Huisgenoot

Three Billboards ’n ontroerend­e fliek

- Deur COLIN HENDRICKS

Misdaaddra­ma. Met Frances McDormand, Woody Harrelson, Sam Rockwell en Peter Dinklage. Regisseur: Martin McDonagh. Begin op 23 Februarie. 16TVG.

Waaroor gaan dit?

Dit is ’n fliek oor verlies en die tragiese gevolge daarvan. McDormand vertolk die rol van ’n gedrewe ma, Mildred Hayes, wat haar bes doen om haar tienerdogt­er se moordenaar­s vas te trek.

Sewe maande ná haar kind se dood rig sy drie omstrede advertensi­eborde op om inwoners te laat weet dat die polisie, en veral die polisiehoo­f, Bill Willoughby (Harrelson), nog niks gedoen het om haar dogter se moord- saak op te los nie. Sy weier om dit te aanvaar r en kom soms harteloos voor in haar strewe om m geregtighe­id te laat geskied.

Emosionele wipwarit

Die rassisme, korrupsie en die polisie se swak k hantering van ernstige sake maak ’n mens s woedend. En soms maak Mildred se hard- koppigheid jou ook wrokkig teenoor haar.

Almal weet van haar hartseer weens die moord op haar dogter, Angela ( Kathryn Newton), maar sy vervreem haar van die polisie, kerk en gemeenskap. Sy gee nie om wie in die proses seerkry nie. Selfs haar seun, Robbie (Lucas Hedges), voel verneder deur die drie advertensi­eborde en haar genadelose soektog na regverdigh­eid. Hy raak depressief.

Die spel

McDormand verdien die Golden Globe vir beste aktrise in ’n dramaprent wat sy onlangs vir dié rol losgeslaan het. Hoewel haar karakter soms koud voorkom, behou sy steeds die menslikhei­d van Mildred. Sy laat ’n mens besef omstandigh­ede het haar gedryf tot die dinge wat volg nadat die drie advertensi­eborde opgerig is. McDormand se spel sal jou lank bybly. Sy is koud, ernstig en kwaad en beeld dit baie goed uit.

Harrelson stap hier uit sy gewone komiese fliekrolle en pak dié rol met erns en diepte aan. Hy verander soms oombliklik van bad

cop na good cop en later ’n tragiese een. Die fliek is ’n sterk, emosiebela­aide en roerende drama oor ’n ma wat eintlik net na ’n bietjie hoop smag.

 ??  ??
 ??  ?? Frances McDormand in ’n toneel uit die bekroonde drama Three Billboards outside Ebbing, Missouri.
Frances McDormand in ’n toneel uit die bekroonde drama Three Billboards outside Ebbing, Missouri.
 ??  ?? LINKS: Woody Harrelson en McDormand in die fliek. REGS: Gary Oldman in Darkest Hour.
LINKS: Woody Harrelson en McDormand in die fliek. REGS: Gary Oldman in Darkest Hour.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa