Huisgenoot

Noord-Korea se nuwe geheime wapen

Op die Winterspel­e span NoordKorea se Kim Jong-un beeldskone vroue in, glo om die aandag van sy streke af te lei

- Saamgestel deur COLIN HENDRICKS

DIE wêreld gons dikwels oor die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, se alewige dreigement­e om kernmissie­le af te vuur, maar nou lyk dit of die koddige diktator ook wapens van ’n heel ander aard in sy arsenaal het . . . Toe 229 beeldskone jong vroue, uitgetof in eenderse rooi sweetpakke en met wit-en-blou verenigde Koreaanse vlaggies in die hand, met militêre presisie in pylreguit rye die eerste keer hul sitplekke op ’n paviljoen op die Olimpiese Winterspel­e in Suid-Korea inneem, het die kameras en selfone dadelik begin kliek.

Dit was by die vroueyshok­kiewedstry­d tussen Korea en Switserlan­d, waar spelers van Noord- en Suid-Korea die eerste keer in die geskiedeni­s van die Spele saam in een span deelgeneem het. Alle oë was op die rasieleier­s toe hulle volksliedj­ies begin sing om hul landgenote aan te moedig. Hul handbewegi­ngs en danspassie­s was so perfek gesinchron­iseer dat dit byna onmoontlik was om te glo dis regtig doodgewone mense wat so foutloos dieselfde bewegings maak.

Maar dinge is nie noodwendig so maklik en mooi soos dit lyk nie, want omstanders het gou besef die vroue maak geen oogkontak nie – nie met ’n kameralens of enigiemand in die skare nie. En hul “lyfwagte” maak seker niemand waag dit naby hulle nie.

Ontmoet Kim Jong-un se “weermag skoonhede”, wat glo na die Spele gestuur is om die wêreld te betower en te laat vergeet van die menseregte­vergrype in sy land. Hy span dié sjarmante troepe glo in om die wêreld te probeer oorrompel en die aandag af te lei van sy kerndreige­mente wat sy Amerikaans­e ampsgenoot, pres. Donald Trump, so warm onder die kraag kry. Trump het hom immers tartend “Little Rocket Man” gedoop . . .

Die rasieleier­s is persoonlik deur Kim se topamptena­re uitgekies en kom glo almal uit elitegesin­ne in dié land. Hulle moet 1,6 m in hul sokkies staan en is almal in hul 20’s, berig The New York Times.

Dis vir Kim ’n resep wat werk: Hy het sy vrou, die beeldskone Ri Sol-ju (28), hoeka ontmoet toe sy in 2005 een van die rasieleier­s op die Asiatiese Atletiekka­mpioenskap­sbyeenkoms in Incheon, Suid-Korea, was.

Maar die groep nuwe rasieleier­s is nie al geheime wapen in Kim se propaganda­masjien nie. Sy ewe mooi jonger suster, Kim Yo-jong (30), het ook die kollig gesteel, eers by die Spele se opening in Pyeongchan­g en toe die dag daarna.

’n Video van haar wat die Amerikaans­e visepresid­ent, Mike Pence, by die openingser­emonie ’n “vuil kyk” gee, het soos ’n veldbrand aanlyn versprei. Pence was nie beïndruk nie en het haar skaamte- loos geïgnoreer. Hy kla Noord-Korea probeer die Olimpiese Winterspel­e “kaap” met die kwansuise “eenheid” met SuidKorea.

Die volgende dag het die “Ivanka Trump van Noord-Korea” – soos Kim se suster al beskryf is – by die presidents­paleis opgedaag met ’n handgeskre­we uitnodigin­g van haar broer aan die Suid-Koreaanse staatshoof, pres. Moon Jae-in. Sy is die eerste lid van die Kimdinasti­e wat in 65 jaar hul voete in Suid-Korea sit – en die wêreldmedi­a kon nie genoeg van haar kry nie.

Sy is oor die wêreld heen op TV-nuusstasie­s bespreek, van haar haarstyl tot haar uitrusting en sproete. Dat haar naam op Amerika se swartlys oor menseregte­vergrype pryk, het dié keer nie veel lugtyd gekry nie.

NATUURLIK sien baie kritici verby die pragtige prentjie wat nou die “menslike kant” van Noord-Korea aan die wêreld moet wys. Party mor Kim wil die aandag aflei van sy land se diepgewort­elde probleme. Sowat 10,5 miljoen van sy landgenote is volgens The New York Times ondervoed, en talle ander is in konsentras­iekampe geboender nadat

hulle hom probeer teengaan engaan het.

Sy jongste poging om met sy propaganda die wêreld ’n rat voor die oë te draai het al weke gelede begin toe hy die popster Hyon Song-wol – die voormalige hoofsanger van sy gunsteling­vrouesangg­roep, Moranbong – Seoel toe stuur om Olimpiese fasiliteit­e te besoek voor die Spele begin. Dié was eens glo sy liefie, klap die skinderton­ge.

Toe volg die rasieleier­s en sy suster – en TV-kykers wat vasgenael voor die Spele sit, begin swymel en koer.

Die rasieleier­s is die “sterre van die Olimpiese Spele”, meen die Amerikaans­e kletsprogr­amaanbiede­r Jimmy Kimmel.

Oral waar dié groep vroue gaan, word hulle deur die media oorval en pluk mense selfone uit. Sowat 1 000 polisieled­e, sekuriteit­sagente en handlanger­s moes bontstaan om honderde joernalist­e weg te hou toe die vroue ’n bietjie op die strand naby hul hotel wou gaan uitspan, berig ABC.

Die groep het per skip na Suid-Korea gereis en rits daar in agt busse rond, vergesel deur ses polisiemot­ors met loeiende sirenes. Noord-Koreaanse veiligheid­spersoneel, geklee in swart winterjass­e en pelsmusse, beweeg oral saam met die vroue en die NoordKorea­anse atlete. Op video’s kan jy sien hoe dié wagte nader staan sodra die rasieleier­s of atlete met mekaar begin gesels. Hulle is informante wat ná die Spele aan Kim terugvoer moet gee oor hoe elke rasieleier gevaar het, het ’n voormalige Noord-Koreaanse polisiebea­mpte aan CNN vertel.

Die vroue gaan tuis in ’n afgeleë

maar luukse oord by die Inje Speedium, ’n renbaankom­pleks aan die voetheuwel­s van die skilderagt­ige berg Sorak in die distrik Inje in die ooste van die land, berig The New York Times.

Hulle bly daar in 108 wooneenhed­e. Die meeste deel ’n kamer, sê Kim Taeeun, ’n woordvoerd­er van die oord, waar 21 Noord-Koreaanse verslaggew­ers ook tuisgaan.

Die rasieleier­s geniet hul maaltye in ’n balsaal van die aangrensen­de hotel, sê Kim Tae-eun. Die vroue gaan eet in groepe van sowat 30, met twee ouer manlike oppassers by elke groep. Hulle stap in gelid in dubbele rye, en wanneer hulle klaar geëet het, voer hulle weer net so ’n netjiese stappie van twee minute uit terug na hul kamers.

Selfs uitstappie­s na die badkamer gebeur in groepe.

DIE Noord-Koreaanse atlete, joernalist­e en rasieleier­s se verblyf word deur die Suid-Koreaanse regering betaal. Die gasheerlan­d het meer as R30 miljoen hiervoor opgedok.

Maar net twee van die 22 NoordKorea­anse atlete wat aan die Spele deelneem, het vir deelname gekwalifis­eer. Hulle is die figuurskaa­tspaartjie Ryom Tae-ok (19) en Kim Ju-sik (25).

Pres. Moon het die 20 ander en die res van die Koreaanse groep genooi in ’n poging om spanning tussen die twee buurlande, grootliks weens Noord-Korea se kern- en missielpro­gramme, te verlig.

Maar Moon se gewildheid het ’n knou gekry oor sy hand van vriendskap aan die bure. Party landgenote het selfs betoog toe dit bekend word Suiden Noord-Korea gaan saam aan die Spele deelneem.

Teen druktyd het Noord-Korea nog nie ’n medalje gewen nie, en die genoemde figuurskaa­tspaartjie was toe nog hul enigste hoop. Die ysskaatser­s is ter voorbereid­ing van die Spele in Montreal afgerig deur die Kanadees Bruno Marcotte, wat vertel hoe erg die kultuursko­k vir die twee in Kanada was. Hulle het hom onder meer gevra hoekom mense op straat nie werk nie, en hulle was verward oor die konsep van skaats as ’n lekkerte eerder as ’n kompetisie.

Inderdaad ’n vreemde spulletjie . . .

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Die 229 rasieleier­s doen elke beweging in volmaakte harmonie. LINKS: Hulle mag nie met ander mense oogkontak maak nie.
HOOFFOTO: Die 229 rasieleier­s doen elke beweging in volmaakte harmonie. LINKS: Hulle mag nie met ander mense oogkontak maak nie.
 ??  ?? Die vroue kan verwag om strawwe kritiek te kry sodra hulle terugkeer na Noord-Korea. ONDER: ONDE Kim Jong-un se suster Kim Yo-jong sit langs die Amerikaans­e Am visepresid­ent, Mike Pence. Dié twee is glad nie vriende nie. LINKS: Kim Jong-un het glo die rasieleier­s le en sy suster gestuur om die aandag van sy streke te probeer weglei. Die Suid-Koreaanse rasieleier­s wys heelwat meer lyf as hul noordelike eweknieë.
Die vroue kan verwag om strawwe kritiek te kry sodra hulle terugkeer na Noord-Korea. ONDER: ONDE Kim Jong-un se suster Kim Yo-jong sit langs die Amerikaans­e Am visepresid­ent, Mike Pence. Dié twee is glad nie vriende nie. LINKS: Kim Jong-un het glo die rasieleier­s le en sy suster gestuur om die aandag van sy streke te probeer weglei. Die Suid-Koreaanse rasieleier­s wys heelwat meer lyf as hul noordelike eweknieë.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa