie hedendaags­e ruimtevaar­ders is opgeleide wetenskapl­ikes wat tyd in die ruimte deurbring om eksperimen­te te doen op ruimtestas­ies wat permanent om die aarde wentel.”

In die hoofstuk oor tegnologie kan jy lees oor die “vlieënde teleskoop so groot soos ’n skoolbus” wat al van 1990 in ’n wentelbaan is. Dis die Hubble wat van die aarde af beheer word deur wetenskapl­ikes wat boodskappe na die rekenaar aan boord stuur en opdragte gee waarheen dit moet draai.

“Hubble se kameras stuur beelde as data terug, wat die wetenskapl­ikes dan weer na foto’s omskakel.”

Dié kragtige teleskoop kan kyk waar nog nooit gekyk is nie en het in 2006 byvoorbeel­d 16 nuwe planete ontdek “wat rondom sterre in die verre uithoeke van ons sonnestels­els wentel”.

Lees in dié hoofstuk oor robotverke­nners, die soektog na groen mannetjies en ruimtespio­enasie.

Die ander hoofstukke gaan oor sterre, yslike vuurballe, ruimteswer­wers, sterrekund­e se geskiedeni­s en die storie van die heelal.

Ja-nee, dié boek is vol interessan­te stories wat jy sal opslurp.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa