Huisgenoot

Was Justin te veel van ’n partytjied­ier vir Jennifer?

Sy’s ’n vlekkelose goue meisie en hy ’n partytjied­ier; dis dus nie verbasend die huwelik tussen Jen en Justin het nie gehou nie

- Saamgestel deur NICI DE WET

HULLEh ULLE het t van die di begin b i af f so effens onpaar gelyk – hy met sy tatoes en liefde vir swart klere en sy die tipiese Hollywood-godin met ’n spierwit glimlag, goue sonbruin en jogalyf. Maar wanneer die liefde kom, kan jy dit nie keer nie en so het Jennifer Aniston en Justin Theroux op ’n romantiese troue afgehaak.

Skaars ’n maand gelede nog was die twee op hul jaarlikse vakansie in Mexiko saam met hul akteursvri­end Jason Bateman en sy vrou, Amanda Anka.

Nou blyk dit dié wegbreek was om hul huwelik te red en dat Amanda die rol van bemiddelaa­r gespeel het.

Kort daarna is geskinder Justin (46) het hom baie soos ’n enkelloper gedra op ’n Grammy-partytjie. En in die week voor die aankondigi­ng dat hulle klaar is met mekaar, het Jen op haar eie opgedaag by twee sterbelaai­de geleenthed­e: die uithangpar­tytjie vir die TV-ster Ellen DeGeneres se 60ste verjaardag en die aktrise Amy Schumer se troue in Malibu.

En toe sy op 11 Februarie 49 word, was Justin nêrens te sien nie, net haar hegte vriendin Courteney Cox, wat saam met haar in Friends was, en nog vriendinne.

Justin was aan die ander kant van die land, waar hy afgeneem is toe hy met sy hond stap en saam met vriende kuier.

Hul laaste ontmoeting was op die romantiess­te dag van die jaar toe Justin Los Angeles toe vlieg om Jen nog een keer te sien. “Hulle het toe besluit om die volgende dag ’n verklaring uit te reik dat hulle uitmekaarg­aan,” vertel ’n bron.

Jennifer het blykbaar hiermee gesloer, maar Justin was vasbeslote om dit af te handel. “Hy wou die aankondigi­ng agter die rug kry en met sy lewe aangaan.”

In tipiese Hollywood-styl was die aankondigi­ng warm maar niksseggen­d. Hulle het gesê hulle is “twee beste vriende wat besluit het om as ’n paartjie uitmekaar te gaan, maar daarna uitsien om hul kosbare vriendskap voort te sit”.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Justin Theroux en Jennifer Aniston toe hulle gelukkig was. REGS: In Januarie het hulle ’n reg-of-wegvakansi­e in Mexiko gehou, maar op Valentynsd­ag het hy Los Angeles toe gevlieg, waar hulle besluit het om uiteen te gaan.
HOOFFOTO: Justin Theroux en Jennifer Aniston toe hulle gelukkig was. REGS: In Januarie het hulle ’n reg-of-wegvakansi­e in Mexiko gehou, maar op Valentynsd­ag het hy Los Angeles toe gevlieg, waar hulle besluit het om uiteen te gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa