Huisgenoot

Voedsame spinasie

Spinasie bevat volop voedingsto­wwe en is lekker vol vesel, wat vertering aanhelp

- Resepte en stilering: ESTHER MALAN, Galliova-kosskrywer van die jaar

SPINASIEEN-FETADHALTJ­IES

Dhaltjies is ’n eenvoudige KaapsMalei­se happie met byt en word gewoonlik van kekerertji­emeel gemaak. Ons het die eenvoudige resep verryk met mozzarella en feta.

LEWER SOWAT 30 DHALTJIES Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 25-30 min.

DHALTJIES

300 g gesnipperd­e spinasie

1 ui, fyngekap

1-2 brandrissi­es, gekap

500 ml (2 k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier knippie sout

5 ml (1 t) peper

100 g mozzarella, gerasper

2 wiele feta, gekrummel

1 suurlemoen se gerasperde skil

1 eier, geklits

375 ml (1½ k) melk sonneblomo­lie

VIR VOORSIT

beleë cheddar-skaafsels

suurlemoen­wiggies

1 Dhaltjies Meng al die bestanddel­e buiten die eier, melk en olie. Maak ’n holte in die middel van die mengsel.

2 Klits die eier en melk goed saam; giet in die holte van die spinasieme­ngsel. Meng met ’n houtlepel tot alles goed gemeng is. Bedek en laat staan 15 min.

3 Verhit genoeg olie in ’n kastrollet­jie vir diepvetbra­ai. Skep in sarsies lepels vol van die mengsel in die olie en braai tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispap­ier. Herhaal met die res van die beslag. 4 Vir voorsit Pak die dhaltjies op ’n bord en sprinkel die kaasskaafs­els oor. Sit voor saam met die suurlemoen­wiggies.

ROMERIGE GEBAKTE SPINASIE MET BILTONG GENOEG VIR 4 MENSE (AS BYKOS) Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 35-40 min.

15 ml (1 e) olyfolie

30 ml (1 e) botter

1 ui, gekap

2 knoffelhui­sies, fyngedruk

250 g bruinsampi­oene, in skyfies gesny

1 bos spinasie, gesnipper

45 ml (3 e) meel

250 ml (1 k) room

125 ml (½ k) melk sout en peper

VIR AFRONDING

100 g beleë cheddar, gerasper ’n hand vol gekerfde biltong Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n oondbak of 2 kleiner bakkies met kossproei.

1 Verhit die olie en botter in ’n kastrol; braai die ui tot geurig. Voeg die knoffel en sampioene by en roerbraai 5 min.

2 Verlaag die hitte en voeg die spinasie by. Sit die deksel op en braai 5 min. Haal die deksel af en roerbraai tot die spinasie verwelk het.

3 Sprinkel die meel oor en roer deur.

4 Giet die room en melk by; meng goed. Roer tot die mengsel begin verdik, geur met die sout en peper en skep in die oondbak of -bakkies. 5 Vir afronding Sprinkel die kaas ruim oor die spinasie. Bak 15-20 min. in die oond of tot die kaas gesmelt is. Sprinkel die biltong oor en sit dadelik voor.

SPINASIEST­OWE MET RISSIE-VARKREPIES GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 30 min.

VARKREPIES

6 varkrepies sout en peper

2,5 ml (½ t) komynsaadj­ies

2 knoffelhui­sies, fyngedruk

2 brandrissi­es, fyngekap

15 ml (1 e) olyfolie

15 ml (1 t) suurlemoen­sap SPINASIEST­OWE

15 ml (1 e) olyfolie

30 ml (2 e) botter

1 ui, in skyfies gesny

500 g spinasie, grofgekap

500 g baba-aartappels, gekook tot net gaar

1 x 410 g-blik kersie

tamaties 2,5 ml (½ t) geroos

terde masala ’n skeut suur

lemoensap sout en vars

gemaalde peper

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit ’n draadrakki­e op ’n bakplaat en bespuit met kossproei.

1 Varkrepies Geur die varkrepies alkant met die sout en vars gemaalde peper. Sprinkel die komyn, knoffel en brandrissi­es oor; pak op die bereide bakplaat. Drup die olyfolie en suurlemoen­sap oor en rooster20-25 min. in die verhitte oond of tot bros en gaar.

2 Spinasiest­owe Verhit die olie en botter in ’n pan; braai die ui tot geurig. Voeg die spinasie by. Roerbraai 1 min.

3 Voeg die aartap- pels, kersietama­ties en masala by en meng liggies. Laat dit 10 min. prut.

4 Geur met die suurlemoen­sap, sout en vars gemaalde peper na smaak; sit voor saam met die varkrepies.

SPINASIESL­AAI

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 10 min. SLAAISOUS 30 ml (2 e) olyfolie 200 g spek, fyngekap 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk 5 cm vars gemmer,

fyngeraspe­r 15 ml (1 e) sojasous 30 ml (2 e) heuning 15 ml (1 e) rysasyn SLAAI

1 bos spinasie 2 wortels, geskil en

in blokkies gesny 1 x 410 g-blik pit

mielies, gedreineer ¼ kopkool, gesnipper

1 Slaaisous Verhit die olie in ’n pan; braai die spek tot bros. Verwyder die pan van die hitte af en voeg die res van die bestanddel­e by. Meng goed. Laat staan eenkant om af te koel.

2 Slaai Sny die stronke van die spinasie uit en gooi weg. Snipper die spinasie fyn en plaas in ’n groot mengbak.

3 Voeg die res van die slaaibesta­nddele by en meng liggies.

4 Giet die slaaisous oor die slaai en meng goed. Sit die slaai dadelik voor of hou eers in die yskas tot nodig.

MAKRIEL-SPINASIE ROLLETJIES GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 20 min.

SMEER 250 g gladde maas

of roomkaas 10 g koljanderb­lare,

gekap 500 ml (2 k) gerookte pepermakri­el, grate verwyder en gevlok sout en vars gemaalde

peper

ROLLETJIES

6 groot spinasiebl­are 1 x 200 g-pak wortel

en-koolmengse­l 4 stingeluie,

in repies gesny 1 rooi soetrissie,

in repies gesny soet brandrissi­esous

(opsioneel)

1 Smeer Meng al die bestanddel­e goed; geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak. 2 Rolletjies Sny die middelstro­nke van die spinasiebl­are uit. Sny dit in die helfte waar die stronk was.

3 Smeer ’n lepel van die smeer oor een van die blare. Pak van die koolslaaim­engsel, stingeluie en soetrissie aan die een punt van die blaar; rol op sodat ’n rolletjie vorm. Herhaal met die res van die blare en vulsel.

4 Sit die rolletjies voor saam met soet brandrissi­esous as jy wil.

 ?? Foto’s: JACQUES STANDER ?? SPINASIE-EN-FETA-DHALTJIES
Foto’s: JACQUES STANDER SPINASIE-EN-FETA-DHALTJIES
 ??  ?? ROMERIGE GEBAKTE SPINASIE MET BILTONG
ROMERIGE GEBAKTE SPINASIE MET BILTONG
 ??  ?? SPINASIEST­OWE MET RISSIE-VARKREPIES
SPINASIEST­OWE MET RISSIE-VARKREPIES
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa