Huisgenoot

Imran Khan se derde vrou net ’n pion?

Die oudkrieket­held Imran Khan se transforma­sie word deur sy bruide weerspieël. Vanwaar die konserwati­ewe derde vrou?

- Saamgestel deur SANDY COOK

OP SY dag was hy die liefling van die sportwêrel­d; so aantreklik soos ’n filmster en ’n talentvoll­e krieketkap­tein wat sy span tot sukses gelei het. Maar Imran Khan is lankal klaar met sy lewe as rondritser­sportster, want sy droom is om eendag Pakistan se eerste minister te word. En nêrens is sy transforma­sie duideliker te sien as in die drie bruide wat hy deur die jare gekies het nie.

Die gewese Pakistanse krieketkap­tein het pas die derde keer afgehaak en die formele trouportre­t wat die bruidspaar uitgereik het, is ligjare verwyder van die paparazzif­oto’s toe hy in 1995 met die skatryk Britse erfgenaam Jemima Goldsmith trou.

Dis ook anders as die byna koninklik elegante foto’s 20 jaar later toe hy met mev. Khan die tweede, Reham, trou.

Op haar troudag was die beeldskone Jemima met haar lang, los hare, skamerige glimlaggie, sexy wit rok en ’n gesofistik­eerde wit baadjie die toonbeeld van iemand wat gewoond is aan die beste en niks hoef te bewys nie.

Toe Imran met Reham trou, was dit meer besadig. Die bruid het ’n kopserp gedra en haar gesig was stralend; die twee het ’n glansryke prentjie geskep.

Maar toe die voormalige sportheld on- langs die derde keer trou, was dit ’n heel ander saak. Bushra, sy derde bruid, was van kop tot tone in ’n grys kleed bedek en haar gesig was agter ’n rooi sluier versteek. Aan haar sy was haar bruidegom geklee in ’n donker baadjie oor ’n wit

shalwar kameez, ’n tipiese Pakistanse uitrusting wat vir ’n staatsman geskik is.

Dit het gelyk asof die sportheld van destyds hom nou formeler gedra.

Maar hoe Imran hom ook al draai, daar is altyd ’n stertjie aan die storie. Dus het selfs die stemmige troufoto ’n stortvloed skinder veroorsaak.

Die vorige mev. Khan het mond uitgespoel oor haar eks se derde troue. Hy is uit voeling met die moderne Pakistan as hy gedink het so ’n foto sou stemme wen, het Reham laat hoor. “Om ’n vrou van kop tot tone te versluier het ’n klomp mense vervreem,” het sy aan die Britse koerant Daily Mail gesê. “Dis nie goed ontvang nie. Vier maande voor die Pakistanse verkiesing is dit politieke selfmoord.”

Reham het haar 65-jarige eks ook daarvan beskuldig dat hy haar verkul het en veroorsaak het dat Bushra se eerste huwelik misluk het.

Imran het onmiddelli­k die publiek gevra om sy nuwe vrou se “baie konserwati­ewe” familie te respekteer. “Al wat ek van my ondersteun­ers vra, is dat hulle bid dat ek die persoonlik­e geluk vind wat my, behalwe ’n paar jaar, nog altyd ontduik het,” het hy getwiet.

IMRAN word as een van die wêreld se beste veelsydige spelers ooit beskou en as die beste krieketspe­ler wat Pakistan al opgelewer het. Die formidabel­e bouler en briljante kolwer het in 1992 ’n kultusfigu­ur in sy land geword toe hy ’n onervare span tot ’n oorwinning in die Wêreldbeke­r-eindstryd lei. Wat die oorwinning nog ongeloofli­ker gemaak het, was dat Imran op 39 toe al lank in die tand begin raak het vir ’n sportman wat op daardie vlak deelneem.

Imran, wat uit ’n welgesteld­e familie van die Pakistanse stad Lahore kom, was op kosskool in Londen en het daarna aan die Oxford-universite­it studeer. Sy sporttalen­t het hom toegang tot die binnekamer­s van die Britse rykes gegee. Drie jaar ná sy Wêreldbeke­r-oorwinning is hy met Jemima, die pragtige dogter van die Britse geldmagnaa­t James Goldsmith, getroud. Sy was net 21 jaar oud.

Jemima, destyds ’n vriendin van prinses Diana, het die Islam-geloof aanvaar en die pasgetroud­es het na Pakistan verhuis. Hier het sy die amptelike taal, Oerdoe, aangeleer en by kwessies betrokke geraak wat vir haar saak maak: die regte van vlugteling­e en vryheid van inligting. Sy het ook vir die Britse media geskryf en ’n modereeks begin. Sy en Imran het twee seuns, Sulaiman Isa (21) en Qasim (18).

Maar die lewe in Pakistan was nie vir Jemima maklik nie. Toe Imran as jong seun Engeland toe is, het sy ma hom ge-

waarsku: “Moenie ’n Engelse vrou huis toe bring nie. Dit sal vir haar moeilik wees om by ons godsdiens en kultuur aan te pas.” En dit was ook so.

Toe Imran ál meer by die politiek betrokke raak, het Jemima, wat van Joodse afkoms is, onder belediging­s van sy teenstande­rs en godsdiensl­eiers deurgeloop.

In 2004 het die egpaar aangekondi­g hul paaie gaan skei. Jare later het Imran toegegee Jemima was dalk destyds te jonk en onervare om die uitdagings van sy politieke loopbaan te hanteer.

Dit lyk darem of hulle op goeie voet is. Jemima (44) en Imran het vriende gebly, en toe hy met Reham trou, het sy getwiet: “Ek sal altyd lief bly vir Pakistan. Danksy my seuns en die liefde wat ek daar ervaar het, voel ek soos ’n ere-Pakistani.”

Reham (44), ’n uitsaaijoe­rnalis, is in Libië gebore en het in Engeland grootgewor­d. Sy en Imran het mekaar ont- moet toe sy in 2012 na Pakistan verhuis en daar ’n onderhoud met hom voer. Hul verhouding is tot in 2014 geheim gehou.

Net soos Jemima het Reham egter gou besef dis nie aldag maklik om met ’n nasionale held getroud te wees nie. Hul huwelik het skaars 10 maande gehou.

Agterna het sy beweer sy was die slagoffer van ’n haatveldto­g. Teenstande­rs het haar daarvan beskuldig dat sy haar man se roem gebruik het om haar eie agenda te bevorder. Sy is ook gekritisee­r omdat sy glo varkworsie­s voorgesit en kalerige klere gedra het.

Kyk ’n mens nou na Bushra se bruidsuitr­usting, is daar geen kans dat sy ooit van kalerige klere beskuldig g sal word nie.

Op die internet is net een foto waarop ’n mens haar gesig kan sien. Dis ’n do dowwerige foto van ’n pr pragtige vrou met ’n k kopserp.

Nie veel inligting is oor die derde mev. Khan beskikbaar n nie; net dat sy vyf k kinders het, in haar 40 40’s is en Imran se gee geestelike raadgewer is. Bush Bushra, ook bekend as Pinki Pir, Pir is verlede jaar van haar man geskei. Albei ontken Imran was die rede hiervoor.

Reham glo dit nie. Sy het aan die Britse koerant The Times gesê die twee het “jare lank” ’ n affair gehad en het bygevoeg Imran is nie ’n “eerlike man” nie.

Imran het dalk gehoop sy keuse van ’n bruid sal goed by sy politieke aspirasies pas omdat Bushra se konserwati­ewe agtergrond sy agenda uitstekend pas.

Maar Reham beskryf die troue as ’n publisitei­tsfoefie. “Hy wil wys hy het van Soho na Soefisme beweeg. As dit is wat hy probeer doen het, het dit nie gewerk nie. Niemand is om die bos gelei nie.”

Imran, ’n lid van die Tehreek-e-Insafparty, het in 2013 probeer eerste minister word, maar by die stembus verloor. Daarna het hy ’n beeld van godsdienst­ige toewyding gekweek; hy dra gebedekral­e en haal uit die skrif aan.

Nadat Nawaz Sharif verlede jaar deur die Pakistanse hooggeregs­hof as eerste minister uitgeskop is omdat hy geldelike bates verdoesel het, lyk dit of Imran opnuut van daardie topposisie droom.

En dié keer kan die derde mev. Khan hom tydens sy veldtog bystaan en geestelike leiding gee. BRONNE: SKY NEWS, DAILYMAIL.COM, INDIANEXPR­ESS.COM, THESUN.CO.UK, HELLOMAGAZ­INE.COM, GEOTV.COM, TELEGRAPH.C

 ??  ?? LINKS: Imran Khan en sy eerste vrou, die Britse aristokraa­t Jemima, ’n aktivis en modeontwer­per. REGS: By sy tweede vrou, die uitsaaijoe­rnalis Reham.
LINKS: Imran Khan en sy eerste vrou, die Britse aristokraa­t Jemima, ’n aktivis en modeontwer­per. REGS: By sy tweede vrou, die uitsaaijoe­rnalis Reham.
 ??  ??
 ??  ?? Die gewese sportheld by sy derde vrou, Bushra, en lede van haar familie, wie se konserwati­ewe wortels moontlik vir sy politieke aspirasies van waarde kan wees.
Die gewese sportheld by sy derde vrou, Bushra, en lede van haar familie, wie se konserwati­ewe wortels moontlik vir sy politieke aspirasies van waarde kan wees.
 ??  ?? BO: Die sportman wat sy span in 1992 tot Wêreldbeke­r-glorie gelei het. REGS: Die politikus aan die woord.
BO: Die sportman wat sy span in 1992 tot Wêreldbeke­r-glorie gelei het. REGS: Die politikus aan die woord.
 ??  ?? Imran (middel) saam met sy twee e seuns, Qasim (links) en Sulaiman n Isa, wat uit sy eerste huwelik met t Jemima gebore is.
Imran (middel) saam met sy twee e seuns, Qasim (links) en Sulaiman n Isa, wat uit sy eerste huwelik met t Jemima gebore is.
 ??  ??
 ??  ?? VROU NO. 3
VROU NO. 3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa