Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, -kode en rekeningno­mmer).

IN DIE KOL

Dokter: “Mevrou, u hoef glad nie bekommerd te wees nie. Met so ’n hart kan u 80 word.” Pasiënt: “Maar ek is al 80, dokter.” Dokter: “Sien u? Wat het ek gesê!” DENISE, PRETORIA

BOER VOORUIT

Koos loop ’n ou vriend raak. “Boer jy nog?” vra die vriend.

“Nee, ek het nou ’n besigheid,” sê Koos. “Ek koop en verkoop hamers. Ek koop ’n hamer vir R50 en dan verkoop ek dit weer vir R45 aan die boere.”

“Maar dan verloor jy R5 op elke hamer en maak geen wins nie,” sê die vriend verbaas.

“Dis reg, ja, maar dis steeds winsgewend­er as om te boer.” L. SAAYMAN, SABIE

GEGROET

Vriendinne groet mekaar deesdae nie meer ná ’n kuier met “geniet jou dag” nie.

Die nuwe groet is: “Beloof om vir niemand te vertel nie, hoor!” KASOEPIE Pasiënt: “Dokter, ek het ’n groot probleem. Mense ignoreer my altyd.”

Dokter: “Volgende, asseblief.” A. KRUGER, BENONI

NET BETYDS

Dis partytjiet­yd en party manne het klaar ’n paar baie laat nagte agter die rug. Toe kom die een ou vyfuur die oggend by die huis aangestrom­pel.

“Vir wat kom jy dié tyd van die nag in so ’n toestand hier aan?” wil sy vrou weet.

“Vir ontbyt,” antwoord die ou so ewe. LEON KRUGER

BEROEMDE VOORSAAT

Jannie en Sannie gaan vir die eerste keer uit. Sy wil graag alles oor hom uitvind. “Was daar iemand in jou voorgeslag­te wat beroemd was?”

“Natuurlik,” spog Jannie, en in ’n poging om haar te beïndruk vertel hy : “My een voorvader was die grootste admiraal van sy tyd. Hy was destyds in bevel van die verenigde vloot van die hele, wye wêreld.” “En wie was hy nogal?” vra Sannie skepties. “Noag,” antwoord Jannie. LITA SCHOON

SLEGTE RAPPORT

Pa: “Hoekom vaar jy so sleg in geskiedeni­s, seun?”

Seun: “Want die onderwyser hou my aan oor goed uitvra wat gebeur het nog lank voor ek gebore is!” L. SAAYMAN, SABIE

SLIM OF WYS?

V: Wat is die verskil tussen intelligen­sie en wysheid?

A: Intelligen­sie is wanneer jy die swak punte in jou baas se argument raaksien en wysheid wanneer jy daaroor stilbly. F.H. HORNE, HARTENBOS

AANDJIE UIT

’n Weduwee van 85 gaan op ’n toe-oë-afspraak met ’n 90-jarige man.

Toe sy later die aand by haar dogter se huis aankom, lyk sy glad nie gelukkig nie. “Wat het gebeur, ma?” vra die dogter. “Ek moes die ou fossiel drie keer deur die gesig klap!” “Nooit. Wou hy kanse vat met ma?” “Nee, ek dog hy’s dood.” LOUISE NOETH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa