Huisgenoot

Andrew Andre Sutton se album albu op pad

Op 16 sing hy die land aan die brand! Dié tienersens­asie van Durban sing al vandat hy ses was en het selfs sy eie shoX-luidspreke­rs met sy naam, Andrew Sutton, daarop. Ná One More Chance se sukses werk hy aan ’n album

-

Beskryf jou musiek. Dit is prettig! Ek het nog altyd van popmusiek gehou. Wie is jou musiekinsp­irasie? Michael Jackson. Sy passie vir goeie musiek en die standaard van sy optredes is sonder weerga. Ek hou ook van Bruno Mars en Ed Sheeran. Luister jy na jou eie musiek?

Ek geniet dit, maar dit is ’n bietjie vreemd om jou eie stem te hoor. Wat is jou gunsteling­skoolvak aan die seunskool Northwood in Durban? Hulle het ’n fantasties­e musiekprog­ram. Ek is baie gelukkig. Hoe behandel die leerders jou noudat jy ’n popster is? Gelukkig het niemand verander nie. Ek is steeds Andy vir hulle. Soms sal ’n seun ’n foto of handtekeni­ng of video kom vra om vir ’n vriend of familielid te stuur wat my musiek geniet. Hoe balanseer jy skoolwerk en jou musiekloop­baan? Ek bring my kant om my punte hoog te hou, maar verkies om liewer ’n kitaar op te tel as om my huiswerk te doen. Enige vreemde aanhangers? ’n Meisie het my gevra om haar ’n volsoen op ’n foto te gee, maar ek het nee gesê. My meisie sou nie daarvan gehou het nie. Ha-ha! Hoe lyk jou tipiese dag?

Gaan skool toe. Oefen musiek of werk aan ’n liedjie. Gaan huis toe. Eet en doen huis-

werk, en skryf en vervaardig liedjies tot ek moeg is. Dit is as ek nie daardie dag sport het nie. Jou verlengde album kom binnekort uit. Waarna kan aanhangers uitsien? Ek werk saam met ’n hele paar talentvoll­e kunstenaar­s daaraan. Ek is baie opgewonde en bevoorreg. Ek sing ’n nuwe liedjie saam met die groep Locnville. Hulle is baie talentvol. Ons het baie pret gehad toe ons dit opneem. Wie skryf jou liedjies?

My bestuurder en lid van die musiekgroe­p Gangs of Ballet, Brad Klynsmith, het die nuwe liedjies geskryf. Toe ek ses jaar oud was, het ek my eerste liedjie, Move Out of My Way, geskryf. Ek het dit steeds op die papier waarop ek dit geskryf het. Dis nie ’n goeie liedjie nie, maar dis cool om dit te hê. Hoe voel dit om jou naam op ’n stel shoX-luidspreke­rs te hê? Ek was altyd ’n groot aanhanger van shoX. Dit is ongeloofli­k om my naam op so ’n groot handelsmer­k te hê. Is jy die enigste musikant in die familie?

My suster Julia (12) het ’n goeie stem, maar die res van my gesin nie. Ha-ha! Julia hou ook van musiek en is ’n baie goeie danseres. My ouer suster, Jenna (19), is ’n puik danseres en was onlangs in New York saam met haar dansatelje­e. My ma, Sandy (53), se oom Lance James is ’n Afrikaanse countrysan­ger.

 ??  ??
 ??  ?? Deur COLIN HENDRICKS
Deur COLIN HENDRICKS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa