Huisgenoot

Anton Goosen se album Padkos is hier

Dié liedjieboe­r se nuwe album is waarlik padkos vir die siel

-

‘OM SAAM MET IEMAND TE WEES BRING VERVULLING’ – ANTON GOOSEN

Deur JACO HOUGH- COETZEE Vertel meer oor jou nuwe album, Padkos.

Dit is musikale padkos bestaande uit organiese musiek vir die langpad. Ek het ses jaar lank aan dié een gewerk en dit is meer akoesties as my ander onlangse albums. Dit het geen tromstel of elektriese kitaar nie, maar ’n mens hoor ’n mondfluitj­ie, banjo, saksofoon, ’n trompie en viool, om net ’n paar te noem. Hiermee gaan ek terug na my wortels, met die klank van die eerste albums.

Was die liedjieskr­ywery persoonlik?

Ja, die liedjies gaan oor my belewenis van hoe ek situasies rondom my waarneem. Soos die eerste snit (Diep Blou See). Dit verduideli­k dat ek in ’n simboliese boomhuis woon waaruit ek die omgewing rondom my dophou. Ná die gewapende wapende aanval in Gauteng (in 2007), toe ek Kaap toe trek, was dit vir my belangrik om die negatiewe ewe in ’n positiewe te verander. Dis ’n happy album. um.

Vertel van die lied Ou Blou Geroeste Kruiwa.

Dit was nege jaar gelede en ek en Estie (Geldenhuys) het net begin uitgaan. Ek was besig met ’n Gautengse toer, maar het haar so o gemis dat ek gesê het sy moet opvlieg. Ek k het haar op die lughawe gaan haal met my ou Corsa-bakkie wat al deurgeroes was. Toe e ek verskoning vra vir die gehalte van die e bakkie, antwoord sy ek kon haar maar r met ’n ou geroeste kruiwa ook kom haal al het. Op ons troudag in Junie 2017 op p Stanford in die Overberg het ek haar op p ’n nuwe blou kruiwa by die onthaal inn gestoot.

Hoe het julle mekaar ontmoet?

Sy het 10 jaar gelede twee brugjare geneem en in Londen gewerk toe ons s mekaar ná een van my vertonings in n Aardvark, ’n Suid-Afrikaanse kuierplek, , ontmoet. Ons het uitgevind ons albei kom m van Gansbaai. ’n Maand of wat later het t ons mekaar weer op Facebook raakgeloop. p. Daarna het ons begin skryf, en met haar r terugkeer het ons gekuier. Sedertdien is s ons aanmekaarg­eplak. Sy is ’n gekwali- fiseerde gr. R-onderwyser­es en doen tans s haar B. Ed.-graad. Sy het ook die omslaggfot­o van Padkos geneem.

Hoe beskou jy verhouding­s?

Voor ek en Estie mekaar ontmoet het, was ek 20 jaar single. Maar die isolasie van alleenwees is nie gesond nie. Om saam met iemand te wees bring vervulling. Die jin en jang. Dis ook ’n Bybelse begrip. En baie normaal.

Hoe gaan ditmet dit met die gesondheid? ge

Ek het langer as drie jaar gelede ophou rook. Dan kan ’n mens se gewig ’n probleem raak, want as jy ophou rook, sit jy gewig aan. Sedertdien kyk ek na wat ek eet en volg Tim Noakes se bantingdie­et. Ek het nog nooit so goed gevoel nie.

 ??  ??
 ??  ?? BO: Anton Goosen se nuwe album is hier. LINKS: Hy en sy vrou, Estie, op hul troue in die Overberg verlede jaar.
BO: Anton Goosen se nuwe album is hier. LINKS: Hy en sy vrou, Estie, op hul troue in die Overberg verlede jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa