Huisgenoot

‘DAG ZERO’: SO KON ONS ALLES AFSPOEL

-

Ek het met groot belangstel­ling “So het ons ‘Dag Zero’ oorleef ” deur Dibi Breytenbac­h gelees (8 Februarie).

Ek is bevrees haar vertelling­s van verstopte toilette en toiletpapi­er wat nie afgespoel word nie, kan mense ontmoedig. Ek, my vrou en twee dogters het altyd ons toiletpapi­er afgespoel en ons toilet het nooit verstop nie.

Haar opmerkings dat sy die geiser afgeskakel het sodat dit nie uitbrand sonder water nie, sê my sy het nie ’n watertenk gehad nie. Dit sou baie van haar probleme opgelos het.

Ons “Dag Zero” het in Mei 2016 aangebreek, maar ons het sedert Augusus 2015 sporadiese watervoors­ieningspro­bleme gehad. In November 2015 het ek ’n 5 000 L-tenk gekoop, dit aan die munisipale watertoevo­er na my erf verbind (tans verbode in Kaapstad) en die watervloei met ’n balklep gereguleer. So kon ons munisipale water berg vir tye van onderbreki­ngs. Wanneer die watertoevo­er herstel is, het die tenk weer vol geloop met munisipale water.

Dié tenk was te na aan die heining om reën op te vang en daarvoor het ek ’n tweede tenk gekoop en aan die huis se geute gekoppel, maar ook aan die eerste tenk. Water kan tussen die tenks vloei.

Ons het ’n handwasmas­jien vir kampeerder­s gebruik. Daarin kon ons 2 kg klere was, waarna ons die gebruikte waswater in houers gegooi het om die toilette mee te spoel. Nadat die klere in skoon water uitgespoel is, is die uitspoelwa­ter gebruik vir die volgende bondel wasgoed. En dan is dié water weer vir die toilet gebruik.

So was dit nooit nodig om gebruikte toiletpapi­er in vullisdrom­me of iets te gooi nie; daar was altyd spoelwater. STEVEN, VRYHEID

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa