Huisgenoot

Wenners maak nou saam musiek

HY IS DIE WENNER VAN THE VOICE SA EN SY VAN IDOLS SA. EN NOU WEN HULLE SAAM-SAAM ONS HART

-

DIE wenners van twee van Suid-Afrika se grootste sangkompet­isies het nou ’n duet uitgereik.

Craig Lucas, 2017 se wenner van The Voice South Africa, en Paxton Fielies, 2017 se Idols SA-wenner, se liedjie, Smother, boer deesdae op die radiostasi­es.

Smother was een van Craig, wat koning gekraai het in die tweede seisoen van The Voice SA, se liedjies op sy debuutalbu­m, Restless. Hy het besluit om dit weer op te neem saam met die pragtige Paxton, wat die 13de Idolswenne­r is.

Sy is nou besig met haar eie debuutalbu­m.

Hoe het dit gekom dat julle ’n liedjie saam opgeneem het?

CRAIG “Ek het Paxton se reis op Idols gevolg. Ek het van alles van haar gehou: van haar stem tot haar verhoogteg­nieke. Ek het besluit om kontak te maak om haar geluk te wens. Ek sou in elk geval steeds saam met haar wou werk, of sy Idols gewen het of nie. Gelukkig het sy van my liedjie Smother gehou en gevra of ons dit saam kan heropneem. Natuurlik het ek ja gesê. Ons is albei van Kaapstad en het al twee ’n nasionale kompetisie gewen; so dit is ’n moet dat ons saamwerk!”

PAXTON “Ek het altyd gedink ek en Craig sal goed kan saamwerk. En toevallig ken ons agente mekaar. Dit is waar alles begin het.”

Wat dink julle van mekaar as kunstenaar­s?

CRAIG “Sy is ongeloofli­k! Baie uniek en jonk, en niemand kan soos sy sing nie. Sy het baie potensiaal en gaan beslis iets anders tot die plaaslike musiekbedr­yf bydra. Ek is baie opgewonde g oor haar loopbaan!”

PAXTON “Sy kreatiwite­it en werketiek inspireer my beslis.”

Hoe het dit gevoel om vir die eerste keer saam te werk?

CRAIG “Dit was lekker om haar werk te sien. Almal het altyd hul eie manier van dinge doen; so dis lekker om ’n truuk of twee te leer. Ons ken mekaar nie baie goed nie, maar was heeltemal op ons gemak met mekaar.”

PAXTON “Ek het van alles gehou toe ons saamwerk. Alles! Hy is regtig ’n goeie mens. Ons het goeie chemistry gehad. Ons was net by tye lekker ongemaklik toe ons die fotosessie­s doen.”

Gaan julle weer saamwerk?

CRAIG “Beslis!” PAXTON “Ons oorweeg regtig die moontlikhe­id; wie weet?”

 ??  ??
 ??  ?? Deur MYRON WEYERS
Deur MYRON WEYERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa