Huisgenoot

HOENDERMAG­IEBREDIE MET STYWE PAP

- 7 Vir voorsit Sit die hoendermag­iebredie voor op die stywe pap.

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 1 uur 600-800 g hoender

magies sout en peper 30 ml (2 e) olie 2 uie, in ringe gesny 4 knoffelhui­sies,

fyngedruk 1 brandrissi­e, gekap 5 ml (1 t) komynsaadj­ies 2,5 ml (½ t) elk fyn

koljander en komyn 30 ml (2 e) geroosterd­e

masala 30 ml (2 e) tamatie

pasta 500 ml (2 k) hoender

aftreksel 4 wortels, gerasper 1 x 410 g-blik pitmielies,

gedreineer VIR VOORSIT klaargemaa­kte stywe pap ekstra koljanderb­lare 1 Maak die magies skoon en spoel baie goed af. Klad droog en geur met die sout en peper.

2 Verhit die olie in ’n drukkoker en braai die magies in sarsies tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.

3 Braai die uie in dieselfde pot tot goudbruin en voeg die knoffel en brandrissi­e by. Roerbraai nog 1 min.

4 Voeg die speserye by en roerbraai tot geurig. Roer die tamatiepas­ta by en giet die hoenderaft­reksel by. Verhit tot die bredie begin prut.

5 Skep die hoendermag­ies terug in die pot, seël die deksel goed en kook 40 min. onder druk of tot die vleis sag is.

6 Haal die deksel af en voeg die wortels en mielies by. Voeg nog ’n bietjie water by as die bredie begin droogkook. Laat nog 10 min. prut. Geur na smaak met die sout en vars gemaalde peper.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa