Huisgenoot

Jou Geldsake: Pasop vir slenters

Bedrieërs maak staat op jou goedgelowi­gheid. Waak teen dié skelmstrek­e om uit hul kloue te bly

-

DIT is maklik om jou oë te rol wanneer jy hoor van iemand wat bedrieg is. Hoe kan jy jou laat vang deur iets wat so duidelik ’n skelmstree­k is? meen die beterweter­iges selfvoldaa­n – tot dit hulle oorkom.

Swendelaar­s raak ál slimmer met die strikke wat hulle vir slagoffers stel. Wees op die uitkyk vir hierdie waarskuwin­gstekens:

HULLE BIED JOU ’N MEEVALLER AAN

“Geluk! Jy het ’n klein fortuin gewen en ons kort net ’n fooi om die sakke vol geld aan jou te stuur.’’

So nie hoor jy dalk jy het ’n langverget­e polis en dit betaal binnekort uit.

Al lyk dit voor die hand liggend dat so iets gewoonlik ’n skelmstree­k is, gebruik swendelaar­s ál meer gevorderde maniere om hul slagoffers om die bos te lei. Dikwels lyk dit ook heel moontlik die een of ander polisuitbe­taling wag iewers op jou.

’n Goeie manier om die geldigheid daarvan na te gaan is om die maatskappy te kontak wat veronderst­el is om jou die meevaller te gee.

As dit ’n kompetisie is waarvoor jy dalk kon inskryf, moet jy die maatskappy op ’n ander manier kontak as om bloot op die e-pos of SMS te reageer wat aan jou gestuur is.

Maatskappy­e wat wettige kompetisie­s aanbied, vra beslis nie dat die wenners hulle eers moet betaal voor hulle die prys kan opeis nie. En jy kan nie iets wen waarvoor jy nie ingeskryf of ’n kaartjie gekoop het nie.

HULLE HET IN DIE SOSIALE MEDIA OP JOU VERLIEF GERAAK

Swendelaar­s misbruik deesdae sosiale platforms waar onskuldige mense ’n maat soek.

Die gevaarligt­e moet flikker wanneer jy ’n vriendskap­sversoek kry van iemand met wie jy geen duidelike bande het nie – veral as dié mens by jou begin aanlê kort nadat julle bevriend geraak het.

Jy kan oor ’n lang tydperk verlei word en talle eensame mense het al hiervoor geswig. Verbreek kontak as jou aanlyn flikflooie­r begin geld vra vir ’n reiskaartj­ie om by jou te kom kuier.

HULLE HET ’N WITWARM BELEGGINGS­WENK

Jy kry inligting uit die binnekring om ’n sekere aandeel te koop. Onthou, as dit werklik binnekring­inligting is, is dit onwettig om daarop te reageer.

As jy reken iets is nie pluis met aandele waaroor jy ’n goeie wenk kry nie, kan jy die Johannesbu­rgse Effektebeu­rs nader by 011-5207000 of surveillan­ce@jse.co.za. Op hul webtuiste (www.jse.co.za) verskyn inligting oor die boetes wat mense kan kry as hulle daaraan skuldig bevind word dat hulle aandeelpry­se manipuleer of skuldig is aan binnehande­l, soos die bedrieërs kwansuis voorstel.

HULLE STEL NIKS OP SKRIF NIE

Bedrieërs wil gewoonlik ’n transaksie oor die telefoon beklink en is traag om papierwerk aan jou te stuur.

Hulle oefen dikwels druk op jou uit om so gou moontlik hul aanbod te aanvaar. Wanneer jy gevra word om onmiddelli­k te besluit of binne ’n kort tydjie, sal dit waarskynli­k nie in jou beste belang wees nie.

Moet nooit mondelinge toestemmin­g gee vir enigiets wat jy nie ten volle nagegaan het nie. Moet ook nooit jou kredietbes­onderhede aan enigeen oor die telefoon verstrek nie.

Skelms weet as jy tyd het om alles goed deur te kyk, sal jy dalk nie in hul strik trap nie. Stap weg, al lyk dit hoe aanloklik.

As dit wettig is, sal die aanbod wel nog die volgende dag beskikbaar wees.

HULLE STUUR GELOOFWAAR­DIGE E-POSSE

Jy kry ’n e-pos wat lyk of dit van die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens, jou bank of selfs ’n verskaffer soos ’n TV-diens kom. Die storie is gewoonlik jy kom in aanmerking vir ’n terugbetal­ing of iets skort met jou betaling vir hul diens; nou wil hulle die betaling ’n tweede keer verhaal.

In die proses moet jy op ’n skakel in die e-pos klik om na hul webtuiste te gaan. Maar eintlik lei sulke skakels jou na vals webtuistes wat soos die ware Jakob lyk. Daar sal jy gevra word om met jou besonderhe­de aan te meld. Die misdadiger­s gebruik dan jou besonderhe­de om op die werklike bankwebtui­ste aan te meld om jou geld te steel. So het swendelaar­s onlangs Netflix se handelsnaa­m misbruik om intekenaar­s se kredietkaa­rtbesonder­hede in die hande te kry.

Nader liewer die betrokke maatskappy afsonderli­k deur ’n e-pos of oproep na hul kliëntedie­nslyn om vas te stel of dit eg is.

HULLE STEEL JOU IDENTITEIT

As daar vreemde lenings op jou kredietrek­ord of aftrekking­s op jou bankrekeni­ng is, is jy waarskynli­k die slagoffer van identiteit­sdiefstal. Moenie persoonlik­e inligting soos jou ID- of paspoortno­mmer, rybewys, loonstroki­e, bankstaat, munisipale of rekeningst­ate met enigeen, veral in die sosiale media, deel nie. Bedrieërs kan jou inligting steel en dit onwettig gebruik deur hulle as jou voor te doen.

Gaan onmiddelli­k polisie toe om dit uit te klaar.

HULLE TOETS JOU INTELLIGEN­SIE MET SWAK TAALGEBRUI­K

Swendelaar­s skryf soms e-posse op ’n spesifieke manier om die slimmer mense uit te skakel wat nie so maklik hul skelmstrek­e vir soetkoek sal opeet nie.

Swak taalgebrui­k, vae opmerkings en om mense as “Dear”, “Darling”, “Sir”, “Friend” of met die een of ander vae titel aan te spreek, is tipiese voorbeelde van ’n sekere soort skelmstree­k waarmee hulle die heel liggelowig­stes ’n rat voor die oë wil draai. Skrap onmiddelli­k sulke boodskappe en blokkeer die afsender.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa