Huisgenoot

JENNIFER KAP TERUG

-

DIE bohaai het begin toe die aktrise van Silver Linings Playbook-faam onlangs ’n swart Versace-rok met ’n lae hals na ’n fotogeleen­theid vir die nuwe rolprent Red Sparrow dra – nogal terwyl haar manlike medesterre in jasse toegewikke­l was. ’n Kiekie van die buitelugse­ssie op ’n ysige dag in Londen het die internet laat gons. Die rede? Die Britse joernalis Helen Lewis het getwiet dis “’n stil, neerdrukke­nde (en onthullend­e) beeld” wat die samelewing se verwagting­s wys oor hoe mans en vroue moet aantrek.

Maar Jennifer Lawrence (27) was nie op haar mond geval nie. Sy het op Facebook teruggekap dat die negatiewe kommentaar “seksisties” is.

“Nie net is dit uiters belaglik nie; ek is ook in die gesig gevat. Daardie Versace-rok was fantasties. Dink jy ek gaan dit wegsteek onder ’n jas en serp? Ek was vyf minute lank buite. Ek sou in die sneeu gestaan het vir daai rok, want ek hou van mode en dit was my besluit. “Kom tog net by,” was Jennifer se raad. Die uitgesprok­e aktrise het ook onthul sy het amper die rol van Dominika Egorova – ’n prima ballerina wat ’n sluipmoord­enaar word in die rolprent – van die hand gewys weens naaktheid. Sy was huiwerig om kaal in rolprente te verskyn nadat privaat naakfoto’s van haar in 2014 uitgelek is. “Maar ek het besef daar is ’n verskil tussen instemming en nie. Ek het toe vir die eerste dag op die stel opgedaag en dit gedoen, en bemagtig gevoel,” het sy vir die Amerikaans­e geselsprog­ramaanbied­er Bill Whitaker gesê. “Ek voel ek het iets teruggekry wat van my gevat is, en ek gebruik dit in my kuns.” Mooi so, Jen! BRONNE: THEWRAP.COM, TIME.COM, DAILYMAIL.CO.UK, EWN.CO.ZA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa