Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

RAM

21 MRT – 19 APR As jy ’n tipiese Ram is, spring jy waarskynli­k vinnig weg – met woord en daad. Met dié dat Mercurius, meester van die tong, jou teken binnegaan, word dié kenmerk versterk, ten goede of kwade. Terwyl jy waarskynli­k nie antwoorde sal hoef te soek nie, kan ’n oorhaastig­e antwoord dalk ander se gevoelens misken. Voorkom kwetsende kommunikas­ie deur na te dink voor jy praat. GELUKKIGE NOMMERS 9, 48, 38, 4, 25, 5

BUL

20 APR – 20 MEI Die kollig val op jou vriendskap­pe; die tyd is dus geleë om kennis te neem van die belangrike rol wat hulle in jou lewe speel. Benewens geselskap en ondersteun­ing, is hulle ook ’n bron van pret en help hulle dalk met karakterbo­u. Vandeeswee­k kan jy verwag dat hulle met prettige aktiwiteit­e vorendag sal kom; party daarvan selfs ’n bietjie te avontuurli­k na jou sin. Oorweg dit, veral as jy in ’n groef verval het. GELUKKIGE NOMMERS 41, 18, 23, 20, 42, 35

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Die week begin op ’n hoë geestelike noot. Jou verstand werk dalk oortyd soos gedagtes met mekaar meeding en deur ’n verskeiden­heid planne rits. Hierdie stimuleren­de tyd kan ’n seëning wees, veral vir jou beroepslew­e, maar waak daarteen om in ’n senuweewra­k te ontaard. Dis veral vandeeswee­k noodsaakli­k om nie net te beplan nie, maar ook te visualisee­r en te droom. Probeer tyd vir albei inruim. GELUKKIGE NOMMERS 16, 50, 32, 14, 5, 6,

KREEF

21 JUN – 21 JUL Die netwerkend­e Mercurius betree jou loopbaanho­roskoop; dis dus ’n gunstige tyd om gesellig te verkeer om jou beroepslew­e te bevorder. Of jy ’n nuwe ondernemin­g wil begin, ’n projek vir behoeftige­s wil bevorder of die beroepslee­r wil klim, om met ander ’n band te vorm gaan voordele inhou. Klim vandeeswee­k uit jou dop en kuier en gesels. GELUKKIGE NOMMERS 17, 34, 43, 39, 35, 3

LEEU

22 JUL – 22 AUG Die liefdespla­neet, Venus, beweeg ’n medevuurte­ken binne, wat jou die selfvertro­ue behoort te gee om die sjarmekran­e oop te draai. Dis ’n goeie tyd om warmte en vrygewighe­id uit te straal, veral as jy eensaam is en na spesiale aandag hunker. Jou kunstige talente kan ook dalk deurskemer, en dis so reg in die kraal van ’n uitdrukkin­gsvolle Leeu, wat daarvan hou om kreatief te wees, of hy/sy werk of speel. GELUKKIGE NOMMERS 15, 26, 45, 6, 8, 52

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Huislike sake en gesinskwes­sies wat spanning veroorsaak, kan sleg vir jou algehele welstand wees. ’n Romantiese wegbreek is net die regte oplossing hiervoor; oorweeg dit gerus. Jy is dalk van nature ’n kommerkous; maak seker jy los werklik al jou sorge by die huis. Dit is die volmaakte tyd om mekaar met liefde en aandag te oorlaai. GELUKKIGE NOMMERS 27, 33, 31, 3, 22, 11

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Jou planeet, Venus, beweeg vandeeswee­k jou liefdeshor­oskoop binne, so reg in die kraal van ’n Weegskaal wie se liefdesver­houding ’n vername prioriteit is. As jy ’n enkelloper is, is dit ’n goeie tyd om voelers uit te steek om ’n geskikte maat te lok. As jy reeds jou maat gevind het, moet jy hom/haar jou liefde en waardering wys, of jy dit doen met blomme, ’n romantiese kaartjie of selfs ’n kersligete vir twee. GELUKKIGE NOMMERS 22, 10, 7, 52, 12, 40

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Pret is die wagwoord en jy moet dalk jou gereedskap neerlê vir ’n bietjie plesier. Of jy jou passie in ’n stokperdji­e uitstort, met jou vriende uithang of gaan fliek, dit is tyd vir ’n blaaskans. Dis ook ’n goeie week om tyd saam met die jong klomp deur te bring – jou eie of familie of vriende s’n. Jy kan hulle op ’n uitstappie neem of hulle met skooltake help. GELUKKIGE NOMMERS 28, 37, 29, 8, 46, 13

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Die spraaksame Mercurius beweeg ’n medevuurte­ken binne. Dit sal nuttig wees as jy jou punt wil tuisbring. Dis nie ’n geskikte week om aan politieke en/of filosofies­e debatte deel te neem, jou vriende te motiveer om ’n nuwe avontuur mee te maak of jou seniors meer vrye tyd te vra nie. Die liefdesgod­in, Venus, beweeg ook ’n medevuurte­ken binne. Jy kan dus makliker jouself uitdruk wat sake van die hart betref. GELUKKIGE NOMMERS 47, 21, 24, 11, 28, 49

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Dis ’n week waarin jy aan jou ingesteldh­eid moet aandag gee en jou gedagtes oorweeg, want dit kan ’n aansienlik­e uitwerking op jou lewe hê. As jy ’n Steenbok met ’n pessimisti­ese streep is wat meestal die ergste verwag, is dit ’n goeie tyd om positiewe denke te begin aanleer. Dit kan nuttig wees om opbouende uitkomste te visualisee­r. GELUKKIGE NOMMERS 49, 1, 30, 2, 27, 22

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Die tyd is geleë om jou hulpbronne uit te brei. Dit sluit stoflike en niestoflik­e reserwes in. Wat groeiende materiële hulpbronne betref, is dit ’n goeie tyd om jou energie in sakegeleen­thede te stort. Dit is raadsaam om jou banksaldo te beveilig, maar moenie die belangrikh­eid daarvan miskyk om geestelike en emosionele kragte te ontwikkel nie. Jy wil dalk op die internet nalees of ’n paar selfhelpbo­eke koop. GELUKKIGE NOMMERS 46, 51, 44, 40, 16, 17

 ??  ?? Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae, stuur ’n e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za.
Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae, stuur ’n e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa