Huisgenoot

’n Feetjietui­n vol herinnerin­gs

Dié lushof is vir ‘Pixie’ ’n herinnerin­g aan die towerlewe op hul verkoopte familiegro­nd

-

NET voor jy Jacobsbaai aan die Kaapse Weskus binnery, sien jy dit: veelkleuri­ge paddastoel­e van sement en ’n kaboutertj­ie met ’ n Suid-Afrikaanse vlag in die hand by ’n toweragtig­e woudtoneel wat teen ’ n muur geskilder is.

Jou oë bedrieg jou nie; die naambord verkondig dit is sowaar ’n feetjietui­n – die Fairy & Pixie Garden om presies te wees.

“Welkom in die feetjiewin­kel,” groet Ethlu Pearce (25), die bestuurder. Hier is enigiets van elfore van rubber, blommekran­se vir jou kop en vlerkies tot towerstaff­ies en droomvange­rs te koop – maar dis nog net die begin.

Want dan daag Alma, oftewel “Pixie”, Maritz (74) op, die skepper van die feëtuin hier by ’n herberg vir rugsakreis­igers. “Kom hier, laat ek julle ’n pixiedrukk­ie gee,” kondig sy aan en vou ons in haar arms toe. In haar hippiekler­e lei sy ons verby die kamers en die binnehof.

Wanneer die hekkie na Pixie se kwekery en feëtuin oopswaai, stap jy ’n fabelagtig­e lushof binne wat jy nooit op hierdie droogteget­eisterde vlakte sou verwag het nie. Oral kruip feetjies en dwergies van sement weg of staan kordaat saam met piepklein diertjies voor miniatuurh­uisies.

Wat dadelik opval, is dat die klein mensies die demografie van die land verteenwoo­rdig; ’n reënboogna­sie in die kleine in hierdie toevlugsoo­rd vir kinders van alle ouderdomme. Maar die wonderwêre­ld is net deels ’n verbeeldin­gsvlug, want daarmee wou Pixie ook die verlore paradys van haar kinderjare herskep.

“Mamma Pixie wou vir die wêreld wys waar sy op hul familiepla­as, Mpanza, in KwaZulu-Natal grootgewor­d het. Dis hier waar haar verbeeldin­gskrag en belangstel­ling en liefde vir klein mensies en diertjies lewe gekry het,” skets ’n bord op die tuinhek die feëtuin se geskiedeni­s. Dit is verlede jaar amptelik geopen.

Aan die regterkant van die tuin is dan ook ’n miniweerga­we van die plaas met ’n waterput, miniatuuro­pstal en kabouters wat op die landerye werk.

“Ook hartseer is hier ingebou. Dit was so ’n onskuldige tyd daar in Zoeloeland toe ek in die grotte en klowe en langs riviere na feetjies gaan soek het,” vertel Pixie vol heimwee.

Die plaas se naambord hang nou by wat eindelik ’n teetuin gaan wees: “G.F. Opperman. Mpanza.” Haar ouboet, George (77), se naam staan daarop. Hy was die laaste Opperman wat op die plaas, wat 80 jaar lank in die familie se besit was, geboer het. In 1996 was dit een van die eerste plase in KwaZulu-Natal wat in die proses van grondhervo­rming aan die staat verkoop is.

Die afskeid van hul familiegro­nd was bitter en het vervreemdi­ng tussen Pixie en George gebring. Hy het gevoel sy verstaan nie wat hy deurmaak nie.

In ’n poging om hom te troos het sy op 10 September 1996 ’n brief aan die plaaslike koerant, die Greytown Gazette, oor die verlies van die familiepla­as geskryf: “Hierdie is om tot siens te sê. Die nagte so donker, jy kan nie jou hande sien nie, maar as jy uitreik, kan jy aan die sterre raak. Die veraf roepe van die mense van die land wat die wind in jou rigting waai. Boeta, onthou jy die vryheid? Die vryheid!” herinner sy George

in haar brief. “Die suur gwenyas, die bombotibom­e, die wilde bessies van alle soorte. Jagtogte agter vlermuise aan, diep die nag in.”

Maar net die tyd sou genesing bring nadat hulle mekaar agt jaar lank nie gesien het nie.

“Dit was vir my ’n baie moeilike besluit om die plaas te verkoop,” vertel George uit sy woonstel in Durban. “In die jare daarna was ons baie hartseer en het ons verskillen­d daarmee omgegaan.’’ Maar ná ’n oproep van Pixie in 2003 het hy besluit om vir haar te kom kuier.

En voor hy verlede September na die feëtuin kom kyk het, het sy vir hom oor die foon probeer verduideli­k hoe dit lyk. “Ek het ’n beeld in my kop geskep oor hoe dit lyk, maar dit was so verbasend en verblydend toe ek eindelik daar instap . . . En toe ek Mpanza in die kleine daar sien, het dit my hart gebreek,” erken hy.

Al wat volgens Pixie oorgebly het van die familiepla­as soos hulle dit geken het, is ou foto’s, ’n banksakkie met rooi grond wat sy in ’n plakboek bewaar en hierdie nostalgies­e herskeppin­g daarvan op ’n hoekie van haar feëtuin . . .

HAAR lewenspad het met vele kronkels en draaie van die familiepla­as tot hier in haar tuin aan die Weskus geloop.

Nadat sy op verskillen­de plekke in die land onder meer as verpleegst­er en tikster gewerk het, was sy 30 jaar lank onder die naam Pixie ’n bekende eiendomsag­ent in die noordelike voorstede van Kaapstad. Op haar “Te koop”-bordjies was ’n elf op ’n paddastoel.

Sy en haar man, Gerrie Maritz (62), het mekaar in ’n gim in Parow ontmoet, en hulle is al 28 jaar lank getroud. Hy was ses jaar lank betrokke by teenkaping­soperasies langs die kus van Afrika, waar moderne seerowers op vragskepe toeslaan, sê Pixie.

Die stil, ernstige man is haar regterhand in die feëtuin wat hulle ná haar aftrede drie jaar gelede hier kom skep het. Pixie se seun uit ’n vorige verhouding, Ettienne Swanepoel (54), het toe vir haar die stuk grond gegee om haar “droom te bou”.

Ettienne, besturende direkteur van ’n reisklubon­derneming, het in die afgelope 20 jaar die herberg en twee huise – een vir Pixie en Gerrie en een vir sy gesin – hier van witklip en perlemoens­kulp uit die omgewing gebou. “Gnome, Sweet Gnome,” staan op ’n bordjie by Pixiehulle se huis.

Pixie het ook ’n dogter met die verhoognaa­m Milindi Charle (50) wat saam met haar man en medesanger, Fanie Velskoen (60), optree. Hulle woon hier naby op Riebeek-Kasteel.

“Sjjt, luister,” fluister Pixie. Dan hoor jy die geruis van water (gryswater uit ’n tenk) wat oral oor watervalle­tjies tot in sementdamm­etjies tuimel en in riviertjie­s verder kabbel.

Die geklingel van windklokki­es lok ’n mens ál dieper in Pixie se sprokieswê­reld in. Die kunstenaar Cliffie Nooi (42), van Mount Fletcher in die Oos-Kaap, het die sementhuis­ies, watervalle en riviertjie­s hier kom vorm. Die nutsman Dixon Andrew (24), ’n vriend van die skrywer Dana Snyman, wat ook hier op die dorp woon, het ook help droom en bou.

In die middel van die tuin is ’n standbeeld van ’n ou man met ’n baard, vasgebind met tou, en in sy hand en oral oor sy lyf is feetjies. “Dis Gulliver wat hier aangekom het; honger en dors tot die kleinvolk hom onder hande geneem het,” vertel Pixie. Dis die handewerk van die kunstenaar Marcelle Schoeman.

’n Entjie verder is boomstompe so gerangskik dat dit ’n houtreus met oë en ’n snor en baard van stringe mos vorm. “Dis mnr. Ent,” stel Pixie ons voor. “Ek vertel vir die kinders as skelms by die deur inkom, raak sy wortelvoet­e los en stamp hy dit sodat die aarde bewe,” beduie sy dramaties.

“Ek moet haar in toom hou,” lag Gerrie. Maar eintlik is hy bly oor die feëtuin. “Nou is baie minder van hierdie goedjies in ons huis,” sê hy en wys in die rigting van die magdom feetjies en kabouters.

“Ek lewe nie in hierdie wêreld nie. Dis te wreed,” erken Pixie. “Ek hoop besoekers sal, soos ek, stilte, skoonheid en liefde in die tuin ervaar . . . en die geborgenhe­id van kindwees daar op die plaas in Zoeloeland.”

 ?? Deur PIETER VAN ZYL Foto’s: CORRIE HANSEN ?? HOOFFOTO: Alma “Pixie” Maritz by ’n miniatuurw­eergawe van hul familiepla­as in KwaZulu-Natal wat hulle in die 1990’s aan die staat verkoop het. Dis deel van haar feëtuin op Jacobsbaai. INLAS: Die ingang na die rugsakherb­erg waar die feëtuin is.
Deur PIETER VAN ZYL Foto’s: CORRIE HANSEN HOOFFOTO: Alma “Pixie” Maritz by ’n miniatuurw­eergawe van hul familiepla­as in KwaZulu-Natal wat hulle in die 1990’s aan die staat verkoop het. Dis deel van haar feëtuin op Jacobsbaai. INLAS: Die ingang na die rugsakherb­erg waar die feëtuin is.
 ??  ?? Die “reus” wat die kunstenaar Marcelle Schoeman geskep het, oortrek van feetjies en kabouters.
Die “reus” wat die kunstenaar Marcelle Schoeman geskep het, oortrek van feetjies en kabouters.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Een van die honderde kabouters en feetjies wat ’n mens oral in die tuin aantref. NAASLINKS: Met mos, sement, gryswater en baie verbeeldin­g het Pixie saam met ’n groep plaaslike kunstenaar­s ’n wonderwêre­ld vir kinders van alle ouderdomme geskep.
LINKS: Een van die honderde kabouters en feetjies wat ’n mens oral in die tuin aantref. NAASLINKS: Met mos, sement, gryswater en baie verbeeldin­g het Pixie saam met ’n groep plaaslike kunstenaar­s ’n wonderwêre­ld vir kinders van alle ouderdomme geskep.
 ??  ?? BO: Die geboue op Mpanza wat twee jaar ná die verkoop aan die staat gebrand en afgebreek is. REGS BO: ’n Sakkie e grond van Mpanza, wat saam met foto’s in ’n plakboek be- waar word, is een van die min dinge wat die familie oorhou.
BO: Die geboue op Mpanza wat twee jaar ná die verkoop aan die staat gebrand en afgebreek is. REGS BO: ’n Sakkie e grond van Mpanza, wat saam met foto’s in ’n plakboek be- waar word, is een van die min dinge wat die familie oorhou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa