Ysskaatsskandaal word trefferfliek
’n Kwarteeu nadat Tonya Harding na bewering ’n wrede aanval op haar teenstander laat uitvoer het, word dié sportdrama as ’n fliek uitgebeeld Saamgestel deur NICI DE WET
DIT was een van di e grootste skandale in die sport - geskiedenis; ’ n verhaal van geweld en professionele jaloesie in die mededingende wêreld van beroepsierskaats.
In die middel daarvan was Tonya Harding, die eerste Amerikaanse vroueatleet wat die uitdagende driedubbele draaisprong op die skaatsbaan in ’n internasionale kompetisie kon uitvoer.
Maar dis nie waarvoor sy onthou sal word nie.
Haar nalatenskap is eerder as die skaatser wat na bewering die wrede aanval op haar spanmaat en teenstander Nancy Kerrigan georkestreer het.
Nou, 25 jaar later, word die dramatiese gebeure van dié opspraakwekkende sportmisdaad op die silwerdoek uitgebeeld in die fliek I, Tonya.
En volgens resensente is die fliek net so skokkend en boeiend soos die ware lewensdrama wat sportliefhebbers destyds na die asem laat snak het. Tonya en Nancy het in 1992 tydens die Olimpiese Winterspele in Albertville, Frankryk, teen mekaar meegeding. Nancy het brons gewen en Tonya het in die vierde plek geëindig.
Die twee het albei in wêreldsierskaats naam gemaak. Tonya het ’n effense mededingende voordeel gehad, maar Nancy was die liefling van die reklamewêreld en het groot borgskappe van Seiko, Revlon en Reebok gekry. Die publiek het ook meer van haar gehou. Sy was die tipiese Amerikaanse “meisie langsaan”.
In Januarie 1994 sou Nancy en Tonya in Detroit op die Amerikaanse Vrouekampioenskapsbyeenkoms teen mekaar meeding. Dié kompetisie sou bepaal wie in 1994 aan die Olimpiese Winterspele in Noorweë sou deelneem.
Die aand voor die kompetisie het Nancy ná ’n oefensessie van die ys afgestap toe sy voorgelê en wreedaardig met ’n knuppel teen die regterknie geslaan word. Die aanvaller is deur Tonya se eksman, Jeff Gillooly, gehuur om haar been te breek en haar uit die kompetisie te skakel. Haar been is nie gebreek nie, maar sy was so erg beseer dat sy moes onttrek.
Jeff en die aanvaller het albei tronkstraf gekry, maar Tonya het deurgaans ontken sy was by die beplanning van die aanval betrokke. Die wêreldmedia het maande lank oor die dramatiese gebeure gegons.
Die Amerikaanse Olimpiese komitee het Tonya van deelname aan die Winterspele in 1994 probeer diskwalifiseer, maar hul poging laat vaar toe sy hulle vir sowat $25 miljoen (toe R89 miljoen) probeer dagvaar.
Maar Tonya se loopbaan was so te sê verby. Nancy het teruggekeer, ’n groter liefling onder die publiek as ooit, en silwer op die Olimpiese Spele gewen. Tonya, verneder en verwens, moes met die agtste plek op die Spele tevrede wees.
Nancy het onlangs erken sy het voor die aanval vermoed “iets is aan die broei”.
Sy beweer sy het Tonya se vertroue-
linge hoor sê: “Wel, dalk moet ons iem iemand uithaal om te sorg sy haal die sp span,” maar hou vol sy het nie geweet wa waaroor hulle praat nie.
DIE RO ROLPRENT
In die fliek oor die dramatiese gebeure vertol vertolk Margot Robbie die rol van Tonya. Alliso Allison Janney speel haar baasspelerige ma, LaVona L Fay Golden, en Sebastian Stan i is as haar gewelddadige eks, Jeff Gillooly, te sien.
Die regisseur, Craig Gillespie, sê hy het die rolprent aangepak om mense se opvattings uit te daag.
“Ek het gedink dis ’n geleentheid om die mens in ons samelewing te neem wat 25 jaar lank die plakkaatmeisie van skurke was en dit te herondersoek,” verduidelik hy. “Ek wou na haar kyk as ’n mens en nie as ’n poniekoerantopskrif nie.”
Die rolprent bekyk haar arm kinderjare by haar enkelma, wat haar liggaamlik en emosioneel mishandel het, en haar gedoemde huwelik met Jeff, met wie sy op 19 getrou het.
Die twee was nog by mekaar betrokke toe Nancy aangeval word, al is hulle ’n paar jaar tevore geskei.
Dit word in ’n dokumentêre styl aangebied en die draaiboek is op werklike onderhoude met Tonya en Jeff geskoei.
Volgens die draaiboekskrywer, Steven Rogers, het hulle “sterk teenstrydige” weergawes van dieselfde gebeure gegee, en hy het gekies om dit in die draaiboek te los. “Ek wou almal se oogpunt wys en die gehoor self laat besluit.”
Die fliek is binne 31 dae geskiet en het net $11 miljoen (sowat R128 miljoen) gekos om te maak. Dit is min gemeet aan Hollywoodstandaarde. Dit het tot dusver reeds $28 miljoen (R325 miljoen) by die loket t laat inrol. Margot is vir ’n Os- car, Golden Globe en Bafta a benoem. Margot het haar Hollywood-deurbraak gemaak in die 2013-fliek The Wolf of Wall Street. Sy het die vrou van Leonardo DiCaprio se karakter, die berugte aandelemakelaar Jordan Belfort, gespeel. Haar rol in I, Tonya is haar eerste hoofrol in ’n groot rolprent.
Die 27-jarige aktrise erken toe sy die draaiboek die eerste keer lees, het sy gedink dis fiksie. “Ek het gedink die skrywer is getik om met al dié goed vorendag te kom. Toe ek besef dis ’n ware storie, was ek verstom.”
Margot was so opgewonde oor die fliek, sy het besluit om dit self te vervaardig – dit het dit vir haar moontlik gemaak om die karakter te speel. “Ek dink beslis nie iemand sou my die rol gegee het as ek dit nie nagestreef het nie. En ek was net nie bereid om nog 10 jaar te wag dat iemand vir my so ’n rol aanbied nie.” vo voor die kameras gedoen. “Al die sk skaats, dans, skoppe, draaie – dis ek,” sê sy. Die enigste toertjies wat sy nie sel self gedoen het nie, was die groot sp spronge. “Eerstens sou die versekerin ring my dit nooit laat doen nie. En tw tweedens, al het ek 10 jaar gehad om te o oefen, sou ek daardie spronge nie kon uitvoer nie. Niemand kon die driedub dubbele draaisprong doen nie en ons mo moes dit met rekenaareffekte skep. Net ses vroue kon dit al regkry sedert Ton Tonya dit 25 jaar gelede gedoen het.” Dit was ook ’n uitdaging om die ys eers in haar 20’s aan te durf. “Wanneer jy ’n kind is, is jy vreesloos. Jy dink nie aan seerkry nie, maar as ’n volwassene is dit baie moeilik. As jy dit nie kleintyd gedoen het nie, is dit erg. Ek het so baie respek daarvoor. Dis ’n taai sport en hulle laat dit so grasieus en maklik lyk.”
Margot se gedaantewisseling het gekartelde pruike, helder grimering en gesigprosteses ingesluit.
Sy erken sy het dit lank vermy om Tonya te ontmoet terwyl sy vir die rol voorberei het en het verkies om eerder argiefbeeldmateriaal te kyk.
Maar ’n week voor hulle aan die fliek sou begin skiet, het sy na Portland, Oregon, gevlieg om haar te ontmoet. “Sy het baie begrip getoon, meer as wat ek my sou kon voorstel as iemand ’n fliek oor die traumatiesste en triomfantelikste oomblikke van my lewe maak.”