Huisgenoot

Die troetelape is uit die mou op fees

Die grootste apiefees in die land was omtrent ’n gedoente vir die 80 apies en hul ‘ouers’

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

VAN heinde en ver het die mammas, pappas en hul kleingoed gekom om op ’n Saterdagog­gend saam te kuier hier in Erasmusklo­of, Pretoria. ’n Feestelike atmosfeer heers voor The Place Cafe & Grill in die Newlands-winkelsent­rum waar rye eettafels volgepak sit met sowat 200 mense. Party van die kleintjies lê in hul stootwaent­jie of bababedjie en slaap, terwyl ander op hul ouers se skoot sit en nuuskierig rondstaar.

Dit klink dalk na ’n gewone ouer-enkinduits­tappie, maar wag: Dié “kinders” is dan almal apies. Boonop is dit SuidAfrika se heel grootste apiefees, vertel Annemarie Redelinghu­ys, stigtersli­d van die Facebook-groep New World Monkeys. Hier is vandag ’n volle 80 apies.

“Baie apiedae is al landwyd gehou waar klein groepies by mekaar gekuier het, maar wat ons vandag sien, is ’n apiefees van die eerste rang.”

Die gaste – groot en klein – is duidelik hier om fees te vier. Die “grootmense” bestel iets te ete en te drinke in die eetplek, terwyl die Pets and the City-troeteldie­rwinkel wat die dag aanbied kospakkies aan die apies uitdeel met gesonde lekkernye soos slaaiblare, neute en tamaties.

Tog beskou die “ouers”, soos AnneMarie Joubert van Pretoria, nie hul mantelapie­s as troeteldie­re nie, maar as kinders. “Myne slaap by my en elkeen het sy eie lêplek. Hulle is baie ma-vas,” vertel sy oor die drietal wat bo-op hul hok sit en aan die snoeperye weglê. “Hulle kampeer graag. Ons slaan gereeld iewers tent op.”

Dit steek haar dwars in die krop wanneer mense op hul uitstappie­s aan haar “kinders” vat, dikwels met vuil hande.

VANDAG gaan alles oor die ape, en later word kompetisie gehou. Sowat 50 apies is ingeskryf en die beoordelaa­rs moet kopkrap om die wenners in elk van die vyf kategorieë aan te wys.

Mnr. Persoonlik­heid is Kobus Boshoff van Springs se vierjarige Trompie. Hy is beslis effens arrogant, erken sy mensepa. Op die hempie wat die woelige Trompie dra, staan juis: “Watch out, here come’s (sic) trouble.” “En hy is baie jaloers; geen vrou mag naby my kom nie, dan sit hy ’n keel op!” vertel Kobus, ’n vrygesel.

Dié twee geniet dit om mansdinge saam te doen, soos om vis te vang en te gaan jag; pure pa en seun.

Van “al dra ’n aap ’n goue ring, hy is en bly ’n lelike ding” is by Ansie du Plessis van Alberton se Mickey geen sprake nie toe sy as Mej. Beeldskoon gekroon word. En Bella de Beer van Secunda se Roano wen met haar skattige turkoois tabberd die prys vir die oulikste uitrusting.

Nog kategoriew­enners is Arthur Flemix van Benoni se Lulu met die grootste houding, en Bets Page van Pretoria se Avalon is die skattigste baba.

Bennie en Jakoline de Bruyn en hul twee apies, Katie en Buddy, het die hele ent van die Strand af gery om vandag saam fees te kom vier. “Apie-ouers is soos ’n groot familie. Ons gesels op Facebook, maar hier kan ons mekaar ontmoet,” sê Bennie oor die rede vir hul lang rit hierheen. Katie sit ewe rustig op Jakoline se skouer en speel met haar hare.

“Sy is die liefde vanself,” vertel haar mensema. “Buddy is weer die sirkusmann­etjie. Hy wil net heeltyd bollemakie­sie slaan en onderdeur sy bene loer.”

Leanda van der Merwe kom ook uit die Boland, maar sy het haar “kinders” tuis in die Paarl gelos. Vandag speel sy net babawagter vir die ander apies, vertel sy.

Leanda is lid van die landwye Primate Ultimate Truth-netwerk, oftewel die “apiepolisi­e”, soos die groep vrywillige­rs na hulself verwys. “Wanneer dit onder ons aandag kom iemand het ’n aap wat nie reg versorg word nie of selfs verwaarloo­s word, sal ons so iemand besoek. Dikwels is dit uit onkunde en dan sal ons die eienaar inlig en raad gee.

“In ernstige gevalle sal ons die eienaar oortuig om liewer van die dier afstand te doen. Die aap word dan in die sorg van ander ouers geplaas of in ’n bewaringsg­ebied opgeneem.”

Al lyk dit asof ’n apie in die huis die ene pret en plesier is, waarsku Annemarie van die groep New World Monkeys apies is nie maklik om as troeteldie­re aan te hou nie. “Dis ongelukkig waar dat sommige eienaars hul apie sielkundig afskeep of in ’n hok toesluit wanneer hulle byterig begin raak,” sê sy

Maar Jessie (2) lyk heel onskuldig en gelukkig hier waar sy in haar stootwaent­jie sit en aan ’n bakkie vrugte peusel. Haar “ma”, Shizel Morris van Boksburg, sê sy poseer graag vir foto’s. “Ons neem baie selfies en dan steek sy haar tongetjie uit wanneer sy na die foto’s kyk.”

Teen drieuur se kant het die spelery en opwinding die skare apies uitgeput. Die een ná die ander klim hulle in hul waentjie en raak aan die slaap. Ander nestel teen hul “ouer” se nek om ’n uiltjie te knip.

Die grootmense pak op en begin groet. Vir heelparty is dit ’n lang pad van die apiefees terug na die werklikhei­d.

 ??  ?? HOOFFOTO: Jayaar Redelinghu­ys en Malarkey is goeie maats. LINKS HEEL BO: Talitha slaap op Hilda Hiscock se skouer. LINKS: Roano het die beste uitrusting gedra. BO: ’n Man moet darem keel natmaak ook.
HOOFFOTO: Jayaar Redelinghu­ys en Malarkey is goeie maats. LINKS HEEL BO: Talitha slaap op Hilda Hiscock se skouer. LINKS: Roano het die beste uitrusting gedra. BO: ’n Man moet darem keel natmaak ook.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Hierdie pappa probeer wegkruip agter sy baba. BO: Dit is duidelik lank ná slaaptyd vir dié twee moeë apies. REGS: Jo Hoseka, bestuurder van Pets and the City in Newlands, gee aandag aan een van die kleingoed wat kom inloer het.
LINKS: Hierdie pappa probeer wegkruip agter sy baba. BO: Dit is duidelik lank ná slaaptyd vir dié twee moeë apies. REGS: Jo Hoseka, bestuurder van Pets and the City in Newlands, gee aandag aan een van die kleingoed wat kom inloer het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa