Huisgenoot

GEBAKTE PAMPOEN MET QUINOAVULS­EL

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 10 min. Bak: ongeveer 1 uur 1 pampoen, in 4 stukke

gesny sout en peper na smaak kaneel na smaak ’n bietjie olyfolie VULSEL 1 ui, gekap 3 soetrissie­s, ontpit

en gekap ’n bietjie olyfolie 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk ’n groot hand vol gekapte pietersiel­ie en koljanderb­lare ’n hand vol geroosterd­e sonneblom- en pampoenpit­te ’n hand vol sultanas ’n knippie komyn 1 suurlemoen se

fyngeraspe­rde skil 750 ml (3 k) gaar

quinoa of sorghum BOLAAG 250 ml (1 k) natuurlike

jogurt 5 ml (1 t) fyngedrukt­e

knoffel 5 ml (1 t) mosterd

poeier 250 ml (1 k) cheddar,

fyngeraspe­r 1 eier AFRONDING

mikrokruie Voorverhit die oond tot 220 °C.

1 Verwyder die pampoenpit­te en plaas die stukke pampoen op die bakplaat. Pak die pitte langsaan. Geur met die sout, peper en kaneel en sprinkel die olyfolie oor. Bak tot die pampoen net sag en gaar is en die pitte uitge- pof, sowat 30 min.

2 Vulsel Braai die ui en soetrissie­s in die olyfolie tot sag; roer die kruie, pitte, sultanas, komyn en suurlemoen­skil by.

3 Voeg die soetrissie­mengsel by die gaar quinoa of sorghum.

4 Skep in elk van die gebakte pampoensky­we. 5 Bolaag Meng al die bolaagbest­anddele goed; skep versigtig in oor die vulsel. Bak sowat 20-30 min. of tot die bolaag gestol het en gaar is.

6 Afronding Garneer met mikrokruie en die verwyderde pampoenpit­te.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa