Huisgenoot

Kom verder met rys

Rys is ’n heerlike geregrekke­r, ’n geuropslur­per en pasmaat vir enige vleis of groente – en dit kan selfs ’n soetding word

-

RYS is ’n noodsaakli­ke deel van talle huishoudin­gs wêreldwyd se spyskaart, en in sekere lande die hoofbestan­ddeel van talle geregte. Dié graan is veelsydig en kan ook in soet geregte gebruik word omdat dit geure heerlik absorbeer.

VISBRIJANI

Dié brijani is nie so swaar soos ’n vleis- of hoenderbri­jani nie – net reg vir dié tyd van die jaar.

GENOEG VIR 6-8 MENSE Bereiding: 25 min. Gaarmaak: 1 uur

SOUS 250 ml (1 k) karring

melk 1 x 410 g-blik gekapte

tamaties 2 hande vol vars

koljander, gekap 2 kaneelstok­kies 3 kardemompe­ule 3 naeltjies 1 steranys 2-3 heel gedroogde

rooirissie­s 7,5 ml (1½ t) sout 10 ml (2 t) rissiepoei­er 30 ml (2 e) vismasala 10 ml (2 t) komyn 1,25 ml (¼ t) borrie 2 suurlemoen­e se skil

en sap BRIJANI 800 g vars stokvis

of enige wit vis 30 ml (2 e) vismasala sout en peper olie vir vlakbraai 750 ml (3 k) basmati

rys 250 ml (1 k) bruin

lensies 45 ml (3 e) olyfolie 4 uie, in skywe gesny 45 ml (3 e) botter, in

klein blokkies gesny natuurlike jogurt, sprietuie, tamatie en koljander

1 Sous Meng al die bestanddel­e in ’n groot bak; hou eenkant.

2 Voorverhit die oond tot 150 °C.

3 Brijani Geur die vis met die masala, sout en peper; vlakbraai 1-2 min. aan elke kant in ’n bietjie olie. Hou eenkant.

4 Kook die rys en lensies volgens die aanwysings op die verpakking.

5 Verhit die olyfolie in ’n pan; braai die uie tot deursigtig. Hou eenkant.

6 Skep die lae van die brijani in ’n groot, oondvaste bak. Begin met ’n laag uie, gevolg deur die rys, lensies, sous en laastens die stukke vis. Herhaal tot die laaste laag rys is. Plaas die blokkies botter bo-op.

7 Bedek met bak- of waspapier, ’n deksel of foelie; bak 50 min. Haal uit die oond. Garneer met jogurt, sprietuie, tamatie en koljander.

 ??  ??
 ??  ?? Deur CARMEN PETERSEN Stilering: ESTHER MALAN Foto’s: JACQUES STANDER
Deur CARMEN PETERSEN Stilering: ESTHER MALAN Foto’s: JACQUES STANDER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa