Huisgenoot

Mense & Hul Dinge

- G

OP ENIGE ander dag sou Ben Affleck en Jennifer Garner (albei 45) die meeste geskeide paartjies laat skaam kry met hul moeitelose medeouersk­ap. Of die ekse, wat toesig deel oor hul drie kinders, Violet (12), Seraphina (9) en Samuel (6), hul kinders na ’n kerkdiens neem of ’n skoolverga­dering bywoon, hulle is altyd die toonbeeld van geluk ná ’n skeiding. Hulle het hulle in die openbaar tot mede-ouerskap verbind toe hulle in 2015 uitmekaar is. Maar dinge het ’n bietjie gespanne gelyk toe die twee onlangs hul seun se basketbalw­edstryd bywoon. Was dit dalk oor gerugte dat Jennifer saam met iemand anders haar lewe wil voortsit? Enkele dae later is gesien hoe die aktrise van die fliek Wakefield ’n mansvriend raakloop terwyl sy inkopies doen, hulle mekaar styf omhels en daarna met hul arms om mekaar wegstap. Nie dat Ben enige reg het om ontsteld te wees nie; hy het immers verlede Julie sy verhouding met die televisiev­ervaardige­r Lindsay Shookus (37) bekendgema­ak. Maar dit gons dat hulle al sedert 2014 in ’n romantiese verhouding is en dat Lindsay die rede vir Ben en Jen se egskeiding is. Hul uitgerekte egskeiding kan nog ’n rede vir die gespanne gesprek wees. Volgens bronne het die twee akteurs nie ’n huweliksko­ntrak gehad nie en sukkel hulle nog om ’n finansiële skikking te bereik. Klink of hulle nes alle ekse soms vassit. BRONNE: EONLINE.COM, DAILYMAIL.CO.UK, TMZ.COM

 ??  ?? BAKLEI HULLE?
BAKLEI HULLE?
 ??  ?? JENNIFER IS SAAM MET DIÉ MAN GESIEN.
JENNIFER IS SAAM MET DIÉ MAN GESIEN.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa