Huisgenoot

JUAN BOUCHER

- liedjiemak­er, jakkalsjag­ter en kampioenbr­aaier

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

Hy het ’n nuwe album uit, is ’n kranige jakkalsjag­ter en braai dalk te veel, sê dié sanger

Vertel ons meer oor jou nuwe album, Onthou Jy om Jonk’.

Ek het drie weke lank in die natuur rondgeloop om my woorde uit die stilte rondom my te ontvang. Die titelsnit is op ’n strand op Mosselbaai geskryf. Ek het lank gebid om dié liedjie te skep. Die Karoovlakt­es op Jan Rhaap (wat Huisie in die Bos saam met Juan sing) se familiepla­as in Niekerksho­op, NoordKaap) bied ook inspirasie vir my skryfwerk. Elke liedjie op die album is spesiaal, want ek skryf nooit iets net om die album te vul nie. Elkeen het ’n doel en is ’n skakel in die voltooide ketting.

Hoe het jou musiekloop­baan begin?

Deur vir familie en vriende om die braaivleis­vuur te sing. Ek het ook hier in Vereenigin­g van kroeg tot kroeg gegaan. Die mense om elke tafel kon dan ’n liedjie kies wat ek vir hulle sou sing. Toe hoor Vonk-musiek in 2009 van my en ek kry ’n platekontr­ak. Nou is dit al ses albums later.

Jy is ook ’n jakkalsjag­ter?

Ek kom uit ’n familie van jagters; daarom is jag deel van my lewe. Ons bring nooit tyd deur in slaghuise nie, maar skiet en verwerk ons eie vleis. Met die jakkalsjag is ek deel van ’n groep wat jakkalse op plase help uitdun.

Wat was jou hoogtepunt van 2017?

Ek het in April verloof geraak aan Jaenette Jacobs, ’n model en bemarkings­beplanner by Vision for Change. Ons het mekaar ’n paar jaar gelede by een van my konserte raakgeloop. Die nuwe album is ook ’n hoogtepunt.

Jy is glo ’n kampioenbr­aaier. Vertel meer.

Dit is so. My geheim is om net met hout te braai. Ek koop nooit hout nie, maar oral waar ek in die land op ’n boom afkom wat omgeval het, sal ek die hout kap en in my bakkie laai. Ek en my groep braai ook elke aand ná ’n optrede. Wanneer ons by ’n gastehuis plek bespreek, is ons eerste vraag of hulle ’n braai het. Dalk braai ek te veel . . .

Wat hou 2018 in?

Baie vertonings landwyd en ’n DVDopname voor ’n gehoor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa