Huisgenoot

Topflieks op die kassie

-

M-NET A KIND OF MURDER

Misdaad. ’n Boekwinkel­eienaar se vrou word vermoor en die vinger wys na haar man. ’n Suksesvoll­e argitek wat ook speurverha­le skryf, raak gefassinee­rd met die moord en begin self speurder speel. Dinge begin lol toe hy by nog ’n moord betrek word. Hy is boonop ongelukkig getroud en sy oog begin dwaal. Patrick Wilson en Jessica Biel (foto). SATERDAG 3 MAART 21:00 2016, 95 MIN, 16G

E.TV KITE

Aksie. Dié aksiefliek wat in SuidAfrika verfilm is, is gegrond op ’n Japannese anime van 1998 met Yasuomi Umetsu as die skrywer en regisseur. ’n Meisie wie se ouers vermoor is toe sy 12 jaar oud was, besluit ses jaar later om met die hulp van haar pa se oudpolisie­spanmaat hul moordenaar­s te probeer opspoor. India Eisley en Samuel L. Jackson (foto). SATERDAG 3 MAART 21:55 2014, 90 MIN, 16G

M-NET NINE LIVES

Komedie. ’n Biljoenêrs­akeman is so verslaaf aan sy werk dat hy min tyd saam met sy gesin kan of wil deurbring. Hy besluit om vir sy dogter ’n kat vir haar 11de verjaardag te koop, maar dan word hy in dié troeteldie­r se liggaam vasgevang. Hy moet binne ’n week sy lewe regruk en besluit wat werklik vir hom belangrik is. Kevin Spacey en Jennifer Garner (foto). SONDAG 4 MAART 13:30 2016, 87 MIN, O

M-NET PIRATES OF THE CARIBBEAN: DEAD MEN TELL NO TALES

Avontuur. Die arme kapt. Jack Sparrow kry steeds die wind van voor. Spookmatro­se en sy ou aartsvyand, die bose kapt. Salazar, saai amok. Al hoop op oorlewing is om die drietandvu­rk van die seegod Poseidon te vind. Daarvoor het Jack die hulp van ’n sterrekund­ige en ’n hardkoppig­e jong Britse vlootman nodig. Johnny Depp (foto) en Javier Bardem. SONDAG 4 MAART 20:30 2017, 129 MIN, 013G

M-NET DARKLAND

Aksie. Dié misdaadpre­nt uit Denemarke handel oor ’n suksesvoll­e chirurg wat sy jonger broer weens ’n bendeverwa­nte misdaad aan die dood afstaan. Hy laat sy werk staan en gebruik eie reg as ’n gemaskerde vigilante om sy broer se moordenaar­s vas te trek. Maar sy optrede hou ernstige gevolge vir hom en sy gesin in. Dar Salim (foto) en Stine Fischer Christense­n. SONDAG 4 MAART 23:20 2017, 112 MIN, 16GT

E.TV THE CONFESSION

Drama. Dié fliek is gegrond op die boek van die New York Times-topverkope­rskrywer Beverly Lewis. Dit vertel die verhaal van Katie Lapp, ’n jong Amiese vrou wat op ’n reis van selfonders­oek gaan om herenig te word met haar ma, wat haar 20 jaar vroeër weggegee het vir aanneming. Maar voor dit kan gebeur, moet sy ’n raaisel oplos. Katie Leclerc (foto), Steve Boles, Ray Collins en Al Curl. MAANDAG 5 MAART 22:30 & 01:35 2013, 89 MIN, 16GT

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa